You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.
Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.
Wat bedoel die Bybel wanneer dit na die ‘Seun van God’ en ‘seuns van God’, verwys? Hierdie boek verduidelik ‘seunskap’ en die doel en omvang daarvan. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Pocket-Sized Book
Die feesdae van Israel is dae waarop historiese gebeure gedurende Israel se reis, van Egipte na die Beloofde Land via die berg Sinaï (Horeb), herdenk word. Hierdie dae dui ook vir ons as individue die pad aan in ons geestelike groei vanaf regverdiging, deur reiniging na die eindbestemming, naamlik ‘n verheerlikte liggaam.
Hierdie feesdae het ook profeteer van gebeure in die toekoms. Paasfees het profeteer van Jesus se kruisiging, wat plaasgevind het toe almal hulle lammers moes slag ter voorbereiding van die fees. Ongeveer sewe weke later het die gebeure van Handelinge 2 die Pinksterfees vervul en nou wag ons op die vervulling van die Loofhuttefees.
Die Jode fokus op die herdenking van Israel se reis baie lank terug. Baie fokus vandag in kerke op die persoonlike toepassing daarvan. Bitter min verstaan die historiese vervulling van die Loofhuttefees wat nog voorlê. Party ontken heeltemal dat daar ‘n historiese vervulling van hierdie fees sal plaasvind – dat dit slegs persoonlik en innerlik sal wees. As die eerste twee feeste egter histories plaasgevind het, is daar geen rede waarom die derde nie ook sal plaasvind nie.
Die Tabernakelfees (Loofhuttefees) word voorafgegaan deur die dag van Tompette of die dag van Versoening (Jubileum). Die dag van Tompette vind twee weke voor die begin van die Loofhuttefees plaas. In Joodse kringe staan dit bekend as ‘The day of the Awakening Blast’ en word lank reeds beskou as profesie van die opstanding. Gevolglik vertel Paulus ons in 1 Tessalonisense 4:16, ‘... die wat in Chirstus gesterf het, sal eerste opstaan.’ Hy sê ook in 1 Korintiërs 15:52 ‘... want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word...’.
Paulus sê dat die harpazo ‘wegraping’ eers ná hierdie opstanding sal plaasvind. Terwyl baie Christene aan die harpazo dink in terme van ‘n wegraping, verwys dit in werklikheid na die vervulling van die Loofhuttefees. Die term word heeltemal misverstaan, omdat profesieleraars dit selde definieer in terme van hierdie profetiese fees. Die wegrapingsleerstelling is gedurende die 19 eeu ontwikkel deur mense wat min of niks van die Loofhuttefees geweet het nie. Daarom het hulle al die gebeure rondom Jesus se tweede koms in ‘n enkele oomblik in tyd saamgevat.
Wanneer ons die feesdae bestudeer en verstaan dat Paulus dit beslis ook bestudeer het, sien ons dat sy opmerking in 1 Tessalonisense 4:14-17, bedoel was om aan ons die VOLGORDE van gebeure bekend te maak, nie dat alles op dieselfde tydstip of dag sou plaasvind nie. EERS sal die opstanding plaasvind op die dag van Trompette en twee weke later sal die oorwinnaars van sterflik na onsterflik verander word op die eerste dag van die Loofhuttefees.
Die Loofhuttefees duur sewe dae (Levitikus 23:34), en word afgesluit met ‘n agtste-dag seremonie (Levitikus 23:36). Volgens wet word vereis dat ‘n mens wat aan ‘n dooie liggaam geraak het, ‘n sewe-dae ritueel onderneem voor hy weer rein sal wees (Numeri 19:11) Daarna mag hy eers weer in die tempel gaan op die agste dag. As sterflike mense is ons aanhoudend in aanraking met ‘n dooie liggaam en wanneer ons onsterflikheid ontvang op die eerste dag van die Loofhuttefees, sal dit eers sewe dae neem om rein te word voor ons wettig aan God voorgestel kan word op die agtste dag van die Loofhuttefees.
Die oorwinnaars wat vir die eerste opstanding kwalifiseer, word boonop ‘priesters van God en van Christus’ genoem (Openbaring 20:6). In die wette aangaande priesters let ons daarop dat hulle ‘wyding’ vir sewe dae geduur het (Levitikus 8:33), waarna hulle geskik was om op die agtste dag voor God te bedien (Levitikus 9:1). Dus dien die Loofhuttefees ook as ‘n tydperk van toewyding vir die oorwinnaars om wettig priesters te word.
Laaste, maar nie die minste, met betrekking tot besnydenis van die hart, volg dit ook die wet in Eksodus 22:29-31,
29 ... The first-born of your sons you shall give to Me. 30 You shall do the same with your oxen and with your sheep. It shall be with its mother seven days; on the eighth day you shall give it to me. 31 And you shall be holy men to Me.
29 ... die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee. 30 Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet dit by sy moeder wees; op die agste dag moet jy dit aan my gee. 31 En julle moet vir My heilige mense wees.
Die seuns van God word ‘gebore’ of openbaar op die eerste dag van die Loofhuttefees en word dan in die hart besny op die agtste dag daarvan. Dit is ‘n Goddelike vereiste voordat die seuns van God aan Hom voorgestel kan word op die agtste dag.
Dit is ‘n jammerte dat die Goddelike wette vir so lank afgeskeep en vergeet is. Dit is ‘n skatkis van openbaring en profesie. Die wet is nie alleen ‘n stel morele etikette nie – dit is profeties, nie net van die kruisiging van Christus nie, maar ook van Sy tweede koms.
Dus gee dit aan ons die basiese wette van seunskap, asook hoe en waarom die seuns van God op die aarde openbaar sal word.