You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.

Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.

Quantity:

Total:

Die Seuns van God

Wat bedoel die Bybel wanneer dit na die ‘Seun van God’ en ‘seuns van God’, verwys? Hierdie boek verduidelik ‘seunskap’ en die doel en omvang daarvan. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.

Category - Pocket-Sized Book

Hoofstuk 3

Die Doel van die Skepping

God se doel met die skepping van ‘n fisiese heelal, was om Homself te verheerlik in ‘n nuwe dimensie, Hy was nog altyd verheerlik in die ‘hemel’ of geestelike dimensie. Hy het dus besluit om ‘n gebied van fisiese materie te skape waarin en waardeur Hy verheerlik kon word.

Die mens, as hoogste vorm van lewe op aarde, is geskape om God te verheerlik, maar ook sodat God Homself in die mens kon verheerlik. Adam was dus geskape met ‘n verheerlikte liggaam – dit was ‘n liggaam van stof of materie wat die lig en glorie van God gehuisves het. Dit was ‘baie goed’, met ander woorde, perfek. Daar was volkome harmonie en kommunikasie tussen mens en God.

Toe het die mens gesondig en die glorie van God wat in hom en oor hom was, verloor. Hy is dus ‘naak’ bevind, wat beteken dat hy van God se glorie ontneem is. Volgens wet is hy gevonnis en ter dood veroordeel, hoewel hy nie onmiddelik gesterf het nie. Hy het egter sterflik geword, omdat hy die onsterflike liggaam wat sy erfdeel was, verbeur het.

Geskiedenis is die storie van die mens se herstel en sy terugkeer na daardie Goddelike erfdeel, naamlik sy onsterflike, verheerlikte liggaam. Daar is geen nodigheid om hierdie wêreld te verlaat en ‘hemel’ toe te gaan om hierdie liggaam te verkry nie. Paulus sê in 2 Korintiërs 5:1 dat hierdie nuwe liggaam (tentwoning/tabernakel) van ons vir ons in die hemel bewaar word, maar ons weet ook dat Christus dit by Hom gaan hê wanneer Hy terugkeer (Openbaring 22:12). Hy bring dit dus na ons toe, ons gaan nie daarheen (‘hemel’ toe) om dit te ontvang nie.

Jesus het gesê ‘salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe’ (Matteus 5:5). Die aarde (stof) is ons verlore erfdeel, meer spesifiek ons verheerlikte liggaam – verheerlikte stof. Omdat Jesus ‘n hemelse Vader en aardse moeder gehad het, was dit vir Hom moontlik om BEIDE hemel en aarde te beërwe (Matteus 28:18). Hy moes deur ‘n vrou van Adamiese herkoms gebore word om outoriteit op aarde te verkry, omdat God daardie outoriteit aan Adam gegee het (Genesis 1:28). Om hierdie rede word Jesus ook ‘die seun van die mens’ (Adam) genoem. Hy moes egter ook ‘n hemelse Vader hê, om in die hemel mag te ontvang.

So is dit ook met ons: Jesus het vir ons die weg kom wys om dit wat ons deur Adam se sonde verloor het, weer te herwin (beërf). Wat meer is, nie net vir ‘n paar mense nie, maar vir die hele skepping, want die Bybel sê vyf keer dat die heerlikheid van God die aarde sal bedek soos water die see bedek – toe ek laas gekyk het, het water die see eenhonderd persent bedek.

Toe Moses die volk Israel uit Egipte gely het, oppad na die Beloofde Land, het God seker gemaak dat hulle reis ‘n geskiedkundige sinnebeeld (sinlik waarneembare aanduiding van ‘n geestelike begrip) met ander woorde ‘n simbool, sou wees. Dit was geskiedenis met profetiese betekenis. Die drie hoofgebeure gedurende daardie reis (begin, middel en einde), was profeties van ‘n groter reis deur die geskiedenis vanaf Adam tot die eindbestemming, waar die aarde weer gevul sal wees met Sy heerlikheid.

Dit is egter ook ‘n sinnebeeld vir elkeen van ons as individue. Israel se drie hooffeeste is Paasfees, Pinkster en die Loofhuttefees. Dit verteenwoordig die begin, middel en einde van ons individuele reis saam met God. Ons kyk dus eers na die betekenis van Paasfees.

PAASFEES (Pasga): Omdat die vonnis van die wet, wat oor Adam (en almal van ons) uitgespreek is, die dood of sterflikheid is, eis dit niks minder as die dood om daarvoor te vergoed nie. Nie Adam of enige ander mens kan ooit genoeg ‘goed’ doen om daardeur hul eie sterflikheid te herstel nie.

Alle gelowe voer as kern, sekere morele sisteme aan – sommiges beter as ander. Meeste godsdienste fokus in hul debatte op morele aangeleenthede. Die Bybel is egter uniek – hoewel dit ‘n morele standaard stel, erken dit ook dat ‘n mens, ongeag hoe ‘goed’ hy word of hoeveel goeie dade hy verrig, se pogings altyd onvoldoende sal wees om te vergoed vir die straf van sonde. Om hierdie rede kan geen mens se goeie dade aan hom onsterflikheid besorg nie. Geen hoeveelheid selfverbetering kan onsterflikheid vir sy steflike liggaam bewerk nie. Geen hoeveelheid gesonde kos of gunstige omstandighede kan hom help om langer te leef nie.

Daarom het God vir Moses die weg aangedui om met die oorspronklike probleem van sonde af te reken deur middel van die offer-stelsel. ‘n Onskuldige dier, soos ‘n lam, moes geoffer word om te vergoed vir iemand se sonde. Die hele offer-stelsel het hierdie baie belangrike beginsel neergelê.

Wanneer ‘n mens teen sy medemens oortree het, is vergoeding van hom vereis, sodat die verhouding tussen hom en sy medemens (slagoffer) herstel kon word. Om egter die verhouding met God te herstel vereis vergoeding vir sonde self – die dood. Dit is die rede waarom die dood van ‘n onskuldige dier soms nodig was.

Al hierdie offers vir sonde moes egter herhaal word, omdat die bloed van ‘n dier nooit werklik ons verhouding met God kan herstel nie. Tog het dit profeteer van ‘n beter ‘Lam’ in die toekoms wat wel vir die sonde van die mensdom kon vergoed. Die Lam van God word aan ons bekend gemaak in die Nuwe Testament as Jesus Christus. Johannes 1:35-36 sê:

35 Again the next day John was standing with two of his disciples, 36 and he looked upon Jesus as He walked, and said, Behold, the Lamb of God.

35 Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels; 36 en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Daar is die Lam van God.

En so, aan die einde van Jesus se bediening op aarde, het Hy homself gegee as Offerlam vir die sonde van die wêreld. Hy is gekruisig op die dag van Paasfees, op die tyd wat mense hul offers moes slag volgens die instelling wat Moses hulle geleer het. Selfs die tydsberekening van Paasfees het profeteer van die dag waarop Jesus moes sterf as Offerlam.

Die Nuwe Testament vereis slegs geloof in die feit dat Jesus vir ons gesterf het. Hoewel dit waar is dat die priesters en leiers saamgesweer het om Jesus dood te maak, is dit ook waar dat Hy geweet het dat Hy vir presies daardie doel verwek was – dit was Sy roeping. Dit was profeteer deur al die offers wat Moses ingestel het en ook die profeet Jesaja wat in Jesaja 53:3-7 gesê het:

3 He was despised and forsaken of men, a man of sorrows, and acquainted with grief; and like one from whom men hide their face, He was despised, and we did not esteem Him. 4 Surely, our griefs He Himself bore, and our sorrows He carried; yet we ourselves esteemed Him stricken, smitten of God, and afflicted. 5 But He was pierced through for our transgressions, He was crushed for our iniquities; the chastening for our well-being fell upon Him, and by His scourging we are healed. 6 All of us like sheep have gone astray. Each of us has turned to his own way; But the Lord has caused the iniquity of us to fall on Him. 7 He was oppressed and He was afflicted, yet He did not open His mouth; like a lamb that is led to slaughter, and like a sheep that is silent before its shearers, so He did not open His mouth.

3 Hy was verag en deur mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. 4 Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem, en ons smarte – dié het Hy gedra; maar ons het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. 5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat ons die vrede bring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. 7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders – ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

Ons pad na onsterflikheid en ons erfenis begin dus by Paasfees - deur Jesus aan te neem as die Lam van God, die aanvaarbare offer vir sonde. Geen ander geloofstigter het dit nog ooit gedoen of kan dit hoegenaamd doen nie. Geen mens het al sy lewe gegee sodat jy kan ‘lewe’ nie. Daar is mense wat al hul lewens gegee het, sodat ander kan leef (en dit is merkwaardig), maar geen mens kan sy lewe gee om vir ‘n ander mens onsterflikheid te verseker of sy verheerlikte liggaam, wat Adam verbeur het, terug besorg nie - dit is die verskil. Dus begin ons reis na die Beloofde Land by Paasfees – Israel was nie toegelaat om uit slawerny weg te trek voordat hulle Paasfees onderhou het nie. Dit is dieselfde met ons: Geen mens kan die slawerny van sonde en sterflikheid verlaat onafhanklik van Jesus Christus, die perfekte Offerlam van Paasfees nie.