You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.
Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.
Wat bedoel die Bybel wanneer dit na die ‘Seun van God’ en ‘seuns van God’, verwys? Hierdie boek verduidelik ‘seunskap’ en die doel en omvang daarvan. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Pocket-Sized Book
Die beginsel van seunskap word vir die eerste keer betekenisvol verduidelik in die verhaal van Ismael en Isak. Die detail van die storie verskil in Islam en die Christendom. Ek is seker dat ek vir die ander kant sou argumenteer as ek daardie kant gebore was, maar God het besluit dat ek in ‘n Christen-familie gebore moet word. My Studie van die Bybel en ‘n persoonlike verhouding met die lewende Christus het my tevrede gestel met watter weergawe van die geskiedenis korrek is.
Sonder om al die detail weer te gee, laat my toe om eenvoudig te sê dat Ismael die oudste seun van Abraham was, deur Hagar die Egiptiese slavin. Ismael is gebore toe Abraham se naam nog Abram was. Die Hebreeuse letter ‘hey’ (h) was toe nog nie by sy naam gevoeg nie. Die ‘h’ dui op die teenwoordigheid van die Heilige Gees – die Asem van God.
God het Abram se naam na Abraham verander toe hy 99 jaar oud was (Genesis 17:1-5). Ismael was op daardie stadium 13 jaar oud. Volgens Bybelse weergawe het God toe die eerste keer vir Abraham gesê dat hy daardie volgende jaar ‘n seun deur Sarah, sy vrou (‘n vry vrou - nie ‘n slavin nie), sou verwek. Dus is Isak gebore toe Abraham 100 jaar oud was. Sarah was 90 jaar oud - baie vêr verby ‘n vrou se jare om kinders in die wêreld te kan bring (Mense het wel in daardie dae ouer geword omdat hulle gesonder geleef het, maar sy was boonop onvrugbaar)
Vir 13 jaar lank het Abraham gedink dat Ismael sy regmatige erfgenaam was. Hierdie geboortereg is, soos voorheen bespreek, van Adam af oorgegee deur die geslagte. Om na die beeld van God geskape te wees is, onder andere daarby ingesluit (Genesis 1:26). Dus was die uiterste belofte van die geboortereg, die belofte van seunskap.
Hier het God Abraham skielik ingelig dat dit nie die geval was nie, hoewel Ismael beslis ‘n erflating sou ontvang. Dus was Ismael nie onterf nie. Daar is eerder aan hom ‘n alternatiewe erflating gegee – iets anders as seunskap. Hierdie erflating het met aardse dinge te doen gehad – spesifiek grondgebied. Genesis 17:20 sê:
20 And as for Ishmeal, I have heard you; behold, I will bless him, and will make him fruitful, and will multiply him exceedingly. He shall become the father of twelve princes, and I will make him a great nation.
20 Ook wat Ismael aangaan, het ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak.
In die Nuwe Testament vertel Paulus ons dat dit deel vorm van ‘n geweldige historiese sinnebeeld, ‘geskiedenis met betekenis’. Omdat Ismael gebore is uit die slavin Hagar, verteenwoordig hy ‘kinders’ (ondersteuners) van die Ou Verbond. Daar teenoor verteenwoordig Isak, gebore uit Sarah - ‘n vry vrou, ‘kinders’ (ondersteuners) van die Nuwe Verbond. Elke Verbond het ‘n ander nalatenskap of erfporsie: die een fisies of aards, die ander geestelik of hemels. In Galasiërs 4:22-26 lees ons:
22 For it is written that Abraham had two sons, one by the bondwoman and one by the freewoman. 23 But the son by the bondwoman was born according to the flesh [ie. a natural childbirth], and the son by the freewoman through the promise [it was supernatural, since Sarah was barren and 90 years old]. 24 This is allegorically speaking: for these two women are two covenants, one proceeding from Mount Sinai bearing children who are to be slaves; she is Hagar. 25 Now this Hagar is Mount Sinai in Arabia, and corresponds to the present Jerusalem, for she is in slavery with her children. 26 But the Jerusalem above is free; she is our mother ... And your bretheren, like Isaac, are children of promise.
22 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. 23 Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees [‘n natuurlike geboorte], en die ander een uit die vrye deur die belofte [‘n bonatuurlike geboorte, omdat Sarah onvrugbaar en reeds 90 jaar oud was]. 24 Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinaï afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar – dit is Hagar; 25 want Hagar staan vir die berg Sinaï in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. 26 Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.
In die boek Galasiërs, verduidelik Paulus hoe die Ou Verbond na gevangenskap en slawerny lei, terwyl die Nuwe Verbond na vryheid lei. Die Ou Verbond beloof om die mens wat gehoorsaam is te seën. Die Nuwe Verbond beloof om dié mens te seën, wat op die regverdigheid van Jesus Christus staat maak.
Laat my toe om te verduidelik. Paulus sê vir ons in Romeine 5:12 (Literal translation):
12 through one man [Adam] sin entered into the world, and death [mortality] through sin, and so death to all men, on which all sinned.
12 DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het –
In Romeine 5 verduidelik Paulus dat sonde deur Adam in die wêreld ingekom het en dat Adam se sonde aan die hele mensdom toegereken word. Met ander woorde, almal moet die boete vir Adam se sonde betaal, omdat sy sonde aan almal toegereken word. Ons wat vandag hier is, was nie teenwoordig toe Adam gesondig het nie, tog betaal ons die boete daarvoor asof ons self gesondig het.
Dus is ons almal sterflik. Hierdie ingeboude dood is ‘n siekte wat ons moreel swak maak. Daarom sê Paulus in Romeine 5:12 hierbo ‘en so [het] die dood tot alle mense deurgedring ..., omdat almal gesondig het’. Geen mens is sonder sonde nie, want almal is sterflik. Ons sondig omdat ons sterflik is. Ons word nie skielik sterflik die oomblik wanneer ons self sondig nie.
Die Ou- en Nuwe Verbonde is twee verskillende maniere om met hierdie basiese probleem van die mensdom te handel. Die Ou Verbond beloof lewe en seën aan dié mens wat gehoorsaam is. Hierdie seëninge is afhanklik van gehoorsaamheid, soos ons in Eksodus 19:5 lees: ‘As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.’
Die probleem met die Ou Verbond is dat die sterflike mens nie tot volkome gehoorsaamheid in staat is nie - die voorwaardes van die Ou Verbond, om ten volle gehoorsaam te wees, is buite die mens se bereik, hoewel sy aksies deur uiterlike wette beheer kan word. Baie is in staat tot ‘selfbeheersing’ en kan ‘n hoë vlak van ‘goedheid’ bereik. Selfs as ‘n mens perfeksie sou bereik vandag, sal dit nie sy sondes van die verlede kan omkeer of uitwis nie. Hy kan moontlik vergoeding doen aan al sy slagoffers van die verlede wat hy onwettig te ná gekom het, maar hoe kan hy aan God vergoeding doen, wat sê: ‘Want die loon van die sonde is die dood,’ (Romeine 6:23)?
Dit is die swakheid van die Ou Verbond. Dit verwag van die mens om iets te doen om sodoende ‘reg te maak’ met God. Dus is dit ‘n Verbond van ‘arbeid’ wat die mens se arbeid en selfbeheersing verg, maar dit stel nie die mens daartoe in staat om hierdie verpligtinge na te kom nie.
Dit is wat die mens in gevangenskap en slawerny vaskeer. ‘n Opregte mens bevind homself lewenslank in slawerny, desperaat om goed genoeg te wees om die beloftes van God te beërf. Dus moet hy óf God se standaarde aanpas by sy vermoëns óf tevrede wees dat sy gewete hom vir die res van sy lewe sal pla.
Die Nuwe Verbond is anders. Ons sal die verskil in hoofstuk sewe verduidelik.