You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.

Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.

Quantity:

Total:

Die Restourasie van alle Dinge

Die Bybel sê dat elke knie voor Jesus Christus sal buig en dat God alle oordeel aan Jesus toevertrou het. Hoe sal God hierdie doel bereik? Sal Hy dit doen deur te weier om die mensdom vir sonde te oordeel? Of sal Hy dit deur Sy oordele doen? Hierdie boekie toon die verskil tussen Universalisme, wat alle goddelike oordeel ontken, en Restorationism, wat leer dat die oordele van die wet regstellend en herstellend is.

Category - Short Book

Hoofstuk 6

Alles onder Sy voete

Toe God alles geskape het, het Hy met elke stadium verklaar dat dit ‘goed’ was en aan die einde, dat dit ‘baie goed’ was (Genesis 1:31). Sonde was nie ingebou in die skepping nie, maar het dit later,  binnegedring. Met verloop van tyd, het die mensdom begin dink dat die skepping en materie self boos is.

Kort voor lank, het hulle begin om teologieë te vorm rondom die misverstande, waarin goed en sleg, lig en donker, gees en liggaam, ewiglik teenoorgesteldes is. Die val van die mensdom was ‘n saak van lig wat met duisternis vermeng en goed wat met boosheid ineenvloei. Dus was die logiese doel van geskiedenis om die twee teenoorgestelde ‘koninkryke’ te skei, elk na sy eie terrein.

Die dualistiese teologie neem aan dat goed en boos ewige koninkryke is wat altyd sal saam bestaan. Daarvolgens is die doel van die geskiedenis om mense te onderskei en af te sonder na óf die hemel óf die hel, en dat alle boosheid en donkerte ewig sal voortbestaan as ‘n ‘swartkol’ op God se skepping.

Teen die vyfde eeu A.D. het die Kerk ‘n diep teug gedrink uit hierdie heidense teologie, dit amptelik begin aanneem in sy eie leerstellings en almal wat daarteen opgestaan het vervolg. Dit is een van die grootste tragedies van alle tye in die geskiedenis van die Christen denkwyse.

Volgens my beskouing, is sonde tydelik - aangesien dit ‘n begin het, het dit ook ‘n einde. Die hele idee van restourasie veronderstel dat geskiedenis die proses is waardeur God die gevolg van sonde uitwys, voordat Hy alles restoureer en onder Sy voete herstel soos aan die begin. Deur hierdie proses, baat ons meer in ons volwassenheid as wat ons aan ons naïewe begin gehad het. Ons lees in Genesis 1:26

26 Then God said, Let us make man in our own image, according to our likeness; and let them rule over the fish of the sea and over the birds of the sky and over the cattle and over all the earth, and over every creeping thing that creeps upon the earth.

26 En God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Dit is die heerskappy mandaat wat aan die mens gegee was en die beginpunt van die mens se outoriteit onder die soewereiniteit van God. Sonde het die mens volgens wet skuldig gemaak en veroorsaak dat hy ‘verkoop’ is as ‘dienskneg[te] van sonde’ (Romeine 6:17). Saam met hom is sy vrou, kinders (nageslag) en boedel (die hele aarde) verkoop.

Tegnies, is hy aan die aarde verkoop, wat hom wettig aards maak met ‘n wêreldse (dierlike - HAT) denkwyse. Daarom sê Genesis 3:17 ‘… vervloek is die aarde om jou ontwil; …’ Vers 19 sê ‘In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, …’ Volgens Goddelike Wet (Eksodus 22:1-4) moet ‘n dief ‘vir sy diefstal verkoop word.’, indien hy nie alles wat die wet eis kon terugbetaal nie. Iemand wat die dief koop, koop eintlik die dief se arbeid vir ‘n vasgestelde tyd en was dan verantwoordelik om die skuld van die dief aan sy slagoffer oor te betaal.

Die feit dat Adam tot sy dood ‘vir’ die aarde moes werk - en selfs dan sou die aarde hom opeis - dui daarop dat die aarde die wettige afkoper in die saak was. Die aarde is egter nie daartoe in staat om die afkoop-verpligting vir Adam na te kom nie, daarom is die aarde ook ‘vervloek’. Die siklus vir vloektyd is 414 jaar. Die groot vloed, in die saak van God teen Adam en die aarde, het 4 x 414 jaar later oor die aarde gekom as straf vir wanbetaling. ‘n Studie van geslagslyste in Genesis 5 toon dat die vloed 1656 jaar na Adam plaasgevind het (1656 is 4 x 414 jaar). 

Die wet openbaar ook die afkoop-beginsel (redding/verlossing), want die een wat die skuldbrief/skuldige afkoop, staan bekend as die ‘verlosser’. Jesus was die groot Verlosser, wat die sonde van Adam en die aarde afgekoop het (1 Johannes 2:2). Wat die aarde nie kon doen nie, het Jesus gedoen. Paulus brei hieroor uit in Romeine 6, as hy lesers herinner dat hulle, volgens die wet van verlossing, vrygespreek is daarvan om te sondig - omdat hulle teen ‘n prys losgekoop is.

Hulle moes van die oomblik van hul verlossing af, hul Verlosser eer en dien, eerder as om in sonde voort te gaan. Die afkoop-wet/wet van verlossing verduidelik in Levitikus 25:53, dat die vrygekoopte skuldige by die Verlosser moet wees as dienskneg - ‘Soos een wat van jaar tot jaar loonarbeider is, moet hy by Hom wees;’. Die wet van verlossing spreek nie die skuldige vry nie, dit gee aan hom ‘n nuwe verlosser (afkoper). Met ander woorde, omdat Jesus ons afgekoop het, moet ons Hom nou dien en ons het geen reg om in sonde voort te gaan, sodat genade oorloop nie. Ons is slegs vrygekoop van die voorskrifte/dwang (wette) van sonde, wat die verpersoonliking is van ons vorige afkoper/eienaar.

Terug by ons oorspronklike onderwerp: Adam is sy outoriteit oor die aarde kwyt as gevolg van sonde, wat die aarde outoriteit oor hom gegee het. Die afkoop-wet in Levitikus 25:49 maak voorsiening vir die skuldige om sy eie losprys te betaal: ‘… as hy dit kan bekostig, kan hy homself los.’ In die ware sin van die woord, is geen mens egter daartoe in staat om homself uit die slawerny van sonde vry te koop nie - dit verg ‘n onbekostigbare losprys. Vir hierdie rede het die hele mensdom ‘onder’ die wet gekom - met ander woorde onder die straf van die wet. Die wet bepaal as boete die mens se diensbaarheid/slawerny aan die aarde.

Jesus het as ons ‘naaste’ familielid gekom, met die reg om die losprys vir ons te betaal, omdat Hy uit die bloedlyn van Abraham en ook deur vlees en bloed van Adam, aan ons verwant is (Hebreërs 2:14). Die losprys was Sy lewe - Sy bloed aan die kruis - wat eerlikwaar baie meer werd is as die hele losprys wat die mensdom ooit in skuld kan aangaan. Tog was Hy gewillig om die losprys vir die mensdom en die skepping te betaal.

Na aanleiding van die afkoopwet/wet van verlossing, het die hele skepping Sy dienskneg geword, omdat Hy die losprys betaal het en daardeur die goddelike reg ontvang om die outoriteit wat Adam verbeur het, te verkry. Daarom lees ons in Hebreërs 2:7-9

7 Thou has made Him for a little while lower than the angels; Thou hast crowned Him with glory and honor, and hast appointed Him over the works of Thy hands; 8 Thou hast put all things [panta] in subjection under His feet. For in subjecting all things to him, He left nothing that is not subject to Him. But now we do not YET see all things subjected to Him. 9 But we do see Him who has been made for a little while lower than the angels, namely, Jesus, because of the suffering of death crowned with glory and honor, that by the grace of God He might taste death for everyone.

7 U het hom [Him KJV] ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom [Him KJV] gekroon en hom [Him KJV] oor die werke van u [U KJV] hande aangestel. 8 Alle dinge het U onder sy [His KJV] voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom [Him KJV] nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom [Him KJV] onderwerp is nie; 9 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.

Die eerste gedeelte is ‘n aanhaling uit Psalm 8:4-6, wat op sy beurt weer ‘n verwysing is na Adam se heerskappy mandaat oor die aarde. Die boek Hebreërs pas dit toe op Jesus en verduidelik dat die ganse skepping (alle dinge) [panta], aan Hom onderwerp is. Die ‘alle’ word verder definieër tot ons voordeel, sodat ons dit nie sal misverstaan nie: ‘Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy NIKS uitgesonder wat aan hom [Him KJV] NIE onderworpe is NIE’

Huidig sien ons NOG NIE alle dinge onderworpe aan Hom nie (vers 8). Daar is nog baie sonde en rebellie in die wêreld, hoewel dit nie beteken dat Hy hulle nog nie vrygekoop het nie. Dit beteken ook nie dat hulle verlore sal gaan nie, want dan sou dit beteken dat hulle in die eerste plek nie aan Hom onderworpe is nie. Tog is die FEIT van universele (alomvattende) versoening reeds vasgestel aan die kruishout. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor dit in die wêreld ‘publiek’ openbaar word.

Psalm 8 word weer deur Paulus aangehaal, waar hy in Efesiërs 1:21-23 die omvang van Christus se heerskappy bespreek

21 far about all rule and authority and power and dominion, and every name that is named, not only in this age, but also in the one to come. 22 And He put all things [panta] in subjection under His feet, and gave Him as Head over all things to the Church, 23 which is His body, the fulness of Him who fills all in all.

21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. 22 En Hy het alle dinge [panta] onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, 23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

(Let op dat die 1933 Afikaanse Vertaling die woord aion (age) hier as ‘wêreld’ vertaal - vers 21)

In 1 Korintiërs 15:22-28 verduidelik Paulus die begrip van die restourasie van alle dinge in besonder. Hy maak eers die stelling in vers 22

22 For as in Adam all die, so also in Christ all shall be made alive.

22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

Volgende verduidelik hy dat nie almal op dieselfde tyd ‘lewend gemaak [sal] word’ nie. Vers 23 sê ‘maar elkeen in sy eie orde:’ Ons het vroeër gesien dat die Griekse woord tagma (squadron), ‘eskadron’ beteken.

Paulus gaan voort met sy verduideliking:- dat Christus aan die einde ‘as koning [moet] heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.’ (vers 25). Om alles ‘onder Sy voete’ te sit, beteken dat alles aan Hom onderdanig sal wees, sodat alles Sy diensknegte sal wees. Laaste bring Paulus aan die lig wat die uiteinde van die saak sal wees, nadat die mensdom onderdanig aan Christus en Sy Koninkryk geword het. 1 Korintiërs 15:26,27

26 The last enemy that will be abolished is death, 27 For He has put all things in subjection under His feet.

26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.

Dit is belangrik om te verstaan dat dood die LAASTE vyand is wat vernietig sal word, nie die eerste nie. Meeste moderne eskatologie (leer van die laaste dinge) word baseer op die idee dat Christus binnekort sal terugkeer, die heiliges uit die dood opgewek sal word en die dood daardeur oorwin sal wees.

Daar is ander leerstellings wat nader aan die waarheid is, wat aanvoer dat Christus in die Millenium sal regeer tot die Groot Wit Troon Oordeel aanbreek. Op hierdie oomblik sal die dood oorwin word deur die algehele opstanding. Met ander woorde, hulle leer dat alles onder Sy voete sal wees teen die einde van die Millenium.

Die probleem is dat daar, volgens hierdie leerstelling, ‘n ‘tweede dood’ is nà die Groot Wit Troon Oordeel (Openbaring 20:14), wanneer ongelowiges in ‘n ‘poel van vuur’ gewerp word. Paulus het ongelukkig nie onderskeid getref tussen die twee tipes dood, in sy stelling dat die dood oorwin sal word nie. As ons aanneem dat dit dood oor die algemeen is, dan moet dit na die tweede dood verwys - nie die eerste dood, wat sterflikheid is nie.

Al hoe die saak verduidelik kan word, is as ons die die oorwinning oor die dood koppel daaraan dat ‘alle dinge onder Sy voete’ gestel sal word, volgens vers 1 Korintiërs 15:27,28

27 For He has put all things in subjection under His feet. But when He says, ‘All things are put in subjection,’ it is evident that He [God the Father] is excepted who put all things in subjection to Him. 28 And when all things are subjected to Him, then the Son Himself will be subjected to the One who subjected all things to Him, that God may be all in all.

27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy [God die Vader] uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Hierdie verse, saam met Hebreërs 2:6-8 en Efesiërs 1:21-23, dui daarop dat daar GEEN UITSONDERING (behalwe God self) is, in Sy heerskappy oor die mensdom en die skepping nie. Kolossense 1:16-20 beaam dit

16 For by Him all things [ta panta ‘the all’] were created, both in the heavens and on earth, visible and invisible, whether thrones or dominions - all things have been created by Him and for Him… 20 and through Him to reconcile all things [ta panta] to Himself, having made peace through the blood of His cross; through Him, I say, whether things on earth or things in heaven.

16 Want in Hom is alle dinge [ta panta ‘the all’] geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape… 20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis - ek sê deur Hom - die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

Met ander woorde, God het ‘alles’ geskape en toe ‘alles’ met Homself versoen deur middel van die kruis. Mense maak dikwels beswaar dat ‘alles’ regtig beteken wat dit sê. ‘Dit moet in konteks gesien word’ dring hulle aan, maar die konteks definieer die ‘alles’ as dit wat God geskape het, in die hemel, op die aarde, sigbaar en onsigbaar, insluitend trone, heerskappye en owerhede. Is daar ‘n deel van die skepping wat Paulus uitgelaat het? Dit verg ernstige blindheid om te weier, om die eenvoudige woorde van die Apostel Paulus, te glo.

Kyk op hoeveel maniere die restourasie van alles in die Skrif geleer word. Eers is daar die Jubel-wet, wat alle skuld (sonde) kanselleer aan die einde van die tydperk van oordeel. Tweedens het ons God se belofte in Numeri 14:21, dat sy heerlikheid die aarde sal bedek. In die derde plek, het Jesus gesê dat, wanneer Hy ‘opgelig’ (gekruisig) word, Hy ALMAL letterlik na Homself toe sou trek (Johannes 12:32). In die vierde plek haal Paulus vir Jesaja in Fillipense 2:10,11 aan, en sê dat ‘elke knie’ sal buig en dat ‘elke tong’ sal bely dat Jesus Christus die Here is.

Laastens, haal Paulus Psalm 8 op vele plekke aan om te wys dat ‘alles’ uiteindelik aan Christus onderwerp sal word.

Die enigste rede waarom mense Paulus se leerstelling aanvallend vind, is omdat hulle eintlik nie wil hê dat alle sondaars gered moet word nie. Hulle gee geld vir die kerk sodat siele gered kan word wat hulle nog nooit ontmoet het nie, maar daar is sekere siele wat volgens hulle nie gered moet word nie, wat verdien om vir ewig gestraf te word.

Dit kom neer op drie hoofbesware:

1 Hulle redeneer dat party sondaars se oortredings so erg is dat die boete daarvoor so groot is, dat dit die waarde van Christus se bloed oorskry. Met ander woorde, Christus se bloed was onvoldoende om vir die sonde van die hele wêreld te boet.

2 Christus het vir die sonde van die wêreld vergoed, maar meeste was ‘onredbaar’, as gevolg van die mens se wil - dit was die storie wat in Numeri 14 aan Moses voorgelê is. God se antwoord hierop was dat die hele aarde met Sy heerlikheid gevul sal word, nie net Israel as nasie nie.                     

3 God het nie die wêreld so lief dat Hy werklik die hele skepping met Sy bloed sal afkoop nie - ‘n konsep van beperkte versoening. Met ander woorde, God kies net ‘n paar om te red en besluit, volgens Sy soewereine wil, om die res weg te gooi. Jesus sê in Johannes 3:16 ‘Want so lief het God die wêreld gehad,…’

Mense wat nie wil sien dat die ganse mensdom gered word nie, het nog nie die gesindheid/gees van Christus nie. Iemand wat ‘n wrok koester teen iemand wat hulle misbruik, mishandel of te nà gekom het, ken nie die liefde van Christus nie.

Die wat egter die liefde van Christus, wat alle verstand te bowe gaan en die God van die Bybel leer ken het, is dié wat in opleiding is om saam met Christus te regeer in die volgende tydperk wat voorlê.