You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.

Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.

Quantity:

Total:

Die Restourasie van alle Dinge

Die Bybel sê dat elke knie voor Jesus Christus sal buig en dat God alle oordeel aan Jesus toevertrou het. Hoe sal God hierdie doel bereik? Sal Hy dit doen deur te weier om die mensdom vir sonde te oordeel? Of sal Hy dit deur Sy oordele doen? Hierdie boekie toon die verskil tussen Universalisme, wat alle goddelike oordeel ontken, en Restorationism, wat leer dat die oordele van die wet regstellend en herstellend is.

Category - Short Book

Hoofstuk 5

Adam teenoor Jesus

Paulus se volledigste leerstelling met betrekking tot die opstanding vind ons in 1 Korintiërs 15. Die eerste 21 verse bewys die opstanding op ‘n manier in ooreenstemming met sy vroeër opleiding as Fariseër (lid van ‘n streng Joodse sekte). Die groot verskil is dat hy dit bewys deur Jesus se opstanding - iets wat geen Fariseër sou waag nie. Fariseërs se sektariese teëstanders, die Sadduseërs (aristokratiese Joodse sekte), het nie geglo aan die opstanding of lewe na die dood nie. Sadduseërs is beïnvloed deur die Griekse siening dat vlees boos is en dat die doel van die mensdom is om van sy bose liggaam ontslae te raak. Volgens hulle leerstelling het die dood mens bevry van sy liggaam, sodat hy, indien waardig, hemel toe kon gaan om daar te leef in ‘n geestelike vorm. Indien nog nie waardig nie, word die persoon weer vlees (reïnkarneer) vir ‘n geleentheid om waardigheid te bereik deur morele evolusie.

In 1 Korintiërs 15:22,23 nadat hy Christus se opstanding gebruik het om te bewys dat ons ook op sal staan, neem hy sy leerstelling na nuwe hoogtes, deur die omvang van die opstanding te behandel.

22 For as in Adam all die, so also in Christ all shall be made alive. 23 But each in his own order [tagma, ‘squadron’].

22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Hom behoort by sy koms.

Hier vergelyk Paulus Adam met Christus - twee verskillende ‘mense’. Adam het gesondig; Christus het nie. Adam se sonde het dood in die wêreld laat kom en het die ganse mensdom onderdanig laat word aan nietigheid; Christus se regverdigheid het lewe gebring en maak die ganse skepping vry van nietigheid.

Die vergelyking is daarin dat elkeen se aksie ‘n teenoorgestelde uitwerking op die skepping gehad het. Die woord ‘soos’ beteken dat iets in die stelling ooreenkom/dieselfde is. Adam en Christus is nie dieselfde nie; sonde en regverdigheid is nie dieselfde nie, dood en lewe is ook teenoorgesteldes. Al wat ooreenstem is die ‘almal’ wat deur hulle affekteer word.

Net soos Adam se sonde dood vir ‘ALMAL’ veroorsaak het en die ganse skepping nietig gemaak het (Romeine 8:20), net so bring Christus se regverdigheid lewe vir ‘ALMAL’ en maak Hy die ganse skepping vry van nietigheid. ‘die skepping is aan dieselfde nietigheid onderworpe - nie gewillig nie’

Dit is die wet van Hoofskap of Outoriteit (bewind) - die keuses van die een aan bewind beïnvloed almal onder hom, ongeag beter of slegter. Daarom staan daar in Romeine 5:12

12 Therefore just as through one man sin entered into the world, and death through sin, and so death spread to all men, ON WHICH [eph ho] all sin.

12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het -‘

Paulus verduidelik dat Adam se sonde aan ons almal toegereken word. Dit beteken dat ons almal verantwoordelik gehou word vir Adam se sonde, asof ons dit gedoen het. Ons is wettiglik skuldig, daarom ontvang almal die straf daarvoor. Die straf is sterflikheid – fisieke dood. Deur sterflik of sterwend te wees, raak almal moreel siek, dit veroorsaak dat ons oortree/sondig, met ander woorde ons ontvang sterflikheid wat veroorsaak dat ons sondig.

Meeste vertalings, Jerome se Latynse Vulgaat heel bo aan die lys, sê ‘for that all sin’ (KJV), of ‘because all sinned’ (NASB) ‘omdat almal gesondig het’ (1933 AV), wat dit laat blyk of ons sterflik raak, omdat ons sondig. Die aanname is verkeerd, dit is andersom (soos ‘n spieëlbeeld) - ons is sterflik, daarom sondig ons. Ons word sterflik gebore, voordat ons die geleentheid het om self te sondig.

Ons is sterflik as gevolg van Adam se sonde, nie ons eie nie.

Die vertalers het Paulus misverstaan, want hulle het gedink hy het ‘n fout gemaak. Hulle het aangeneem dat hy sy eie woorde, ‘Want die loon van die sonde is die dood,’ in Romeine 6:23  weerspreek. Hulle het nie besef dat die loon vir Adam se sonde die eerste dood (sterflikheid) is, wat aan almal oorgedra word nie, en dat die loon vir ons eie sonde die tweede dood is nie, waarvoor die oordeel by die Groot Wit Troon sal plaasvind.

Hoe het dit gekom dat die vertalers Paulus misverstaan (en van mening verskil)? Dit het meer as 1600 jaar gelede begin:

Toe Jerome die Latynse Vulgaat in ongeveer 440 A.D. vertaal het, het hy die laaste gedeelte van Romeine 5:12 vertaal as ‘because all have sinned’ (omdat almal gesondig het), in stede van ‘on which all sinned’.

Die Jerome Biblical Commentary, p 307, erken dat hierdie vertaling ‘n geweldige probleem teweeg gebring het, omdat Paulus homself as gevolg daarvan, in een asem weerspreek:

‘A difficulty often found with it is that it seems to make Paul say in 5:12cʹ-d something contradictory to what he says in 12:a-b. In the beginning of the verse sin and death are ascribed to Adam; now death seems to be due to man’s deeds.’

Jerome se onvermoë om Paulus se stelling te begryp, is oorgedra na die meeste nuwe vertalers ook. Baie min begryp dat Paulus na twee verskillende soorte dood verwys: die eerste as gevolg van Adam se sonde, die tweede as gevolg van elke individu se sonde.

Hoe dit ookal sy, die punt is: Adam se oortreding is deur Jesus omgekeer - deur sy regverdigheid en geregtigheid aan die kruis het Hy vir die hele skepping lewe bewerk. Albei aksies is buite ons vermoë uitgevoer, sonder ons wil. Net soos ons deel in die gevolg van Adam se sonde, nog voordat ons eie wil gevorm was, so deel ons ook in die redding wat Christus deur Sy regverdige aksie bewerk het, ongeag ons wil. Soos Adam se sonde dood vir almal veroorsaak het, so ook sal Christus se regverdige aksie, uiteindelik lewe vir almal teweegbring.

Die enigste waarskuwing wat in 1 Korintiërs 15:23 staan, is: ‘… maar elkeen in sy eie orde:’ Nie almal sal terselfdertyd onsterflikheid bekom nie. Jesus het die FEIT van universele versoening gevestig, maar die TYDSBEREKENING word bepaal deur ons ‘wil’ en ‘aksies’. Oorwinnaars sal aionian lewe (lewe in die Eeu/Tydperk) ontvang met die eerste opstanding (Openbaring 20:4-6), sodat hulle saam met Hom kan regeer gedurende die duisend-jaar-Loofhutte-tydperk.

Die res van die gelowiges sal lewe (onsterflikheid) ontvang, sodra die duisend-jaar-tydperk verstryk het - dit is die tyd van die tweede opstanding, wanneer ALMAL wat afgestorwe is ‘sy stem sal hoor, en sal uitgaan,’ (Johannes 5:28,29). Dit sluit ook die ongelowiges in.

Die mense wat Christus geweier het in hul leeftyd, asook die res van die mensdom wat nooit die geleentheid gehad het om van Hom te hoor in hul leeftyd nie, sal by die Groot Wit Troon bely dat Hy die Here is. Hulle sal steeds volgens hul aksies geoordeel word (Openbaring 20:13). Omdat alle sonde as skuld gereken word, sal die Regter elke mens se skuld bereken volgens sy oortredings en vlak van kennis (Lukas 12:48), waarna skuldiges dan gevonnis en ‘verkoop’ sal word volgens wet (Eksodus 22:3). Die ‘koper’ sal ‘n oorwinnaar wees, met dieselfde karakter as Jesus, aan wie outoriteit en verantwoordelikheid gegee is, om skuldiges regverdigheid te leer deur persoonlike voorbeeld en dissipline (indien nodig). Hierdie vonnis sal voortduur tot die Skeppings-Jubileum.

Hierdie tydperk van Bybelse slawerny (as dienskneg) is die manier waarop die wet oortreders oordeel. Alle wetsveroordelings word voorgestel as ‘vuur’, die totaliteit daarvan staan bekend as die ‘poel van vuur’ (Openbaring 20:14).

Niemand gaan gemartel word nie, want marteling is nie ‘n Bybelse oordeel nie, nie ‘n vrug van die gees nie en ook nie in ooreenstemming met die karakter van God, soos openbaar deur Christus nie. Sommiges mag moontlik 40 slae ontvang, volgens die wet waarna Jesus verwys in Sy gelykenis in Lukas 12 (die gelykenis van die waaksame dienskneg), hoewel Jesus die straf ‘vuur’ noem in vers 49.

Alle oortreders is boete verskuldig aan die wet en sal ‘verkoop’ word aan die Liggaam van Christus (oorwinnaars), om onder hulle outoriteit as ‘diensknegte’ te kom. Omdat hulle (die Liggaam van Christus/oorwinnaars) die liefde van Christus perfek sal openbaar, sal hulle elke dienskneg met die liefde van God behandel. Hulle sal die verantwoordelikheid hê om elke dienskneg te leer van die weë van God. Daarom sê Jesaja 26:9

9 … for when the earth experiences Thy judgements, the inhabitants of the world will learn righteousness.

9 … want as U oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Die ‘vuur’ is die Woord van God en sluit die ‘Vlammende vuur’ of Wet (Deuteronomium 33:2) in. Dit is die openbaring van die geregtige karakter van God, want Hy het Homself telkens slegs as vuur aan Israel openbaar. Hy is ‘n ‘verterende vuur’ (Deuteronomium 4:24). Wanneer Hy in ‘n ‘vuurdoop’ kom, is die doel daarvan, vernietiging van die ‘vlees’ (menslike natuur) en opwekking van ons ‘sterflike liggame’ (Romeine 8:11). 

‘Vuur’ is ook die glorie van God, wat die aarde sal oorspoel, soos water die see bedek. Water bedek 100% van die see; so ook sal Sy glorie die aarde 100% bedek.

Die skepping self kreun as gevolg van die onderdrukking van sonde en wag met ‘reikhalsende verlange’ op die openbaring van die Seuns van God (Romeine 8:19). Nie net die mensdom nie, maar ook alles in die skepping, sal deur die regverdige aksie van Jesus Christus affekteer word. Net soos Adam mag en heerskappy oor alles ontvang het, net so het Jesus die mag en heerskappy oor alles ontvang.

Nadat Adam gesondig het, is hy, sy vrou en sy kinders ‘verkoop’ om te vergoed vir die sondeskuld wat hy nie kon betaal nie - daarom is alles wat hy gehad het - sy hele boedel (die skepping) - verkoop om sy skuld te betaal, maar dit was nog steeds nie genoeg om te vergoed vir sy sondeskuld nie. Matteus 18:25

25 But since he did not have the means to repay, his Lord commanded him to be sold, along with his wife and children AND ALL THAT HE HAD, and repayment to be made.

25 En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders EN ALLES WAT HY HET, en dat betaal moet word.

Jesus het gekom as die laaste Adam, om die vloek om te keer, en die volle sondeskuld te betaal, wat Adam nie kon betaal nie. Daardeur het hy nie alleen vir Adam vrygekoop nie, maar ook sy vrou en kinders (nageslag) en sy hele boedel (die skepping). Alles wat deur Adam verloor is, is deur Jesus teruggekoop. Daarom sê 1 Johannes 2:2

2 and He Himself is the propitiation [covering] for our sins; and not for ours only, but also for those of the whole world.

2 en Hy is ‘n versoening [herstel] vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Gestel jy koop ‘n winkel vol voorraad. Wanneer die tyd aanbreek vir jou om dit oor te neem, sou jy tevrede wees as daar net ‘n paar items op die rakke is? Natuurlik nie. As jy die hele winkel gekoop het, sal jy nie rus voordat jy alles waarvoor jy betaal het kry nie. Jesus het vir die sonde van die wêreld betaal met Sy bloed, wat baie meer werd is as die ganse skepping. Hy sal nie tevrede wees tot Hy alles, waarvoor Hy betaal het, ontvang nie.

In Matteus 13:44 het Jesus ‘n kort gelykenis vertel, om ons te leer hoe omvangryk die effek van Sy werk aan die kruis is

44 The kingdom of heaven is like a treasure hidden in the field, which a man found and hid; and from joy over it he goes and sells all that he has, and buys that field.

44 VERDER is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.

In vers 38 verduidelik Jesus ‘die saailand is die wêreld’. Ons weet uit Eksodus 19:5 (1933 Afrikaanse vertaling) dat Israel God se ‘eiendom uit al die volke’ is (Israel was God’s peculiar treasure - KJV). Jesus self is die man in die gelykenis, wat na die verlore skape van die huis van Israel soek (Esegiël 34:11). Wanneer ‘n mens op ‘n skat afkom wat in ‘n veld begrawe is, behoort die skat regmatig aan die persoon wat die veld besit. Om hierdie rede kon die man in die gelykenis, nie net die skat vir homself neem, voordat hy nie eers die veld gekoop het nie. Om dit te doen sal diefstal wees.

Dus het Jesus Israel gevind, maar om die ‘peculiar treasure’ (skat) te bekom, het Hy die veld gekoop - DIE WERELD. Ongeag of mens die skat interpreteer as Israel of Christene, hulle verteenwoordig ‘n gedeelte van die mensdom, weggesteek in die wêreld. Maak nie saak watter oogpunt jy verkies nie, die feit bly staan: Jesus het die hele wêreld gekoop, sodat Hy die skat kan verkry.

Alles was onder die outoriteit van Adam (Genesis 1:26-28). Psalm 8:6 KJV; 8:7 (1933 AV) herhaal dit, ‘… U het alles onder sy voete gestel:’ Die eerste Adam het alles verloor, maar die laaste Adam het alles teruggekoop. Daarom pas die Nuwe Testament dit toe (Hebreërs 2:6-8) op Christus, onder wie se voete alles nou regmatig diensbaar is. Om hierdie rede behoort dit een van die belangrikste aspekte te wees vir bestudering.