You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.

Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.

Quantity:

Total:

Die Restourasie van alle Dinge

Die Bybel sê dat elke knie voor Jesus Christus sal buig en dat God alle oordeel aan Jesus toevertrou het. Hoe sal God hierdie doel bereik? Sal Hy dit doen deur te weier om die mensdom vir sonde te oordeel? Of sal Hy dit deur Sy oordele doen? Hierdie boekie toon die verskil tussen Universalisme, wat alle goddelike oordeel ontken, en Restorationism, wat leer dat die oordele van die wet regstellend en herstellend is.

Category - Short Book

Hoofstuk 1

Regverdige oordeel

Handelinge 3:20,21 sê:

20 And he shall send Jesus Christ, which before was preached unto you, 21 whom the heavens must receive [dechomai, accept, receive, take] until the times of the restitution [‘restoration’ -- NASB] of all things, which God hath spoken by the mouth of all his holy prophets since the world began.

20 en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, 21 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.

‘Die wederoprigting/restourasie van alles’ is ‘n funksie van die Elia-bediening. (Matteus 17:11), en Handelinge 3:21 hierbo bevestig die profesieë met betrekking tot die bediening van restourasie oral deur die Ou Testament, sedert die ‘begin van die skepping’. Daarom kan ons duidelike verwysings daarna verwag, nie net in die Nuwe Testament nie, maar oral in die Ou Testament ook.

Die nood vir restourasie in die toekoms, veronderstel dat die wêreld korrup geword het, en dat dit herstel moet word. Die betrokke vers gee ook te kenne dat die tweede koms van Christus hierdie herstel sal meebring en dat Hy tot dan deur ‘die hemel ontvang moet word’.

Normaalweg word Christene geleer dat Jesus binnekort sal terugkeer en dat Hy baie kwaad is! Ons is aangetas deur Jonathan Edwards se ‘Angry God’-sindroom, eerder as die Bybelse siening van ‘n liefdevolle God soos geopenbaar deur Jesus Christus.

Jesus kom wel om die wêreld te oordeel, omdat alle veroordeling aan Hom toevertrou is (Johannes 5:27), maar oordeel beteken nie doem nie - die Griekse woord vir oordeel is dieselfde as dié vir deursigtigheid. Om te oordeel beteken om die waarheid regverdig te onderskei. Sodra ‘n regter al die getuienis aangehoor het, en onderskei het wat die waarheid is, moet ‘n regverdige uitspraak oor die betrokke saak gelewer word, sodat wet en orde gehandhaaf kan word. ‘n Skuldige persoon word dan veroordeel en moet vergoeding doen, terwyl ‘n onskuldige persoon vrygespreek moet word.

Beide veroordeling en vryspraak kom uit ‘n hart van liefde, want liefde jaag die waarheid na en waar daar oortreding (sonde/misdaad) is, korrigeer liefde die sondaar deur die oordeel van die wet. Die boosdoener se hart sal heel moontlik verhard wees, daarom sal die wet vanuit sy oogpunt, sleg voorkom, maar so ‘n waarneming is uit die as geskop, ‘n illusie. Die doel van die wet is om die oortreder te vernuwe en wet en orde te herstel.

Dus is die doel van die komende oordeel wat oor die aarde gevel sal word, bestem om alle dinge te herstel, nie om alles te vernietig nie. Die wet wis die oortreding uit, nie die oortreder nie en die oordeel gaan sonde op die aarde vernietig, nie die aarde self nie.

As ons streef om oorwinnaars te wees wat sal oordeel en regeer, saam met Hom (Jesus) as priesters in die toekomstige tydperk (Openbaring 20:6), behoort ons nou voor te berei en leer vir priesterskap en die bedienning. Dit verg nie noodwendig klasdraf by ‘n kweekskool nie, maar dit verg wel opleiding in oordeel, sodat die waarheid regverdig onderskei kan word. Paulus verwys hierna in I Korintiërs 6:2,3 wanneer hy sê

2 Do you not know that the saints shall judge the world? … 3 Know ye not that we shall judge angels? how much more things that pertain to this life?

2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? … 3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Baie het die idee dat net Jesus die wêreld sal oordeel. Ons word ‘n verwronge siening van Matteus 7:1 geleer, wat sê ‘MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.’ Hoewel dit waar is dat ons volgens ons eie standaarde geoordeel sal word (soos die wet self waarsku), berispe Paulus die kerk in Korinte, omdat daar niemand is wat onenigheid onder hulle op ‘n goddelike manier kan oordeel nie (1 Korintiërs 5:4,5).

Weerspreek Paulus hierdeur vir Jesus? Nee, glad nie. ‘n Volwasse gelowige ken die Wet en verstaan die gedagte van die Outeur daarvan - Hy tref regverdige onderskeid. ‘n Regter wat ‘soos God’ wil oordeel, neem sy werk baie ernstig, omdat hy verstaan dat hy vir besluitneming in teenstryd met die goddelike Wet, selfs in hierdie wêreld verantwoordelik gehou sal word. Hoekom? Want God sal hom die regte keuses leer deur persoonlike ondervinding. Hy sal heel moontlik dieselfde tipe oordeel moet deurstaan as wat hyself vroeër gevel het.

Ek sê dit, terloops, omdat ek self hierdie les op die harde manier moes leer. Nou dat ek daardeur is, dank ek God dat Hy my altyd oordeel volgens my eie standaard wanneer ek onregverdig oordeel - dit het my geleer hoe dit voel om vals beskuldig te word of om ‘n straf uit te dien, wat die oortreding se ‘loesing’ volgens wet, oorskry.

In vorige tydperke het God regters opgelei vir die toekoms, sodat hulle deel kan wees van die Elia-bedienning - die ‘restourasie van alle dinge’ - soos Jesus dit genoem het. Paulus self was in opleiding as regter vir die toekoms - ons kry ‘n blik op sy begrip van oordeel in 2 Korintiërs 5:14,15

14 For the love of Christ constrains us, because WE THUS JUDGE, that if One died for all, then are all dead; 15 and that He died for all, that they which live should not henceforth unto themselves, but unto Him which died for them and rose again.

14 Want die liefde van Christus dring ons, 15 omdat ons van oordeel is, dat as Een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het: en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.

Watter tipe oordeel is dit? Pulus sê dat Christus vir almal gesterf het - namens almal. Daarom is almal dood (omdat almal met Christus vereenselwig/versoen in Sy dood). As gevolg hiervan, leef gelowiges nie meer selfsugtig nie, maar eerder vir Christus wat namens hulle gesterf en weer opgestaan het.

Hierdie stelling is so ongelooflik, dat baie mense dit nie kan begryp nie - dit kom voor as te goed om waar te wees. Paulus brei egter hierop uit in die volgende verse. Hy gee vir ons die boodskap wat ons aan die wêreld moet oordra, as ambassadeurs/gesante van Jesus Christus en Sy Koninkryk: (2 Korintiërs 5:18-20)

18 And all things are of God, who has reconciled US to himself by Jesus Christ and has given to US the ministry of reconciliation; 19 to wit, that God was in Christ reconciling THE WORLD unto Himself, not imputing THEIR trespasses unto THEM; and has committed unto US the word of reconciliation. 20 Now then, we are ambassadors for Christ, as though God did beseech you by us, we pray you in Christ’s stead, be YE reconciled to God

18 En dit alles is uit God wat ONS met Homself versoen het deur Jesus Christus en ONS die bediening van die versoening gegee het, 19 naamlik dat God in Christus DIE WERELD met Homself versoen het deur HULLE HUL misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ONS toe te vertrou. 20 ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat JULLE met God versoen.

Let veral op hoe Paulus verwys na ‘ons’ en ‘hulle’. Die wat gelowiges geword het is ‘ons’. Ons is ambassadeurs/gesante, wat ‘n boodskap aan ‘hulle’ oordra, naamlik die res van die wêreld en die ongelowiges. Wat is ons boodskap? Dit is ‘die woord van versoening’. Ons moet aan die wêreld verkondig dat God ons nie verwyt vir ons sondes nie.

Die idee is vir Christene vandag so vreemd, dat hulle dit eenvoudig nie kan verstaan nie. Christene is so deeglik geleer van ‘n kwaai God wat almal oordeel, dat dit moeilik is om Paulus se woorde te glo. Dus maak hulle verskonings vir Paulus se woorde: ‘Hy kan dit onmoontlik nie bedoel nie, as gevolg van al die ander verse wat te doen het met God wat ‘n oordeel sal vel oor oortreders. Ons moet versigtig wees om hierdie woorde van hom nie uit konteks te haal van al daardie ander verse nie’.

Ek stem saam dat ons dinge altyd in konteks moet verstaan, solank ons nie die konteks van die huidige gedeelte daardeur weerspreek nie.

Paulus sê dat ons ambassadeurs is - as ambassadeur weerkaats ons Jesus Christus ‘aan’ die wêreld.

Ons boodskap is eerstens dat: ‘God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie’.

Tweedens is ons boodskap ‘n pleidooi vir HULLE om met God te versoen (v. 20). Dit is duidelik dat hulle nie tans met God versoen is nie, anders sou die boodskap onnodig wees. Hoe kan God dan nie hulle sondes aan hulle toereken nie? Verg dit dan nie geloof in Christus en die kruis om oordeel vir jou misdade te vermy nie?

Natuurlik is geloof nodig. Die Bybel stel dit oral baie duidelik. Ons sal die dilemma oplos soos ons vorder.