You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.

Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.

Quantity:

Total:

Die Doel van die Opstanding

As mense hulle “ewige belonings” ontvang wanneer hulle sterf, wat is dan die doel van opstanding? Die antwoord hang daarvan af of 'n mens die Griekse of die Hebreeuse siening van die skepping huldig. Die Doel van Opstanding stel die konsep van opstanding self bekend, saam met die verskil tussen die twee opstandings (gars- en koringmaatskappye). Eerste van 'n driedelige reeks.

Category - Short Book

Hoofstuk 2

Die eerste- en tweede opstanding

Johannes is die enigste Bybelskrywer wat melding maak van die term ‘eerste opstanding’. Ons vind dit in Openbaring 20:4-6.

4 ... And they came to life and reigned with Christ for a thousand years. 5 The rest of the dead did not come to life until the thousand years were completed. This is the first resurrection. 6 Blessed and holy is the one who has a part in the first resurrection; over these the second death has no power, but they will be priests of God and of Christ, and will reign with Him for a thousand years.

4 ... en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Die feit dat daar ‘n eerste opstanding is, insinueer dat daar ‘n tweede sal plaasvind op ‘n later stadium. Johannes verduidelik dat die eerste opstanding ‘n duisend jaar voor die algemene opstanding, waaroor hy later in die hoofstuk uitbrei, sal plaasvind.

In vers 5 noem hy spesifiek dat ‘die ander dode’ nie opgewek word voor die duisend jaar verstryk het nie. Hy spesifiseer nie ‘die ander dode’ nie, maar verduidelik wel dat die wat deel vorm van die eerste opstanding, in Christus geglo het. Hy noem hulle ‘salig en heilig’ en ‘priesters van God en van Christus’, geroepe om te regeer gedurende die duisend jaar.

Dus kan ons met sekerheid sê dat daar geen ongelowiges in die eerste opstanding sal herlewe nie. Johannes swyg egter oor ‘n ander raaiselagtige vraag: Word alle Christene in die eerste opstanding opgewek, of net ‘n gedeelte van hulle? Vir die antwoord op hierdie vraag, sal ons binnekort na ander paragrawe kyk.

Intussen bevestig ons die feit dat Johannes hier wel na die ‘opstanding’ verwys. In die Hebreeuse konteks verwys dit na die liggaamlike opstanding uit die dood, NIE net ‘n mens se regverdiging deur geloof, of na ‘n verplasing hemel toe, of enige ander geestelike ondervinding nie. Onthou dat Johannes self Hebreeus was en dat al sy skrywes puntsgewys die Griekse wêreldsiening veroordeel het. Die Grieke se siening het die kerk binnegesluip deur ‘Gnostisisme’ (‘n proses waardeur kennis bekom word). Wanneer Johannes van die opstandings praat, kan ons dus ‘n standpunt aanneem wat in harmonie is met dit wat hy geglo en geleer het.

Die tweede (algemene) opstanding

In Openbaring 20:11-15 gaan Johannes voort met sy visioen en verduidelik van ‘n tweede opstanding wat AL die dooies, wat nie deel was van die eerste opstanding nie, insluit.

11 And I saw a great white throne, and Him who sat upon it ... 12 And I saw the dead, the great and small, standing before the throne, and books were opened; and another book was opened, which is the book of life; and the dead were judged from the things which were written in the books, according to their deeds ... 15 And if anyone’s name was NOT found written in the book of life, he was thrown into the lake of fire.

11 EN ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit ... 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen, en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke... 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Hierdie is duidelik ‘n visioen van die groot oordeel, wanneer alle sondaars veroordeel sal word wat nie in die eerste opstanding opgewek is nie. Daar is twee boeke teenwoordig: die ‘boeke’ en ‘die boek van die lewe’ – almal word veroordeel volgens wat in die ‘boeke’ geskryf staan.

Dit is ‘n algemene misverstand dat hierdie ‘boeke’ inskrywings bevat van elke daad ooit deur die mensdom gepleeg - sommiges verkondig dat God boekhou van elke persoon in die wêreld se dade. Dit mis egter heeltemal die punt, want hierdie ‘boeke’ is die wetboeke waarvolgens alle oortredings veroordeel word. Johannes sê in 1 Johannes 3:4 ‘sonde is wetteloosheid’ en voeg by ‘... waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie’ (Romeine 4:15). Met ander woorde, die boeke is die Wet van God wat sonde en regverdigheid definieer – dit is die goddelike standaard waaraan die werke van mense gemeet word. Sonder ‘n wet kan geen oortreding plaasvind nie. Dus gebruik God die Wet om die mensdom se sondes te oordeel, of soos Paulus dit stel: ‘die wet werk toorn’ (Romeine 4:15).

Die logiese gevolgtrekking is dus, dat die ‘boeke’ waaruit God die mensdom oordeel, die wetboeke is wat as standaard van reg en verkeerd, sonde en regverdigheid aangewend word om mense verantwoordelik te hou. God benodig nie ‘n boek vol inskrywings in verband met elke mens nie, want in die hofsaak sal getuies geroep word om te getuig (Matteus 12:41,42). Hy sal egter die wetboeke gebruik om regverdig te oordeel, want ‘... waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie’ en ‘die wet werk toorn’ (Romeine 4:15).

Die ‘boek van lewe’ is ook oop in hierdie hofsaak. As slegs ongelowiges voor die troon staan, waarom sou hierdie boek ook daar wees? Verder maak Johannes se gebruik van woorde dit duidelik dat daar gelowiges ook voor die troon teenwoordig is op die dag van oordeel. Hy se dat net die mense wie se name NIE in die boek van lewe opgeteken is nie, in die poel van vuur gegooi word. Dit is duidelik dat daar WEL baie name in die boek van lewe opgeteken staan.

Is dit dus moontlik dat die algemene opstanding beide Christene en nie-Christene sal insluit? Ons kan nie eenhonderd persent seker wees uit net Openbaring 20 nie, hoewel die hoofstuk dit duidelik impliseer. Vir duidelike bewys, kyk ons na ander hoofstukke ook.

Regverdig en boos in die tweede opstanding

Beide Jesus en Paulus het van die tweede, algemene opstanding van die dode gepraat. Daar bestaan twee baie duidelike stellings, die eerste is Jesus se woorde soos opgeteken in Johannes 5:28-29

28 Do not marvel at this; for an hour is coming in which ALL who are in the tombs shall hear His voice, 29 and shall come forth; those who did the good deeds to a resurrection of life, those who committed the evil deeds to a resurrection of judgment.

28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad geoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

Hierdie is ‘n opstanding waar beide die goeie- en boosdoeners opgewek word uit die dood. Albei word op dieselfde tyd opgewek, want ‘daar kom ’n uur’. Hoewel die woord ‘uur’ nie noodwendig na ‘n sestig-minuut tydperk verwys nie, dui dit wel daarop dat beide groepe in dieselfde tydspan sal opstaan.

Die hoofverskil tussen die twee groepe is: die groep wat goeie dade gedoen het sal opstaan tot ‘lewe’, terwyl die boosdoeners sal opstaan tot ‘veroordeling’.

Jesus het heel moontlik Daniël se woorde (Daniël 12:2) losweg gebruik, wie Hy vroeër ook aangehaal het. Die ooreenkoms van hul stellings kan nie eintlik misgekyk word nie.

Ongeag die gevolgtrekkings wat ons aangaande hierdie paragrawe maak, een ding is duidelik: Nie Jesus óf Daniël het verwys na die EERSTE opstanding, wat volgens Johannes slegs gelowiges sal insluit nie. Hulle kon nie iets anders bedoel het as die tweede, algemene opstanding van ALLE dooies, groot en klein, wat voor die troon van God staan nie. Dit is dus duidelik dat die gelowiges voor die groot wit troon, se name wel in die boek van lewe staan, terwyl die ongelowiges en boosdoeners veroordeel sal word volgens die wetboeke.

Die dubbele getuienis hiervan is te vinde in Paulus se verdediging voor Felix, wat op daardie stadium  die gevolmagtigde landvoog (stadhouer/burgermeester) van Judea was. Handelinge 24:14,15 sê

14 But this I admit to you, that according to the way they call a sect, I do serve the God of our fathers, believing everything that is in accordance with the Law, and that is written in the Prophets; 15 having a hope in God, which these men cherish themselves, that there shall certainly be a resurrection of both the righteous and the wicked.

14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle ‘n sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is, 15 en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.

Paulus verwys duidelik na ‘n opstanding waar, beide regverdiges (goed) en onregverdiges (boos), gelyktydig opgewek word. Dit kan nie die eerste opstanding wees, waar net die geseëndes en heiliges sal opstaan nie. Hy moet dus na ‘n algemene opstanding van AL die dooies verwys, groot en klein, beide goed en boos – almal wat nie gekwalifiseer het vir die eerste opstanding nie.

Paulus stel dit duidelik (so ook Jesus) dat die algemene opstanding beide Christene en nie-Christene sal insluit. Christene sal in die ‘boek van lewe’ aangeteken wees; die res sal veroordeel word en in ‘die poel van vuur gewerp’ word.

Dit is duidelik dat Christene in BEIDE die eerste- en tweede opstandings opgewek sal word. Die wat in die eerste opstanding opgewek word, sal saam met Christus regeer vir ‘n duisend jaar, die ander sal die eerste opstanding misloop, maar tog lewe (onsterflikheid) ontvang op ‘n later stadium.

Dus maak die Bybel onderskeid tussen Oorwinnaars en die kerk oor die algemeen.

Hoe Christene veroordeel sal word

Sodra ons die onderskeid tussen die twee opstandings verstaan, het ons die vermoë om te kan bepaal, na watter opstanding in ander Skrifgedeeltes verwys word. Sulke paragrawe voeg detail by die kern van ons kennis aangaande hierdie opstandings. ‘n Voorbeeld van so ‘n paragraaf is te vinde in Lukas 12:35-50, waar Jesus van ‘die getroue en verstandige bestuurder’ (vers 42) praat, wat Hy ‘oor al sy besittings aanstel (vers 44).

As hierdie verstandige bestuurder ‘n ‘heerser’ moet wees, weet ons dat hy deel van die eerste opstanding sal wees, omdat hulle vir ‘n duisend jaar saam met Christus sal regeer, soos ons reeds bespreek het. Die verstandige bestuurder is ‘n mens wat geleer het om ‘n goeie dienskneg te wees, een wat die wette van die huishouding onderhou en die wil van sy Meester uitvoer.

Nadat hy geleer het hoe om gehoorsaam te wees, kwalifiseer hy om te regeer. Hierdie dienskneg het geleer, dat om te regeer nie beteken dat jy ‘diensknegte’ besit nie, maar dat jy eerder self die dienskneg is met outoriteit om ander by te staan (dien). Dit word in Markus 10:42-45 verduidelik

42 And calling them to Himself, Jesus said to them, You know that those who are recognized as rulers of the Gentiles [ethnos, ‘nations’] lord it over them; and their great men exercise outhority over them. 43 But it is not so among you, but whoever wishes to become great among you shall be your servant; 44 and whoever wishes to be first among you shall be slave of all. 45 For even the Son of Man did not come to be served, but to serve, and to give His life a ransom for many.

42 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en vir hulle gesê: Julle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen; 43 maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. 44 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees. 45 Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie.

Hierdie gedeelte beskryf die getroue en verstandige bestuurder/dienskneg wat as owerste oor die Huishouding/Koninkryk van God aangestel sal word.

Terug by Lukas 12: Jesus gaan voort met Sy verduideliking - nou oor ‘n ander soort dienskneg wat NIE getrou en verstandig is nie. Hy mishandel sy mede diensknegte en is ‘n niksbeduidende tiran en ‘n geweldenaar, kenmerkend van iemand met ‘n groot kop, maar klein hart. Hy het nog nie gehoorsaamheid en nederigheid aangeleer nie. Hoewel hy ‘n dienskneg genoem word, en daarom as ‘n Christen gereken word, het hy nie die hart van ‘n ‘dienskneg’ (Christen) nie. Hy verteenwoordig die Christene wat NIE vir die eerste opstanding kwalifiseer nie. Ons lees in Lukas 12:45,46 uit Rotherham se Emphasized Bible die volgende:

45 But if that servant should say in his heart, My lord delayeth to come! and should begin to be striking the youths and the maidens, to be eating also and drinking and making himself drunk, 46 The lord of that servant will have come on a day when he is not expecting, and in an hour when he is not taking note, and will cut him asunder, and his part with the unfaithful will appoint.

45 Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, 46 dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom deelgenoot maak van die ontroues.

Wanneer sal bogenoemde dienskneg sy beloning ontvang? Hy sal dit op dieselfde tyd as ‘die ontroues’ of ongelowiges, ontvang, hoewel dit nie beteken dat hy presies dieselfde loon sal ontvang as ‘n ongelowige nie. Hy sal sy beloning of deel ontvang op dieselfde tyd as die ongelowiges - dit beskryf duidelik die tweede opstanding.

Jesus verduidelik verder in meer detail presies wat met die ontroue en onverstandige diensknegte sal gebeur ... Lukas 12:47-49 (NASB)

47 And that slave who knew his master’s will and did not get ready or act in accord with his will, shall receive many lashes, 48 But the one who did not know it, and committed deeds worthy of a flogging, will receive but few. And from everyone who has been given much shall be required, and to whom they entrusted much, of him they will ask all the more. 49 I have come to cast FIRE upon the earth; and how I wish it were already kindled!

47 En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; 48 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis. 49 EK het gekom om VUUR op die aarde te werp, en hoe wens Ek nie dat dit al aangesteek was!

Daar word aangeneem dat hierdie Skrifgedeelte na die veroordeling van die ongelowiges verwys. Dikwels word gesê dat mense wat van Jesus gehoor het, maar Hom nie aangeneem het nie, in ‘n ‘warmer hel’ gegooi sal word en dat hulle wat nooit van Hom gehoor het nie, met ‘n ‘koeler vlam’ gebrand sal word. Hierdie Skrifgedeelte handel egter oor God se diensknegte, nie mense buite Sy huishouding nie – dit gaan oor gelowiges, nie ongelowiges nie.

Die ‘vuur’ is simbolies van die veroordeling van die Wet oor die algemeen. In Daniël 7:10 sien ons dat die vuur vanuit die troon van God vloei. ‘n Troon is ‘n simbool van wet en orde – wanneer ‘n koning daarop sit, dui dit daarop dat hy volgens wet oordeel en regeer. Dit is die oordeel van die Wet wat van die troon van God af uitgaan en ook dieselfde ‘poel van vuur’, waarna Johannes in Openbaring 20:14,15 verwys.

Daarom, het Jesus gepraat van die oordeel oor die Christene wat deel vorm van die tweede opstanding, toe Hy gesê het dat Hy gekom het om ‘... vuur op die aarde te werp,’. Die presiese wet van toepassing op hierdie Skrifgedeelte vind ons in Deuteronomium 25:1-3.

1 If there is a dispute between men and they go to court, and the judges decide their case, and they justify the righteous and comdemn the wicked, 2 then it shall be if the wicked man deserves to be beaten, the judge shall then make him lie down and be beaten in his presence with the number of stripes according to his guilt. 3 He may beat him forty times but no more, lest he beat him with many more stripes than these, and your brother be degraded in your eyes.

1 AS daar tussen manne ‘n twis is en hulle na die gereg kom en die regters hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar, 2 as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met ‘n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld; 3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.

Die ontroue en onverstandige dienskneg in Jesus se gelykenis, sal eendag voor die Regter van die hele aarde staan, waar bepaal sal word watter tipe straf hy moet ontvang ooreenkomstig die manier waarop hy sy medemens behandel het. Die limiet op straf vir die oortreding is ‘veertig slae’ – of dit letterlik toegedien sal word is ‘n ander saak, nie van belang met betrekking tot hierdie studie nie. Wat wel van belang is, is dat die Goddelike Wet ongehoorsame Christene, wat die eerste opstanding misloop, sal veroordeel.

Vir die rekord oor die algemeen: Jesus noem hierdie oordeel ‘n ‘vuur’, want alle oordeel geskied deur God se ‘vlammende vuur’ (Deuteronomium 33:2).

Paulus was ook vertroud met hierdie leerstellings, want hy het daarna verwys in 1 Korintiërs 3:11-15.

11 For no man can lay a foundation other than the one which is laid, which is Jesus Christ. 12 Now if any man builds upon the foundation with gold, silver, precious stones, word, hay, straw, 13 Each man’s work will become evident; for the day will show it, because it is to be revealed with fire; and the fire itself will test the quality of each man’s work. 14 If any man’s work which he has built upon it remains, he shall receive a reward. 15 If any man’s work is burned up, he shall suffer loss; but he himself shall be saved, yet so as through fire.

11 Want niemand kan ‘n ander fondasie lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels - 13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Hierdie skrifgedeelte handel nie oor ongelowiges nie. Dit gaan slegs oor gelowiges wat Jesus as die fondasie van hul ‘tempels’ gelê het. Sodra die fondasie gelê is, is die mens ‘n Christen. Paulus verduidelik dan die werke van die Christen in terme van wat hy op daardie fondasie bou. Hy maak dit duidelik dat Christene, dié in die tweede opstanding, se werke geoordeel sal word deur die ‘vuur’ van God. Indien sy werke onaanvaarbaar is, sal hy steeds gered word, maar tog verlies ly, want die ‘vlammende vuur’ (wet) van God, sal al die uitsaksel/kaf wegbrand.

Hierdie paragraaf is interessant, want dit bewys dat daar Christene in die tweede opstanding teenwoordig sal wees. Verder sal hierdie Christene deur dieselfde wet, ‘vlammende vuur’ veroordeel word, as waardeur die ongelowiges veroordeel sal word. Die enigste verskil is dat die Christene lewe sal ontvang, nadat hulle werke openbaar en getoets is deur die wet, terwyl die ongelowiges deur ‘n langer en intensiewer oordeel, soos voorgeskryf deur die wet, sal gaan.

Opstanding van die regverdiges

Jesus het ‘n ander gelykenis vertel, wat verduidelik hoe om te kwalifiseer vir die eerste opstanding. Ons lees daarvan in Lukas 14:12-14

12 And He went on to say to the one who invited Him, When you give a luncheon or a dinner, do not invite your friends or your brothers or your relatives or rich neighbors, lest they also invite you in return, and repayment come to you. 13 But when you give a reception, invite the poor, the crippled, the lame, the blind, 14 And you will be blessed, since they do not have the means to repay you, for you will be repaid at the resurrection of the righteous.

12 En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ‘n môre- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. 13 Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, 14 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

Hier sê Jesus dat mens agape liefde en die beginsels van genade moet ken en beoefen om die eerste opstanding, ‘die opstanding van die regverdiges’, te bekom. Dit is die hoogste vorm van liefde, want dit is die liefde van God. Daar is drie tipes liefde in Grieks, elk van toepassing op ‘n spesifieke stadium in die ontwikkeling van volwassenheid.

1 Eros is fisieke aangetrokkenheid. Dit is ‘n selfsugtige tipe liefde wat net aan persoonlike bevrediging dink. Dit is die tipe liefde waaroor babas en onvolwasse volwassenes beskik. Onvolwasse liefde vereis alles, gee glad nie om vir iemand anders se gevoelens of toestand nie en het geen geduld nie. Dit is nie noodwendig sleg nie, want dit vorm deel van die eerste stadium van enige verhouding met ‘n ander persoon. Iets van die ander persoon is aanvanklik vir ons almal aantreklik, of dit nou geestelik, voorkoms, persoonlikheid of hul geld is. Nietemin, dit is selfsugtig van aard, want dit dien die persoonlike behoeftes en begeertes van net een persoon in die verhouding.

2 Phileo is broederlike liefde, ‘n oordeelkundige tipe liefde, soos die tipe liefde tussen sibbe. Dit is meer bemoeid met die idee van regverdigheid. Die meeste skoor tussen broers en susters gaan om die punt van regverdigheid in hul wedywering om ‘n posisie, werk of regte. Hierdie stadium kan veroorsaak dat ouers hulself by ‘n malhuis inboek, maar dit is die stadium waar kinders leer om regverdigheid te bepaal en wette leer definieer. Die hoogtepunt van hierdie tipe liefde is, wanneer kinders leer om regverdig beurte te maak, maar is net ‘n 50/50 verhouding.

3 Agape is onvoorwaardelike liefde. Dit is ‘n volwasse tipe liefde wat baie min bemeester. Dit skenk genade onverdiend, is onselfsugtig en vrygewig; dit eis nie ‘regte’ nie. Hierdie persoon stel die behoefte van ander bo sy eie regte. Dit is God se tipe liefde, dit toon geestelike volwassenheid en beeld die karakter van die tipe persoon wat saam met Christus sal regeer, uit.

Jesus se opdrag fokus op presies hierdie beginsel van onbaatsugtigheid – om te gee sonder om iets terug te verwag. Phileo verwag altyd rente op ‘n belegging, maar agape sal vergeld (beloon/vergoed) word met die opstanding van die regverdiges.

Dus sal die mense wat kwalifiseer om saam met Christus te regeer in ‘Die Eeu’ wat kom, geestelik volwasse wees. Dit beteken dat hul lewens dieselfde tipe liefde sal vertoon as die agape-liefde wat Christus openbaar het. Dit is nie noodwendig die ‘sloppy agape’ wat baie kerke vandag aanmoedig nie en ook nie die wettelose liefde wat vrye geslagtelike verkeer of vermenging goedkeur, solank dit met ‘liefde’ gedoen word nie.

Die liefde, wat God van Sy leiers vereis, is eerstens lojaal teenoor Christus en die goddelike Wet wat Hy gegee het om struktuur, riglyne en grense aan alle verhoudings te bied. Leiers moet die wette ken, sodat onpartydige oordeel en regverdigheid toegepas kan word vir alle broeders. Tog is die leier iemand wat al sy eie persoonlike regte sal prysgee om God te plesier of wat die sondes en onreg van ander as bemiddelaar (priester), sal dra.

Belangriker as enigiets anders, moet ‘n mens wat kwalifiseer vir die eerste opstanding, oor die genade beskik om geen haat of afguns te koester nie. So ‘n mens moet ander uit sy hart vergewe vir onreg wat hulle hom aangedoen het (sonde/skuld). Dit word deur baie van Jesus se gelykenisse illustreer – mees opvallend, is die een in Matteus 18:21-35. Daar sien ons dat God die skuld (sondes) van mense wat Hom om genade nader met smeekbede, sal kanselleer. Hy moet die beginsel van Jubileum aanleer – die kansellasie van alle skuld – want dit is die sleutel tot ‘n mens se erflating, die belofte van God.