You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.

Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.

Quantity:

Total:

Die Doel van die Opstanding

As mense hulle “ewige belonings” ontvang wanneer hulle sterf, wat is dan die doel van opstanding? Die antwoord hang daarvan af of 'n mens die Griekse of die Hebreeuse siening van die skepping huldig. Die Doel van Opstanding stel die konsep van opstanding self bekend, saam met die verskil tussen die twee opstandings (gars- en koringmaatskappye). Eerste van 'n driedelige reeks.

Category - Short Book

Hoofstuk 1

Wat is die opstanding?

Die Skrif in geheel fokus op Jesus. Die hoop van die mensdom, van die begin tot die einde, rus op Hom en Sy werk en bediening. Dus is dit duidelik dat die konsep van die opstanding in beide die Ou- en die Nuwe Testament, herken en verstaan moet word in terme van Jesus se opstanding. Jesus se opstanding is die enigste werklike voorbeeld tot ons beskikking - wat ‘n mens van ‘n opstanding (waar iemand uit die dood opgewek word en onsterflikheid bekom) sê, moet in lyn bly daarmee. Alle ander voorbeelde - hoewel behulpsaam - is beperk, omdat al die persone daarby betrokke, later as sterflike mense ontslaap het.  

Die voorbeeld van Jesus se opstanding

Die eerste en belangrikste punt is dat Jesus liggaamlik uit die graf opgewek is. Die dissipels het na die graf gegaan om Hom te soek, maar Hy het opgestaan. Sy opstanding is nie dieselfde gebeurtenis as Sy hemelvaart nie. Dit was ‘n fisiese, letterlike gebeurtenis ‘soos Hy gesê het’ (Matteus 28:6). Met ander woorde, toe Jesus voortydig van die opstanding gepraat het, het Hy na die letterlike betekenis van die term verwys, nie die geestelike sy daarvan, soos baie dit opneem nie.

Die enigste werklike vraag is: ‘... met hoedanige liggaam kom hulle?’ (1 Korintiërs 15:35). Is die opgewekte liggaam fisies of geestelik? Die antwoord is: BEIDE. Jesus het ‘n hemelse Vader en ‘n aardse moeder gehad, en Sy opgewekte liggaam was ‘n kombinasie van daardie ‘verhouding’. Hy kon tussen die geestelike dimensie (hemel), en die fisieke dimensie (aarde) kom en gaan, soos Hy wou. Sy Vader het aan Hom alle outoriteit in albei dimensies gegee, net soos Hy in Matteus 28:18 (NASB), gesê het.

18 ... All authority has been given Me in heaven and on earth.

18 ... Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

Dus kon Hy fisies vorm aanneem waar die dissipels aan Hom kon raak en die wonde van Sy kruisiging kon sien (Johannes 20:27). Jesus kon ook saam met die dissipels kos eet (Johannes 21:13; Lukas 24:43). Dan kon Hy weer net so vinnig verdwyn, deur Sy geestelike vorm aan te neem (Lukas 24:31). Die vraag of Jesus bloot ‘n gees was en of Hy fisiese eienskappe gehad het, word prontuit in Lukas 24:36-43 beantwoord.

36 And while they (apostles) were telling these things, He Himself stood in their midst. 37 But they were startled and frightened and thought that they were seeing a spirit. 38 And He said to them, Why are you troubled, and why do doubts arise in your hearts? 39 See My hands and My feet, that it is I Myself; touch Me, and see, for a spirit does not have flesh and bones, as you see that I have. 40 And when He had said this, He showed them His hands and His feet. 41 And while they still could not believe it for joy and were marveling, He said to them, Have you anything here to eat? 42 And they gave Him a piece of a broiled fish; 43 and He took it and ate it before them.

36 En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle! 37 Toe het hulle geskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien. 38 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle harte op? 39 Kyk na my hande en my voete, want dit is ek self. Voel aan my en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat ek het nie. 40 En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete. 41 En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet? 42 Daarop gee hulle Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek. 43 En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.

Jesus het uit Sy pad gegaan om aan hulle te bewys dat Hy nie ‘n gees is nie en dat Hy ‘vlees en bene’ het. Hy het Sy fisiese wonde, wat geen gees kan hê nie, aan die apostels gewys. Hy het boonop gevra vir iets te ete - geen gees kan fisies kos eet nie.

Meeste kommentators wys daarop dat Jesus niks gesê het daarvan dat Hy bloed het nie – Hy het net gepraat van ‘vlees en bene’. Hoewel dit waar is, is die groter waarheid wat dikwels misgekyk word, dat Hy opgestaan het met ‘n fisiese liggaam. Dit is Lukas se hooffokus in die paragraaf hierbo, want dit was die groot waarheid wat Jesus op daardie oomblik aan hulle openbaar het.

Jesus was egter nie gebind aan die fisiese wêreld deur Sy fisiese liggaam nie. Die wonder van die oomblik was dat Jesus, hoewel fisies, net so vrylik in die geestelike dimensie ook kon beweeg. Hy was nie beperk tot die geestelike- of fisiese dimensie nie. Hy het vrye toegang tot albei, want soos reeds verduidelik, het Hy outoriteit in beide die hemel en die aarde – die geestelike en die fisiese dimensies.

In Johannes 4:24 het Jesus aan die Samaritaanse vrou gesê

24 God is Spirit; and they that worship Him must worship Him in spirit and in truth.

24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Met ander woorde, die Vader (God) het Homself oor die algemeen beperk tot die geestelike dimensie. Net so is die mens beperk tot die fisiese dimensie, maar Jesus is die middelaar – die brug tussen hemel en aarde. Wat meer is, is dat Hy ons ‘opstandingsvoorbeeld’ is, sodat ons sal weet wat ons bestemming inhou. Jesus is ons voorloper – ons moet Sy voorbeeld volg.

Dus word Jesus nie beperk deur enige van die dimensies nie en Hy het outoriteit in beide. Hoewel ons nie veel weet van die aard van die opgewekte liggaam nie, maak die Bybel die noodsaaklikste feite baie duidelik, want die aard van Jesus se opgewekte liggaam is die patroon wat ons eie opgewekte liggame moet volg.

Twee priesterskappe van verskillende ordes

Die dubbele outoriteit in beide die hemel en op aarde waaroor opgewekte mense sal beskik, word ook in Esegiël 44 profeteer. In hierdie hoofstuk sien ons dat daar twee klasse ‘priesters’ op aarde sal wees na die eerste opstanding (van die oorwinnaars): die ‘afgodiese priesters’ wat in die Voorhof sal bedien en die ‘Seuns van Zadok’ wat outoriteit sal hê om voor God in die Allerheiligste (in gees) en voor die mense in die Voorhof (in vlees) te bedien.

In Esegiël 44:10-14 word ons vertel dat die ‘afgodiese priesters’ beperk sal wees tot die ‘Voorhof‘ in hul bediening aan mense.

10 And the Levites that are gone away far from Me, when Israel went astray, which went astray from me after their idols; they shall even bear their iniquity. 11 Yet they shall be ministers in My sanctuary, having charge of the house and ministering to the house; they shall slay the burnt offering and the sacrifice for the people, and they shall stand before them to minister unto them. 12 Because they ministered unto them before their idols, and caused the house of Israel to fall into iniquity; therefore have I lifted up Mine hand against them, saith the Lord God, and they shall bear their iniquity. 13 And they shall NOT come near unto Me to do the office of a priest unto Me, nor to come near to any of My holy things in the most holy place; but they shall bear their shame and their abominations which they have committed. 14 But I will make them keepers of the charge of the house, for all the service thereof and for all that shall be done therein.

10 Maar die Leviete wat ver van My afgewyk het by die afdwaling van Israel, wat van My af weggedwaal het agter hulle drekgode aan, hulle moet hul ongeregtigheid dra: 11 hulle moet dienaars wees in My heiligdom, as wagte by die poorte van die huis en bedienaars van die huis; hulle moet die brandoffer en die slagoffer vir die volk slag en voor hulle staan om hulle te dien. 12 Omdat hulle hul gedien het voor hulle drekgode en vir die huis van Israel ‘n struikelblok tot ongeregtigheid was, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef, spreek die Here HERE, sodat hulle hul ongeregtigheid moet dra. 13 En hulle mag nie nader kom na My toe om die priesteramp vir My te bedien nie en om nader te kom na al my heilige gawes, na die hoogheilige gawes nie; maar hulle moet hul skande dra en hul gruwels wat hulle bedryf het. 14 Dus sal Ek hulle aanstel om die diens van die huis waar te neem, vir die hele bediening daarvan en vir alles wat daarin gedoen moet word.

Terwyl dit voorkom of Esegiël praat van ‘n aardse tempel wat gebou word, kompleet met offers, moet dit in die sin van ‘n Nuwe Testament denkwyse verstaan word. God beplan nie om terug te val op die Ou Testamentiese offerstelsel, met Leviete en ‘n fisiese tempel nie. Jesus het reeds die offer/boete vir sonde ten volle betaal (Hebreërs 7:27).

In hierdie tempel, waarvan Esegiël ons vertel, sal die afgodiese priesters (Leviete) toegelaat word om aan die afgevaardigdes en die mense te bedien in die Voorhof. Mens sal dink dat afgodsdienaars ongelowiges is en dat God hulle toegang tot Sy tempel sal weier. Die feit dat God hulle steeds toelaat om aan mense in die Voorhof van Sy tempel te bedien, bewys dat hierdie priesters gelowiges is, met hartsafgodery. Hul prioriteite is foutief. Hulle het moontlik God se wette teen bedrog opsy geskuif, en geld uit hul gemeentes onttrek, as gevolg van hul liefde vir geld. Dalk het hulle die kerk liewer as vir God en is daarom bereid om hul verhouding met God prys te gee om sodoende hul posisie of lidmaadskap in die kerk te behou/bevorder.

Daar is vele maniere waarop gelowiges hartsafgodery toelaat. Hoewel hulle Christene is, vorm hulle nie deel van God se uitverkorenes - die Melgisedek Orde - nie. Die Bybel maak hier ‘n duidelike onderskeid tussen die twee groepe.

Hierdie afgodiese priesters (Leviete), word toegelaat om aan mense in die vleeslike liggaam (Voorhof) te bedien. Onthou dat ons tempels van God is: met ‘n Voorhof (liggaam), ‘n Heilige (siel/verstand) en Allerheiligste (gees). Esegiël vertel ons dat hierdie sterflike, gesuurde Christene toegelaat sal word om vir God te werk in daardie dae, maar hulle sal beperk wees tot die vleeslike liggaam. Hulle sal nie vir die eerste opstanding kwalifiseer nie en ook nie met die volheid van die Gees van God toegerus word nie. Ons sal later sien dat hulle vir die tweede algemene opstanding moet wag aan die einde van ‘Die Eeu’ - Openbaring 20. Dan sal hulle verander word en ‘n verheerlikte, geestelike liggaam soos die voorbeeld wat Jesus na Sy opstanding gehad het, ontvang.

Esegiël gaan verder en vertel van die ander priesters, die Seuns van Zadok (die Melgisedek Orde), wat wel toegelaat sal word om voor God in die Allerheiligste (geestelike dimensie – die hemel) te bedien en die mense in die Voorhof (fisieke dimensie – die aarde). Esegiël 44:15-19 sê voorts:

15 But the Levitical priests, the sons of Zadok, who kept charge of My sanctuary when the sons of Israel went astray from Me, shall come near to Me to minister to me; and they shall stand before Me to offer Me the fat and the blood, declares the Lord God. 16 They shall enter My sanctuary; they shall come near to My table to minister to Me and keep My charge. 17 And it shall be that when they enter at the gates of the inner court, they shall be clothed with linen garments; and wool shall not be on them while they are ministering in the gates of the inner court and in the house. 18 Linen turbans shall be on their heads, and linen undergarments shall be on their loins; they shall not gird themselves with anything which makes them sweat. 19 And when they go out into the outer court, into the outer court of the people, they shall PUT OFF their garments in which they have been ministering and lay them in the holy chambers; then they shall put on OTHER GARMENTS [woolen] that they may not transmit holiness [perfection and immortality] to the people with their [linen] garments.

15 Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van My heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor My aangesig staan om die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE. 16 Hulle moet in My heiligdom ingaan, en hulle moet na my tafel toe nader kom om My te dien en my diens waarneem. 17 En as hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan, moet hulle linne klere aantrek; maar wol mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en daar binnekant nie. 18 Linne-hoofversiersels moet op hulle hoof wees en linnebroeke moet aan hulle heupe wees; hulle mag hul nie gord met iets wat laat sweet nie. 19 En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere UITTREK waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ANDER KLERE aantrek, sodat hulle die volk nie heilig maak met hulle klere nie.

Esegiël verduidelik dat die ‘kinders van Sadok’ outoriteit sal hê om in die Allerheiligste van God (wat die geestelike dimensie verteenwoordig), sowel as die ‘buitenste’ Voorhof (wat die fisiese dimensie verteenwoordig), te bedien. Met ander woorde, hulle sal met dieselfde roeping en seën as wat Jesus na Sy opstanding gehad het, outoriteit hê om in beide die fisiese- en die geestelike dimensie te beweeg.

Dus sal hulle hul ‘linne’ klere (‘n geestelike liggaam wat nie sweet nie) aantrek om voor God in die geestelike dimensie te dien, maar sodra hulle na die fisiese dimensie beweeg sal hulle ‘wol’ klere (‘n fisiese liggaam wat wel sweet) aantrek. Wol kom van diere, linne kom van plante. Die wese van die saak is: toe Jesus skielik aan die apostels verskyn het in daardie kamer, het Hy bloot Sy ‘wol klere – vleeslike liggaam’ aangetrek. Toe Hy Sy wol klere aangehad het, het Hy vir hulle Sy hande en voete gewys en vis en heuning voor hulle geëet. Toe Hy klaar aan hulle in die ‘buitenste Voorhof’ bedien het, het Hy weer Sy ‘linne klere – geestelike liggaam’ aangetrek en so in die geestelike dimensie ingetreë en voor hulle oë verdwyn.

Met die eerste opstanding, sal die oorwinnaars wat opgewek word uit die dood, die Melgisedek Orde onder leierskap van Jesus wees. Jesus is die hoërpriester daarvan (Openbaring 20:6; Hebreërs 7:17). Hulle sal bedien aan God en mense in beide dimensies, hemel en aarde. In kontras is die afgodiese priesters, wie se hartsafgodery hulle diskwalifiseer het van die eerste opstanding. Nadat hulle bely het, sal God hulle toelaat om aan die mense op aarde te bedien, maar hulle sal dit met die beperkings van die vlees moet doen gedurende daardie duisend jaar - ‘Die Eeu’.

Soos ons duideliker sal sien in die volgende hoofstuk, sal die Christene wat nie kwalifiseer vir die eerste opstanding nie, wel opgewek word in die volgende opstanding na ‘n duisend jaar - ‘Die Eeu’. Intussen, gedurende ‘Die Eeu’, sal God hulle in ‘n meer beperkte hoedanigheid gebruik om die Woord van God aan al die nasies te verkondig (Jesaja 2:2,3).

Die Hebreeuse en Griekse opinies van materie en gees

Party glo dat die eerste opstanding bloot die lewe is wat ‘n Christen ontvang, sodra hy deur geloof geregverdig word. Met ander woorde, sodra ‘n mens in die regte verhouding tot God kom en van skuld vrygespreek word. Hulle bekragtig hierdie standpunt deur Skrifgedeeltes wat ons aanspoor om ‘daagliks te sterf’ en opgewek te word in die nuutheid van lewe. Hierdie standpunt poog om die liggaamlike opstanding van die dooies te ontken ten gunste van ‘n meer vergeestelikte uitkyk. Dit was ook die standpunt van die Sadduseërs (aristokratiese Joodse sekte), wat die opstanding geheel en al ontken het (Matteus 22:23; Handelinge 4:1,2).

‘n Variasie van hierdie standpunt leer dat die eerste opstanding geestelik is, maar die tweede fisies. Dus word die wederopstanding van die dooies nie werklik ontken nie, maar hulle verstaan ook nie dat daar twee liggaamlike opstandings in die toekoms voorlê nie. Ek glo, sodra die hele raaisel bekend gemaak word, soos later in hierdie boek verduidelik, dat dit aan die lig sal kom dat nie een van hierdie vergeestelikte sienings akuraat is nie. Op individueel, geestelike vlak, behoort ons wel ‘daagliks te sterf’ en daagliks met Christus op te staan, maar dit is net ‘n tipe skadu (metafoor) vir die opstanding self. Ons regverdigmaking is nie die opstanding self nie.

Die vergeesteliking van die opstanding het sy wortels in die Griekse wêreldsiening; Die gedagte van liggaamlike opstanding is gewortel in die Hebreeuse wêreldsiening. Ek glo dat ons die waarheid van die saak sal kan onderskei, wanneer ons na die begin terugkeer om die fondasies van bogenoemde standpunte te bestudeer.

Voor die skepping van die aarde, het God oor ‘n perfekte uitspansel regeer deur Sy soewereine mag. Omdat God Gees is (Johannes 4:24), was daar heel moontlik ‘n tyd toe die fisiese uitspansel nog nie bestaan het nie, ten minste nie in die huidige vorm soos ons dit ken nie. God was alles in alles op die geestelike vlak - alles was met Hom gevul en Hy het Homself openbaar op geestelike vlak. Toe doen Hy iets nuut. Hy het besluit om ‘n fisiese uitspansel te skep, spesifiek die aarde, om Sy mag op ‘n fisiese vlak te openbaar – ons ken dit as die ‘skepping’. Dit is nie uit niks geskape nie, Hy het dit uit Homself geskape. Die skepping het Sy fisiese openbaring of uitdrukking geword – dit was letterlik ‘hemel op aarde’.

Fisiese materie was nie bedoel as teenstelling van gees nie. Dit was bedoel om gees te openbaar op ‘n addisionele vlak bo en behalwe wat reeds in die ‘hemel’ bestaan. Dit was veronderstel om deur dieselfde geestelike wette as in die geestelike dimensie regeer te word, behalwe dat dit aangepas en toegepas moes word volgens die beperkings van die fisiese dimensie. Net so, deur die mens as morele wese te skape, is dieselfde geestelike wette aangepas vir die mens se bestaansvlak. Al God se wette is geestelik (Romeine 7:14), maar kan aangepas word vir ander dimensies soos Hy, in Sy alwetendheid, goed dink.

Dus is die mens as ‘n fisiese wese geskape, maar verordineer (wettig voorgeskryf) om ‘n geestelike wesenlikheid te openbaar. Die mens is in werklikheid ‘n openbaring van gees in ‘n fisiese dimensie – met ander woorde, materie is geestelik. Dit word deur Jesus se opgewekte liggaam bewys wat fisies, maar ook geestelik is. Geestelike vlees is nie ‘n weerspreking nie - dit is vlees, soos oorspronklik bedoel. Dit is die doel van alle materie wat geskape is en so sal dit weer wees wanneer God ‘alles in almal vervul’ (Efesiërs 1:23).  Ons sal ook die geestelike openbaar in ons opgewekte, verheerlikte liggame wanneer ons ‘vervul [kan] word tot die volheid van God.’ (Efesiërs 3:19).

Materie was nooit boos geskape nie. Nadat God alles geskape het, het Hy dit ‘baie goed’ verklaar (Genesis 1:31). Dit is hoe God die skepping sien, wat die fondasie van God se plan vir die aarde vasstel. Enige standpunt wat van hierdie fondasie afwyk, deur te leer dat materie wesenlik boos is, se leerstelling volg die Griekse perspektief, nie ‘n Bybels-Hebreeuse perspektief nie. Nadat die vroeë kerk deur vervolging verstrooi geraak het onder die Grieks sprekende kultuur en filosofieë, het dit nie lank geneem vir hulle om die Hebreeuse perspektief van die skepping te vergeet nie. Dit het baie kerk dogmas beïnvloed en is vandag nog met ons.

Die Griekse filosowe het geleer dat gees goed was en materie boos. Hulle leerstelling beweer dat die liggaam ‘n tronk is vir die ‘geestelike siel’ en dat die enigste manier om daarvan te ontsnap, die afsterwe van die vlees is, sodat die ‘geestelike siel’ vry kan wees. Hierdie neerhalende siening van  materie het veroorsaak dat leerstellings ontstaan wat aanvoer dat Christus, die Woord (Logos), NIE werklik as vlees en bloed gekom het nie, want hoe kan ‘n goeie God in aanraking kom met bose materie, maar onbesmet bly?

Gevolglik het Johannes hierdie leerstelling aangespreek in die eerste deel van sy evangelie en weer in sy briewe. Hy sê spesifiek ‘die Woord het vlees geword...’ (Johannes 1:14) en enige mens wat ontken dat Jesus Christus vlees geword het, ‘... is nie uit God nie; ... en dit is die gees van die Antichris ...’ (1 Johannes 4:3).

Met ander woorde, hierdie siening van materie en gees is die hoofrede vir die leuens en die hart van die verskil tussen die Griekse- en Hebreeuse gelowe. ‘n Mens se siening van die skepping aan die begin sal uiteindelik sy siening van die einde, die doel van die skepping en die doel van God se plan met die geskiedenis daarvan beïnvloed. Daar is ‘n spesifieke doel met die aarde se bestaan. Hoewel sonde die skepping binnegedring het, is dit nie ‘n wesenlike deel van materie nie en ook nie ewig nie. Dit is ‘n tydelike kondisie, wat deur die werk van Jesus Christus teëgegaan word. Die doel van die geskiedenis is om alle sonde en dood met wortel en tak uit te roei (1 Korintiërs 15:26) en dit met God te vervang, tot Hy uiteindelik ‘... alles in almal kan wees.’ (1 Korintiërs 15:28).

Die aarde is nie bestem om vernietig of verbrand te word deur vuur, soos sommige leerstellings aanvoer, nie. Dit is bestem om met die heerlikheid van God gevul te word, wat Homself openbaar as VUUR, soos Israel in die wildernis gesien het (Deuteronomium 4:12). Die aarde is bestem om gesuiwer en gelouter te word deur hierdie vuur van Goddelike teenwoordigheid. Waarom? Want God het ‘n doel vir die skepping en sal nie daarvan afwyk tot Hy daarin slaag en dit bereik is nie. God misluk nie en geen deel van Sy Plan het misluk nie.

Die doel van God was nog altyd om Homself te openbaar in die fisiese skepping, sodat Hy verheerlik kan word, nie net in die geestelike dimensie (hemel) nie, maar ook in die fisiese dimensie (materie). Die doel is vir God se Koninkryk om op die aarde stelling in te neem en vir Sy wil om te geskied ‘... soos in die hemel net so ook op die aarde;’ (Matteus 6:10). Die crescendo van hierdie doel is vir God om Homself in die mens te manifesteer, wat uit grond geskape is, wie se naam ‘Adam’ – aards – grond – materie, beteken.  

Die mens is ‘n mikrokosmos van die aarde self, ‘n wêreld in die kleine. God het ten doel om Homself in die mens te manifesteer, maar ook oor die algemeen in die wêreld. Dit is die rede waarom Hy Sy ‘... Gees [sal] uitgiet op alle vlees, ...’ (Joël 2:28). Dit is die begin van die openbaring van God op die aarde in materie. Die uiteindelike doel van die opstanding is om ‘n ‘liggaam’ voor te berei wat geskik is vir die volheid van God om in te manifesteer.

As ons vanuit die standpunt dat alles ‘baie goed’ geskape is kyk, dat sonde en dood die skepping net tydelik binnegedring het, het ons ‘n behoorlike fondasie van waarheid gelê, vanwaar ons God se algehele Plan kan begin verstaan. Hierdie plan is om alles te restoureer of herstel – om alle dinge onder die leierskap van Jesus Christus te plaas en nie terug te trek en die grootste deel van die skepping vir die duiwel te los nie. Die plan is om dooies op te wek in ‘n volmaak restoureerde liggaam (volgens die voorbeeld van Jesus Christus se opgewekte liggaam), nie om die fisiese dimensie te verlaat en suiwer geestelik in die hemel te bestaan nie.

Die Grieke het geleer dat die aarde ‘n wegspringplek na die hemel is; In die Hebreeuse leerstelling daarenteen, is die hemel ‘n wegspringplek na die aarde– die droom is dus nie om van materie te ontsnap en in geesvorm na die hemel te gaan nie, dit is eerder dat God materie geskape het om Homself in hierdie dimensie op fisiese vlak te openbaar. Die hemel gaan dus aarde toe kom in wat bekend staan as God se Koninkryk of die Koninkryk van die Hemel, ‘... en ons sal as konings op die aarde heers.’ (Openbaring 5:10).

Kom ons keer terug na die onderwerp wat handel oor die gene wat die opstanding vergees of herdefinieer om óf ‘n Christen te word óf hemel toe te gaan wanneer ons sterf. Hoewel daar beslis ‘n geestelike toepassing betrokke is by die konsep van opstanding, mag ons dit nie herdefinieer nie. Deur geloof in Christus, word ons erfgename van die lewe, maar dit is nie die opstanding self nie; dit is bloot ‘n geestelike toepassing van die konsep van die opstanding in ons lewens vandag. Paulus praat van die doop as ‘n simboliese dood-tot-lewe ondervinding: ‘... begrawe deur die doop in die dood ... in ‘n nuwe lewe ...’ (Romeine 4:6), maar dit het Paulus nie gekeer om ook van ‘n toekomstige fisiese opstanding, soortgelyk aan dié van Jesus, te praat nie (1 Korintiërs 15 en 2 Timoteus 2:18). Dit behoort teen hierdie tyd vanselfsprekend te wees, daarom spandeer ons nie verder tyd hieraan nie.

Die beloftes ontvang met die opstanding

Ons wil nie hier betrokke raak in ‘n debat oor die staat waarin afgestorwenes verkeer - of hulle nou in die hemel, onder die grond of in limbus verkeer nie. Hierdie onderwerp word bespreek in die boek The Judgements of the Divine Law. So ver die dogma van die opstanding betref, maak dit nie saak waar hulle is en of hulle bewus is of nie, net solank ons verstaan dat hulle nog nie in die toestand verkeer waarvoor hulle oorspronklik geskape was nie.

As hulle byvoorbeeld onder die grond ‘slaap’, soos baie glo, moet hulle eers opgewek word in die nuwe tipe geestelike ‘vlees’ om hul prys te ontvang. Indien hulle egter na hul afsterwe in ‘n geestelike toestand in die hemel ‘saam met die Here’ is, soos baie ander glo, moet hulle steeds na die aarde terugkeer vir ‘n nuwe tipe geestelike ‘vlees’, want hul erflating behels outoriteit in beide die hemel en op aarde.

Hoe dit ookal sy, ons moet versigtig wees om nie die opstandingsdogma te ondermyn deur te sê dat afgestorwe gelowiges reeds in hul finale geseënde toestand verkeer nie. So ‘n konsep maak van die opstanding  ‘n agteruitgang, eerder as ‘n seën. Ons moet duidelik verstaan: vir enige mens om die volledig geseënde toestand te ontvang, soos aan die begin belowe, moet ‘n mens daartoe in staat wees om die volle teenwoordigheid van God te openbaar in ‘n verheerlikte, fisiese- en geestelike liggaam.

Die nodigheid vir ‘n opstanding word in Hebreërs 11:13,39 en 40 verduidelik, wanneer ons herhinner word aan mense wat in geloof geleef en gesterf het in vergange eeue. Ons lees van hulle:

13 All these died in faith, without receiving the promises ... 39 And all these, having gained approval through their faith, did not receive what was promised, 40 because God had provided something better for us, so that apart from us they should not be made perfect.

13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry ... 39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, 40 omdat God iets beter oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.

Wat hier van belang is, is dat hierdie afgestorwenes, afgesien van waar hulle hulself tans bevind, nog nie vervolmaak is nie. Die werklike belofte, wat die hele doel van die skepping noodsaak, is dat die mens die heerlikheid van God deur middel van geestelike ‘vlees’ (soos ek reeds verduidelik het), sal vertoon. Dit kan nie gedoen word deur ‘n suiwer geestelike bestaan in die hemel nie – dit verg dieselfde tipe liggaam wat Jesus gehad het ná Sy opstanding.

Baie preek natuurlik dat hierdie Ou Testamentiese heiliges in die doderyk gebly het, tot Jesus hulle saam met Hom na die hemel geneem het en hulle op daardie oomblik die belofte van volmaaktheid ontvang het. Dit is buite ons veld om die moontlikheid dat hulle wel saam met Jesus na die hemel gegaan het te bespreek, maar indien wel, is dit baie duidelik dat hulle tot op hede nog NIE die belofte ontvang het nie – daar is meer wat hulle nog moet ontvang. Boonop moet hulle eers vir ons wag, hulle kan nie die belofte ontvang sonder ons nie. Openbaring 22:12 sê:

12 Behold, I am coming quickly, and My reward is with Me, to render to every man according as what he has done.

12 En kyk, Ek kom gou, en My loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

Dit is ‘n verwysing na Jesaja 40:10 wat sê:

10 Behold, the Lord God will come with might, with His arm ruling for Him; Behold, His reward is with Him, and His recompense before Him.

10 Kyk, die Here HERE sal kom as ‘n sterke, en Sy arm sal heers; kyk, Sy loon is by Hom, en Sy beloning is voor Sy aangesig.

Maak nie saak wat die toestand van die dooies is nie, of die Ou Testamentiese heiliges nou saam met Jesus opgevaar het hemel toe, of nie – een ding is duidelik: Hulle kan nie sonder ons vervolmaak word nie. Hierdie verheerliking moet wag tot die dag wanneer die volle verenigde liggaam kans gehad het om gebore te word en kwalifiseer vir die belofte. God is besig met ‘n verenigingstaak, en mense word nie een op ‘n slag vervolmaak, die oomblik wanneer hulle tot sterwe kom nie.

Dit beteken dus, dat ons ook nie die belofte sal ontvang voor die wat in die verlede geleef en gesterf het nie. Paulus sê in 1 Tessalonisense 4:15

15 For this we say to you by the word of the Lord, that we who are alive, and remain until the coming [parousia] of the Lord shall not precede those who have fallen asleep.

15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

Met ander woorde, ons sal nie vervolmaak word, sonder dat hulle ook teenwoordig is nie. Dit is die doel van die opstanding – om die dooies op te wek, sodat hulle saam met die lewendes die belofte kan ontvang - gelyktydig.

Dit word goed uitgebeeld deur die verhaal van Israel in die wildernis onder leiding van Moses. Kaleb en Joshua wou die Jordaan oorsteek tot in die Beloofde Land, maar omdat die res nie geglo het nie, is almal vir 40 jaar terug gehou. Nie eens Kaleb en Joshua kan die belofte op hul eie ontvang nie, hulle is terug gehou tot die generasie wat dit moes ontvang gereed was en toe het hulle almal saam die Jordaan oorgesteek.

Die kerk is tans op dieselfde manier vir 40 jubeljare in die wildernis, sedert Pinkster. Omdat dit ‘n groter vervulling is, wat ‘n langer tydperk meebring, moes die Kalebs en Joshuas van hierdie era intussen ontslaap. Die belofte is egter dat hulle lewend sal wees om die ‘Jordaan’ oor te steek in die ‘Beloofde Land’ in. Dit is die rede waarom al die oorwinnaars eers uit die dood opgewek sal word, want hulle het dieselfde belofte as Kaleb en Joshua. Hulle moet uit die dood opgewek word om die belofte op dieselfde tydstip te ontvang as die eindtyd-oorwinnaars.

Die gene wat die opstanding totaal ontken

‘n Uiterste vergeestelike siening van vandag ontken ‘n fisiese opstanding HEELTEMAL, met die enigste moontlike uitsondering, Jesus se opstanding. Hulle glo dat mens eenvoudig hemel toe gaan sodra jy sterf, en dan die volle belofte van die Woord ontvang – dat mens dan die hoogste moontlike staat van saligheid ooit bereik. Hierdie standpunt vernietig die nodigheid vir ‘n opstanding heeltemal. Volgens hulle is die doel van die mensdom om hul fisiese liggaam af te skud in ruil vir ‘n suiwer geestelike een - om terug te keer na ‘n fisiese liggaam sal agteruitgang beteken.

Die Sadduseërs van Jesus se dae het ‘n soortgelyke siening gehad. Matteus 22:23 sê

23 On that day some Sadducees (who say there is no resurrection) came to Him and questioned Him

23 DIESELFDE dag kom daar na Hom Sadduseërs, hulle wat sê dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom

Hierdie vers word herhaal in Markus 12:18 en Lukas 12:27. Die Sadduseërs was nie ateïste wat geglo het dat die mens se bestaan vir ewig eindig wanneer hy sterf nie. Hulle was ‘n godsdienstige groep wat die Griekse siening, naamlik onsterflikheid van die gees, verkondig het. Hulle het geglo dat die dooies direk hemel toe gaan en daardeur is die noodsaaklikheid vir ‘n opstanding elimineer.

Paulus het dit nodig gevind om met hierdie saak af te reken in 1 Korintiërs 15, daarom word die hele hoofstuk daaraan bestee. Paulus was ‘n Fariseër (lid van ‘n streng Joodse sekte wat veral die uiterlike vorme onderhou het) voor sy bekering, daarom is dit waarskynlik dat hy in sy jonger dae met die Sadduseërs oor hierdie vraag debateer het. Op ‘n manier is die kerk in Korinthe aan die Sadduseërs se leerstelling blootgestel en Paulus het besef dat dit die basiese beginsels van die Christen geloof bedreig. Eers herhinner hy die gemeente dat Christus fisies uit die dood opgestaan het, met ooggetuies om die feit te bevestig. Dan sê hy in 1 Korintiërs 15:12-19,

12 Now if Christ is preached, that He has been raised from the dead, how do some among you say that there is no resurrection of the dead? 13 But if there is no resurrection of the dead, not even Christ has been raised; 14 and if Christ has not been raised, then is our preaching vain, your faith also is vain ... 17 And if Christ has not been raised, your faith is worthless; you are still in your sins. 18 Then those also who have fallen asleep in Christ have perished. 19 If we have hoped in Christ in this life only, we are of all men most to be pitied.

12 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie? 13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie. 14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof; ... 17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; 18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore. 19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.

Paulus maak seker dat ons verstaan dat die opstanding van Christus, die voorbeeld vir ons eie opstanding is. Die enigste rede waarom ons ook opgewek sal word, is omdat Christus - die voorbeeld Seun - opgewek is.

Paulus se argument ontbloot die inherente teenstelling van die Sadduseërs se leerstelling. As daar nie ‘n opstanding is nie en mense gaan bloot hemel toe wanneer hulle sterf, dan was Jesus nie opgewek nie. As Jesus nie opgewek is nie, is ons nog in sonde, want Hy is opgewek ‘... ter wille van ons regverdigmaking.’ (Romeine 4:25). Die enigste manier waarop ons dus die belofte van God kan bekom, is as gevolg van Jesus se opstanding en dan is dit die voorbeeld vir ons eie opstanding ook. Dit was Paulus se logika.

Meeste hedendaagse Christene skaar hulle nie by die Sadduseërs se siening, wat die opstanding van die dooies ontken, nie. Daar is egter vandag leraars wat hulself Christene noem, maar wel die opstanding teenstaan. Net soos die Sadduseërs, begryp hulle nie die erns van ‘die verlossing van ons liggaam.’ nie (Romeine 8:23). Paulus noem dit die ‘hoop’ van ‘n Christen (Romeine 8:24), sonder hierdie ‘hoop’ eindig alles met die dood en dan is ons, van alle mense, die ellendigste (1 Korintiërs 15:19).

Meeste Christene deel natuurlik, soos ons reeds gesê het, nie hierdie uitermatige standpunt nie, maar ongelukkig is die sade van die Sadduseërs se siening gesaai, die oomblik toe hulle die eerste opstanding vergeestelik het. Dit het gebeur deur die opstanding te herdefinieer in terme van regverdigmaking deur geloof. Na hierdie vergeesteliking was dit maklik om die liggaamlike opstanding van die dooies heeltemal te ontken.

Die Skrif leer ons dat ons uit die dood in die lewe inbeweeg deur geloof, hoewel die woord ‘opstanding’ (Grieks: anastasis) nooit gebruik word om die proses waardeur ‘n mens ‘n Christen word, te beskryf nie. Elke paragraaf, waar die woord gebruik word, beskryf duidelik die opstanding as ‘n fisiese proses, waar die dooies opstaan om op die aarde te staan.

Job het sy standpunt ook baie duidelik gestel: Hy sê dat hoewel die wurms uiteindelik sy liggaam gaan vernietig, ‘... sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;‘ (Job 19:26). Daniël verduidelik ook die opstanding in terme daarvan om fisies wakker te word uit ‘n dood in die grond. Die Rotherham’s Emphasized Bible sê in Daniël 12:2

2 And many of the sleepers in the ground will awake – these shall be to age-abiding life, but those to reproach and age-abiding abhorrence.

2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid vir ewig afgryslik.

Jesus het Daniël se woorde aangehaal soos geskryf staan in Johannes 5:28,29. Daardeur bevestig Hy Daniël se siening. Hy het gesê

28 Do not marvel at this; for an hour is coming, in which all who are in the tombs shall hear His voice, 29 and shall come forth; those who did the good deeds to a resurrecton of life, those who committed the evil deeds to a resurrection of judgment.

28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

Aangesien geeste nie uit die grond of uit grafte wakker word nie, kan die opstanding nie vergeestelik word sonder om die vanselfsprekende betekenis van die woord te verdraai nie.

Het die opstanding reeds plaasgevind?

Die Apostel Paulus veroordeel sekere leeraars van sy tyd wat verkondig het dat die opstanding reeds plaasgevind het. 2 Timoteus 2:17,18 sê

17 And their talk will spread like gangrene. Among them are Hymenaeus and Philetus, 18 men who have gone astray from the truth, saying that the resurrection has already taken place, and thus they  upset the faith of some.

17 en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himeneus en Filetus is 18 wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.

Wat was hierdie mans se leerstelling? Hoe het dit van Paulus se leerstelling verskil? Die eerste vraag wat ons moet antwoord is: Na watter opstanding verwys Paulus hier?

As Himeneus en Filetus mense geleer het dat Jesus se opstanding reeds plaasgevind het, sou Paulus saam met hulle gestem het – dit is vanselfsprekend. So, as die probleem nie was dat hulle aangevoer het dat Jesus reeds opgestaan het nie, was daar ‘n ander probleem.

Dit was ook nogal alombekend dat die algemene (tweede) opstanding nog nie plaasgevind het nie, aangesien al die dooies, groot en klein, voor God sal staan die dag as dit gebeur. Himeneus en Filetus het self op daardie stadium nog nie voor God gestaan nie, dus is dit onwaarskynlik dat hulle sou verkondig dat die algemene opstanding reeds plaasgevind het. Indien wel, sou hulle bra onnosel gelyk het en Paulus sou nie nodig gehad het om hul leerstelling te kritiseer nie, want byna niemand sou dit geglo het nie.

Dit was ook onwaarskynlik dat hulle die dogma van die Sadduseërs aangehang het, want hulle het nie die opstanding ontken en verkondig dat mens eenvoudig hemel toe gaan wanneer jy sterf nie. Volgens Paulus se verduideliking, het hierdie twee leeraars in die opstanding geglo, maar verkondig dat ‘n opstanding van gelowiges reeds plaasgevind het.

Die enigste moontlike verduideliking is dat die twee leraars aan mense vertel het dat die eerste opstanding reeds plaasgevind het. Indien wel, is dit byna seker dat hulle die beperkte opstanding in Matteus 27:50-54 as die eerste opstanding verkondig het en dat dit om en by dieselfde tyd as Jesus se kruisiging plaasgevind het. Die gedeelte lees as volg:

50 And Jesus cried out again with a loud voice, and yielded up His spirit. 51 And behold, the veil of the Temple was torn in two from top to bottom, and the earth shook; and the rocks were split, 52 And the tombs were opened; and many bodies of the saints who had fallen asleep were raised; 53 and coming out of the tombs after His resurrection they entered the holy city and appeared to many. 54 Now the centurion, and those who were with him keeping guard over Jesus, when they saw the earthquake and the things that were happening, became very frightened and said, Truly this was the Son of God!

50 Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee. 51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; 52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. 53 En na sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. 54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aarbewing sien en die dinge wat daar gebeur; het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.

Matteus is die enigste een wat hierdie gebeurtenis aangeteken het. Daar word baie min detail weergegee wat ons met baie onbeantwoorde vrae laat. Eerstens is dit moeilik om te sê of hierdie gebeure tydens Jesus se kruisiging of die opstanding plaasgevind het. Dit kom voor of Matteus dit plaas in dieselfde oomblik as Jesus se dood aan die kruis, toe die voorhangsel in twee geskeur het, maar dan sê hy dat hulle ná Sy opstanding uit die grafte gegaan het.

Matteus 28:2 vertel verder dat daar ‘n aarbewing plaasgevind het toe Jesus opgestaan het. Matteus is die enigste evangelieskrywer wat melding maak van ‘n aardbewing op die oomblik van Jesus se dood en dit met die skeur van die voorhangsel in die tempel verbind.

Dit is moeilik om te visualiseer dat dooie mense opgewek word op die oomblik van Jesus se dood – dit voel buite verband. Mens sal dink hulle sal eerder op die oomblik van Sy opstanding opgewek word.

Nog ‘n onbeantwoorde vraag is, of hierdie opgewekte heiliges verheerlik was en of hulle sterflik opgewek is op dieselfde manier as Lasarus. Lasarus is later oorlede, sy graf is in die suide van Frankryk, waar hy vir baie jare as sendeling gewerk het.

Dit is alles baie verwarrend, maar ons moenie te ver van die oorspronklike vraag afdwaal nie. Ons ondersoek die moontlikheid dat Himeneus en Filetus hierdie paragraaf in Matteus gebruik het om te leer dat die eerste opstanding reeds plaasgevind het. Ons kan nie doodseker wees nie, maar ek sien geen ander moontlikheid nie.

Indien dit wel die geval was dat hulle Matteus as bewys gebruik het, het Paulus hul leerstelling teëgegaan en dit baie duidelik gemaak dat dit NIE die eerste opstanding was nie. Met ander woorde, die eerste opstanding van Openbaring 20:4-6 was nog in die toekoms en het nog nie plaasgevind, toe Paulus Himeneus en Filetus aangespreek het nie.

Daar is ook deesdae leraars wat beweer dat die eerste opstanding in 70 AD plaasgevind het, toe Jerusalem verwoes is. Die Jehovah Getuies sê die opstanding het in 1914 AD plaasgevind, toe dit voorgekom het of die wêreld in beproewing/verdrukking gaan met Wêreld Oorlog 1, maar toe daar geen sigbare teken van die tweede koms van Christus was nie, het hulle die vervulling daarvan vergeestelik, eerder as om stelling in te neem saam met ander verwarde profete van die verlede.

Die probleem is dat, geen mens ‘n opgewekte heilige kan uitwys en sê: ‘Kyk, daardie mens het honderd jaar terug gesterf, maar hier is hy nou lewend, onsterflik en regverdig nie. Kom ons verkies hom as president, sodat hy kan oordeel en regeer op aarde, soos die Skrif sê!’

As die opstanding reeds plaasgevind het, waar is hulle? Waarom is hulle nie in beheer nie? Waarom het hulle Satan nog nie ‘gebind’ nie (Openbaring 20:2)? Waarom word ware reg en regverdigheid nog nie in die wêreld toegepas, volgens die Wet van God nie? Waarom floreer bose mense nog?

Weer is die enigste verduideliking wat mens kry, dat ‘hulle’ op ‘n manier opgewek is wat mens nie kon sien nie - dus geestelik. Daar word van ons verwag om dit met die ‘oog van geloof’ te sien, want alles het in die geheim gebeur en al hierdie heiliges is in die hemel met min of geen invloed op die bestuur van regerings op aarde nie.

Al die bogenoemde sienings herdifinieer die opstanding in terme van ‘n verhuising na die hemel in een of ander geestelike vorm, eerder as volgens die voorbeeld van Jesus se opstandingsliggaam. Wanneer mense aanvoer dat die opstanding reeds plaasgevind het, maar nie opgewekte heiliges kan uitwys om hul bewering te staaf nie, het hulle die opstanding herdefinieer en die Paganisties-Griekse siening van die opstanding aangeneem. Hulle voer aan dat dooies wat opgewek word, in ‘n geestelike toestand verkeer, heeltemal sonder vlees (materie). Al hierdie leerstellings vernietig die evangelie van die opstanding.

Dus is enige leerstelling wat verkondig dat die opstanding reeds plaasgevind het, of dit kwansuis in Matteus 27, 70 AD of 1914 AD was, bloot ‘n uitbreiding van die dogma van Himeneus en Filetus. Wees versigtig om nie tussen dié mense te beland wie se geloof ‘omgekeer’ word nie (2 Timoteus 2:18).

Met hierdie agtergrond van die opstanding self en die doel daarvan in die skepping, beweeg ons nou aan om die waarneembare verskille tussen die eerste- en algemene opstandings te verduidelik.