You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.
Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.
Die goddelike wet erken twee soorte huweliksverhoudings. Dit word die beste geïllustreer deur Hagar en Sara, wat Abraham se vrouens was. Die apostel Paulus stel hierdie twee vroue uiteen in Gal. 4, en sê dat hulle die twee (huwelik) verbonde verteenwoordig. Hierdie boek is ongetwyfeld die eerste van sy soort deurdat dit baie tradisionele sienings oor die huwelik uitdaag en die ideale huwelik uiteensit om op die Nuwe Verbond gebaseer te wees.
Category - Short Book
Die liefde is wat betekenis aan die lewe gee. Sonder liefde, is die lewe net ‘n maraton, ‘n toets van uithouvermoë. ‘n Ongeliefde vrou-soos Jakob se vrou, Lea, sal altyd daarvoor boet, en haar kinders sal ook getraumatiseer wees. Waar Hagar die primêre patroon van die Ou Verbond is, is Lea ‘n sterk sekondêre patroon. Jakob het met beide Lea en Ragel getrou. Lea was eerste, Ragel was laaste, maar Jakob het nie Lea so lief gehad soos vir Ragel nie. Jakob was bedrieg om met Lea te trou. So sien ons dat Lea net ‘n pion in haar vader se spel was.
Ons leer van Lea dat die kinders van die Ou Verbond baie meer is as die kinders van die Nuwe Verbond [Ragel]. Lea het ses kinders gehad, terwyl Ragel net twee in die lewe gebring het, en selfs hulle was heel laaste gebore. Jakob se disfunksionele kinders van Lea het Ragel se seun as ‘n slaaf aan Egipte verkoop. Dit beeld beide die patroon van slawerny en die Egipte faktor uit, soos met Hagar gesien, die Egiptenaar, wat met haar kinders in slawerny verkeer.
‘n Nuwe Verbond- huwelik berus op liefde. Selfs as ons nie ons huwelik so begin, met die vermoë om Agape liefde in die skoonste vorm daarvan voort te bring nie, moet ons daardie kuns ontwikkel soos die Here ons lei. Eindelik leer God ons nie net om deur ons optrede en werke lief te hê nie, maar om liefde te word, selfs soos die Here liefde is. 1 John 4:18 sê
“Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde dryf vrees weg, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.”
Daar is verskillende vlakke van liefde soos in die Nuwe Testament uitgebeeld. Die Griekse woord, Phileo, beskryf broederlike liefde, en dit is hoekom Philadelphia beteken “die stad van broederliefde”. Dit is ‘n goeie tipe liefde, maar is nie die hoogste vorm daarvan nie. Die Griekse woord, Agape, is die liefde van God, en dit is die woord gebruik in 1 John 4:18.
Kinders moet eers Phileo liefde van hul ouers leer, omdat dit al is waartoe hulle in staat is en wat hul kan manifesteer terwyl hulle nog onvolwasse is. Phileo liefde is regterlike liefde. Ouers spandeer baie tyd om regter te speel in onderonsies tussen hul kinders om hulle Phileo liefde te leer. As hulle ongehoorsaam was, dan word hulle gestraf, wat altyd ‘n sekere mate van vrees wek. Dit is hoekom Phileo liefde nie volmaakte liefde is nie. Phileo behels steeds die vrees faktoor.
Spreuke 1: 7 sê “Die vrees van die Here is die begin van die kennis.” Vrees in moderasie is nodig vir dissipline, omdat kinders moet leer om die regte van ander te respekteer. Maar eindelik moet vrees met liefde vervang word anders sal dit skadelik vir toekomstige verhoudings wees. As hulle in die Phileo liefde bly vir die res van hul lewe, kan hulle dalk in hul onderbewussyn steeds deur vrees gebind wees. Hulle word dan wetties en dring op hul regte aan. Wanneer sulke mense godsdienste formuleer- of wat hulle interpretasie van godsdiens is stig-, maak hulle gewoonlik wraak ‘n sentrale punt en godsdienstige plig. Dit word duidelik gesien in die afgelope jare se wraakgierige ‘soek-al-ons-regte-geen-kompromieë-nie’ siklus tussen die Israeliete en Palestyne.
Hierdie regterlike liefde in Phileo is die basis van die Ou Verbond, waar die wet gebruik word om mens die basiese verskil tussen reg en verkeerd te leer en waar die Bybelse rigters moet besluit oor die uitkoms en vonnisse strek om sondes teen en onder naastes te korrigeer. Dit is die liefde van on-volwassenes.
‘n Volwasse liefde is Agape. Dit is die tipe liefde wat voorgestaan word in die Nuwe Verbond. Dit strek verby regterlike liefde, maar behou die kennis van Phileo liefde. Dit is nodig om die basiese standaarde van reg en verkeerd te ken om ‘n behoorlike fondasie vir Agape liefde te kan lê. As kinders begin volwasse raak, moet hulle leer om verby hul eie regte te kyk. Hulle begin vriendelikheid, genade en vergifnis wys teenoor die wat aan hulle Phileo liefde betoon, soos Jesus vriendelikheid, genade en vergifnis betoon het toe Hy aan die kruis vasgespyker was.
Net soos Phileo liefde voorwaardelik is, so is Agape onvoorwaardelik.
Phileo liefde is die imperfekte liefde van die onvolwasse. Agape is die perfekte liefde van die volwasse. Maar jy kan nie Agape liefde manifesteer sonder om eers Phileo liefde te leer nie, want dis onmoontlik om te beaam dat jy onvoorwaardelik lief het as jy ongeregtigheid heeltyd onthou en vervolg wat aan jou gedoen is. In beide Phileo en Agape liefde, is die goddelike Wet relevant, maar dit word op verskillende vlakke toegepas. In Phileo liefde dring ‘n mens op al sy regte aan; in Agape is ‘n mens gewillig om sy regte op te offer vir ‘n hoër doel. Maar sonder die Wet, sou daar nie regte wees om te hou of op te offer nie.
Dus, ‘n mens wat perfek is in Phileo liefde sal nooit onreg aan ‘n ander mens doen nie, maar sal ook nie ‘n ander toelaat om onregverdig teenoor hom op te tree nie. In kontras, ‘n mens perfek in Agape liefde, sal nooit sondig teen ‘n ander persoon nie, maar hy is gewillig, as dit nodig is vir die goeie van ‘n ander, om sy regte op te gee vir daardie onvolwasse persone.
So lees ons wat die apostel Paulus vir ons sê in Rom. 5:7, 8,
“’n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ‘n regverdige nie. Ja tog, vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin, dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
Paulus definieer daarna ‘ons’ as God se ‘vyande.’ Hy het vir ons gesterf toe ons nog Sy vyande was.
Dit is maklik om vir ‘n goeie man te sterf. Alle godsdienste staan hierop. Baie Muslims sou vir Mohammed sterf. Baie Jode sou hul lewe vir Moses aflê. Baie Christene sou dood gemaak word terwille van Jesus. Maar hoe baie sou bereid wees om te sterf vir ‘n vyand? Dit is die liefde van God soos deur die Nuwe Verbond gestipuleer. Sulke liefde is nie gereken as ‘n deugde in Islam of Judaïsme nie, want hulle het niemand se voorbeeld om na te volg soos ons het nie. Sulke liefde was nie deur Moses of Mohammed gemanifesteer nie, al sou mens kon stry dat Moses sy lewe op ‘n punt wou opgee vir die sondige nasie [Ex. 32:32]. In sy intersessie op die berg was Moses ‘n tipe Christus [Heb. 7:25], maar God het nie van Moses verwag om te sterf vir die mense nie.
Wie maak die besluite in die familie? Dit is een van die primêre punte wat ‘n Ou Verbond- huwelik van ‘n Nuwe Verbond- huwelik skei. Bespreek ‘n man iets met sy vrou [of anders om] voor ‘n besluit geneem word wat die ander een affekteer? Maak haar opinie regtig saak, of word sy net gevra om haar ‘n illusie van waarde te gee?
Meeste huwelike manifesteer nie ‘n duidelike Hagar of Sara nie, maar daar is verskeie mengsels van die twee. Terwyl daar party mans is wat nooit hul vroue se opinie sal vra nie, selfs in huishoudelike opsigte, sal meeste mans vandag hul vroue darem tot ‘n mate by besluite betrek. Meer relevant vandag is hoe enige verskil van mening opgelos word. As hulle nie saam stem nie, wie se opinie sal seëvier?
Ons het alreeds gesien dat toe God Eva geskei het van Adam, Hy vir haar die El Shaddai porsie van Sy beeld gegee het. Vir die man het Hy die Yahweh porsie van Sy beeld gegee. Omdat elkeen ‘n porsie van die goddelike natuur perfek gereflekteer het, was dit nie nodig dat een oor die ander een ‘aangestel’ moet wees of in outoriteit oor die ander een moes wees nie.
Dit sou baie simpel wees om te vra of Yahweh ooit met El Shaddai sou verskil of El Shaddai sou oorheers. God is nie dubbelsinnig of besluiteloos nie. God het dalk meer as een kant aan Sy persoonlikheid, maar die twee helftes van Sy brein is altyd in totale eenheid in enige besluit wat Hy neem. Die ideal vir huwelik op aarde is die selfde, behalwe dat God se manlike en vroulike persoonlikhede in twee verskillende persone bly, eerder as net een.
Die doel van huwelik is eenheid. Die pad na eenheid is liefde. Goddelike eenheid beteken nie die vrou moet altyd met alles saamstem wat haar man vir haar vertel om te doen nie-soos wat ons kan verwag van ‘n slavin vrou wat gelukkig is met daardie rang in die lewe nie. Ware eenheid is om een van denke en hart te wees. In ‘n Bybelse konteks, is ware eenheid wanneer beide man en vrou God se stem hoor en die stem vir hulle die selfde ding sê-of dalk verskillende dinge wat harmoniseer en die selfde uiteinde tot gevolg het.
Ware eenheid het meer te doen om saam te stem as om die een persoon in outoriteit oor die ander te hê. Om in ooreenstemming te kom kan nie bekom word behalwe as al twee partye van God kan hoor nie- anders kan AL TWEE verkeerd wees, maar saamstem dat hulle ‘reg’ is.
As God vir die man ‘n woord gee wat die hele gesin affekteer, moet hy dit met sy vrou deel sodat sy self die wil van God mag soek. As sy bevestiging kry, dan weet hulle dat hulle van beide Yahweh en El Shaddai gehoor het. Met so ‘n dubbel getuie, mag hulle op die woord reageer en dit uitvoer.
Maar stel nou voor God praat met die man, en vertel hom om die gesin na ‘n ander land te laat trek? As hy dadelik gehoorsaam en sy vrou vertel om te begin pak, sou hy haar as ‘n slavin behandel eerder as ‘n vrygeborene. Hy kan protesteer deur te sê, “God het vir my gesê ons moet trek!” Maar God het nooit bedoel dat hy so moes gehoorsaam nie. As hy so maak, is sy huwelik ‘n Ou Verbond-huwelik. Hy is Abram [sekerlik] en sy is Hagar.
Hier is ‘n illustrasie van hoe die Ou Verbond- huwelik verhouding werk. Dit is ‘n reguit lyn-van opdragte gee.
In die Ou Verbond- huwelik verhouding, mag God dalk vir Abram sê om van Hebron na Jerusalem te trek. Abram sal dan vir Hagar sê, “Hagar, God het vir my beveel om na Jerusalem te trek. Begin pak. Ons vertrek môre.” Sy sou dan begin pak en reg maak om na Jerusalem te trek. Sy was nie gevra vir haar mening nie, omdat sy net ‘n slavin was.
Hier is ‘n illustrasie van hoe die Nuwe Verbond verhouding werk:
In die Nuwe Verbond- huwelik verhouding, kan God dalk vir Abraham vertel om vanaf Hebron na Jerusalem te trek. Abraham sou dan vir Sara sê, “Sara, ek glo God wil hê ons moet Jerusalem toe trek. Sal jy asseblief bid hieroor en sien of God [El Shaddai] vir jou ook dieselfde wys?” As sy terug kom en sê, “Ja, God het vir my dieselfde gewys,” dan sou hulle trek. Maar as sy sou sê aan hom, “God het gesê jou verbeelding is op hol met jou,” dan sou hulle al twee weer moes bid tot hulle by die waarheid van die saak uitgekom het, en in eenheid is. As Abraham sy vrou sou oorheers, dan sou die verhouding terugkeer na Hagar status en nie meer ‘n Nuwe Verbond verhouding wees nie.
Vir so lank as wat al twee partye in ooreenstemming is, is daar geen probleem nie-en hulle huwelik word dan nie getoets om te sien of dit Hagar of Sara is nie. Die ideal is dat man en vrou die selfde ding hoor-selfs as die openbaring in verskillende ‘tale’ sou wees. By voorbeeld, God kan dalk vir Abraham sê om te trek na Jerusalem, vir die doel van ‘n besonderse bediening. Maar God kan dalk niks vir die Sara wys oor die bediening nie, maar eerder haar verseker van Sy beskerming en dat dit nie die gesin of huishouding sal verhinder nie. Die taal is anders, omdat Yahweh en El Shaddai spesifieke behoeftes van man en vrou adresseer. Maar die punt van alles is dat hulle na Jerusalem sal trek.
As hulle in eenheid is-of so lank as wat hulle God soek tot hulle daar uitkom-is daar nie okkasie vir een om vir die ander te dikteer nie. Ook nie enige rede wat daar kompromieë hoef aan gegaan te word nie, deur byvoorbeeld te redeneer, “Ek sal hierdie keer jou sin vir jou gee maar volgende keer doen ons dit MY manier!” Sulke kompromieë laat net toe dat elkeen Hagar speel op ‘n ander tyd. Dit is dalk beter as wat net een altyd Hagar speel, maar dit reflekteer nie God se hart of denke nie.
Die hart van God is dat beide man en vrou God perfek hoor, want dit maak outoriteit irrelevant. Dit is, niemand sal die ander een hoef te oorheers nie. Die behoeftes van beide sal voorsien word. Die gedagtes van God sal in alle sake openbaar wees. Dit is die hart en siel van die Nuwe Verbond- huwelik. Dit is wat God in die begin ingedagte gehad het toe Hy verklaar het dat hulle ‘een vlees’ sal word.
Die grootste verskil tussen Hagar en Sara is: Wanneer een van die eggenote hulself 100% moet onderwerp, terwyl dit glad nie van die ander een verwag word nie, is dit absolute slawerny en sal dit heeltemal ‘n Ou Verbond- huwelik wees. In so ‘n geval is ‘n vrou ‘n blote ‘sak vol ontlasting ’, soos die Joodse rabbi gesê het in die Talmud. Dit is ook moontlik dat ‘n vrou haar man soos ‘n sak vol ontlasting kan behandel. Ieder geval is so ‘n houding nie Christelik nie.
Aan die ander kant weer; as daar van albei eggenote verwag word om 100% te gee, is dit ‘n opregte Nuwe Verbond-huwelik .
Meeste huwelike lê iewers tussen die lyn van hierdie twee konkrete. Baie bly rof weg in a 50/50 verhouding en kan nie daar verby kom voor hulle nie leer om die ander een met hul lewe te vertrou nie. ‘n 50/50 verhouding behels regverdigheid en geregtigheid, eerder as eenheid. Dit is ‘n verhouding gebaseer op kompromie, wat nodig is wanneer ‘n man en vrou nie in eenheid is nie. Die bereidheid om kompromieë aan te gaan, wys wel liefde, maar Phileo, nie Agape nie. Dit is die tipe liefde wat tussen broers en susters gesien word wat kompeteer vir hul eie regte maar besig is om te leer dat hulle gelyke regte het.
Hierdie onvolmaakte liefde word uitgebeeld in John 21:15-17, toe Jesus vir Petrus ‘n baie belangerike vraag gevra het.
Jesus: “Petrus, Agape jy my baie, meer as hulle hier?”
Peter: “Ja, Here, U weet dat ek U Phileo.”
Jesus: “Laat my lammers wei. . . Petrus, Agape jy my?”
Peter: “Ja, Here, U weet dat ek U Phileo.”
Petrus het steeds nie verstaan wat Jesus eintlik vra nie. Petrus se liefde was nog nie volmaak nie, want hy was net instaat om Phileo liefde teenoor Jesus te manifesteer, selfs al het hulle oor drie jaar al saam geloop. Jesus het toe maar sy standaard van liefde na die vlak wat Petrus kon behaal verlaag. Hy vra, “Petrus, Phileo jy my?
Petrus was bedroef dat Jesus hom drie keer moes vra maar het steeds nie die verskil tussen Phileo en Agape verstaan nie. Tog het hy die derde keer weer geantwoord, “Ja, Here, U weet dat ek U Phileo.” Eers later, na die dag van die Pinksterfees, sou Petrus kon verstaan wat die grootste verskil is.
Vertroue is die faktoor wat elkeen in staat stel om een-honderd persent te gee, wetende dat liefde die ander eggenoot dryf om verantwoordelik op te tree teenoor die ander een. Met sulke vertroue, is elk gewillig om net te doen wat sy/haar eggenoot as die wil van God verstaan.
Dit is ‘n saak van VERTROUE. Maar dit vat tyd en ondervinding om vertroue te ontwikkel. Dit is hoe ‘n huweliksverhouding ontwikkel en verdiep oor ‘n tydperk. Dit sal egter nie werk as een van die eggenote glo dat die ander een nie God reg hoor nie of glad nie kan nie. Dit sal nie werk as hulle glo dat die ander een selfsugtig optree en hul eie wil bo God sin verkies nie.
Niemand wil hulle lewe aan ‘n diktator toevertrou nie, want dit is meer soos om jouself in slawerny in te verkoop. Maar tog is dit hoe die huwelik nog altyd in die Kerk uitgebeeld word. Christelike huweliksberading vertel gewoonlik vir die vrou om haarself aan die man te onderwerp [om haarself ‘n slaaf te maak], selfs soos die Kerk haar self aan Christus moet onderwerp. Hulle vermaan die man om sy vrou so lief te hê soos wat Christus die Kerk lief het. Sulke advies is goed en reg, maar dit word gewoonlik mis verstaan en word nie behoorlik uitgevoer nie.
Die Kerk moet regtig haarself aan Christus onderwerp nes Hagar aan Abram. Maar Christus is nie gelukkig om in so ‘n onvolwasse verhouding met Sy Bruid te bly verkeer nie. Die Bruid is geroep om geestelik te groei tot sy in perfeksie en volwassenheid kom, sodat sy haar plek as Sara kan inneem, eerder as om verewig Hagar te bly. Mens kan net leer regeer deur te leer hoe om regeer te word. Onderwerping is die pad na outoriteit van ‘n goddelike heerser. Die Wet bring ons na Christus toe [Gal. 3:24]. Die’s wat nie leer om hul self te onderwerp aan die goddelike Wet nie sal nie kwalifiseer om oor tien, vyf of selfs een stad aangestel te word nie [Luke 19:17-26]. Jesus het gesê dat die wat Sy Wet wegsit die minste in die Koningryk genoem sal word [Matt. 5:19]. Hulle is burgers deur geloof in Christus, maar heersers net deur gehoorsaamheid te leer en hulself aan Sy outoriteit en Wet te onderwerp.
Die Bybel se dat ons, die Bruid van Christus, sal “regeer saam met Hom” [Open. 20:6]. Met ander woorde, die Bruid van Christus [Sara] het regte outoriteit. Sy laat haar nie net oorheers deur haar Man se outoriteit nie. Sy is, inderdaad, besig om geestelik te groei om te leer hoe om haar outoriteit oor die aarde uit te oefen sodat sy dieselfde kan doen. Maar dit kan net behoorlik werk as sy in volle eenheid met Hom is. En eenheid is die doel van hierdie Huwelik.
Jy sal dalk sê, “Maar sy mag nie outoriteit oor haar Man, Jesus Christus uitoefen nie!” Dit is waar, maar net omdat hulle eenheid alle outoriteit oor mekaar irrelevant gemaak het. Die feit is, as hulle eers tot volle volwassenheid en volle eenheid gekom het, is daar geen rede dat die een vir die ander moet sê wat om te doen nie, wat elkeen sal instinktief weet presies wat om te doen en hoe, nes die ander een sou. Die situasie word gereflekteer in die verduideliking van die Nuwe Verbond in Heb. 8:11
“Dan hoef niemand meer sy medeburger te leer of vir sy broer te sê, ‘Jy moet die Here ken’ nie. Hulle almal, klein en groot, sal My ken.”
Wanneer ons almal Hom ken, van die kleinste tot die grootste, en wanneer almal in perfekte eenheid met Hom is, kan dit gesê word dat die Wet volbring is. Die Wet sal dan nie meer voortbestaan op enige eksterne manier nie. Die Wet self-wat die karakter van God reflekteer en Sy wil definieer-word geëet, verteer en geabsorbeer in ons wese. Soos wat dit verteer word, begin ons dink en optree soos Jesus, wat nie een keer die Wet oortree het nie en net gedoen het wat Sy Vader doen.
Wanneer die hele mensdom op so ‘n vlak gekom het, dan sal die Wet [die eksterne gebooie] weg val, want die eksterne form sal nie meer nodig wees nie. Eenheid sal outoriteit en gebooie vervang het. Elkeen se lewe sal die karakter van God en elke woord in die Wet reflekteer , en dus die hele Woord van God, gesproke en geskrewe wees.
In tussen word ons geroep om so ‘n verhouding met Christus te geniet en voorbeelde te wees vir die res van die wêreld. Soos wat ons van die Pinkster Era aanbeweeg na die Era van Tabernakels, sal die eerste opstanding [Open. 20:4-6] en die manifestasie van die seuns van God [Rom 8:19] ‘n groter geleentheid bring vir die wêreld om deur hul voorbeeld te sien hoe die Nuwe Verbond verhouding werk. Sulke oorwinnaars, sal outoriteit moet uitoefen oor die res van die mensdom, omdat die wêreld dan ook moet leer in ‘n Hagar verhouding met God tot hulle gehoorsaam is en geleer het om Hom volkome te vertrou en in eenheid gekom het met Hom. Dus sal dit nodig wees vir die Wet om vanaf Sion uit te gaan [Jes. 2:3 ], wanneer die oorwinnaars “regeer” saam met Christus vir ‘n duisend jaar [Open. 20:6].
Die doel van die oorwinnaars se outoriteit op aarde is om die nasies deur hul voorbeeld te leer wat die beteken om ‘n persoonlike verhouding met Christus te hê. Dit sal die grootste evangelisasie werk van alle tye wees. Gedurende daardie duisend jarige ryk van Koning Jesus, sal Sy Sara Bruid die nasies van Sy wee leer [Jesaja 2:1-4; Miga 4:1-5]. Die nasies sal nie net leer deur te hoor nie maar deur waarneming-deur regte mense te sien wat op ‘n plek van goddelike karakter gekom het. Mens sal nie langer net een Man hê om na te kyk as voorbeeld nie, soos toe Jesus op die aarde gewoon het twee duisend jaar gelede nie. Wanneer die manifestasie van die Seuns van God plaasvind, sal elke nasie sy eie oorwinnaars hê om waar te neem om die liefde van God en die denke van Christus te kan ken.
Die Hagar verhouding as ‘n slavin is nie ‘n euwel nie, maar dit is nie die finale doel nie. Die doel daarvan is wel goed, want dit leer ons om ons self te onderwerp aan die leiding van die Gees terwyl ons nog nie volwasse is in ons geestelike groei nie. Dit leer ons gehoorsaamheid terwyl ons nog in ‘n semi-rebellies, vleeslike staat is. Die gebooie van God gee ons ‘n standaard van reg en verkeerd terwyl ons nog leer wat die verskil is. Dit is daarom ‘n verhouding wat ons oor die brug neem wat tussen ons en God staan, wat goed is, maar nie perfek nie.
So sê Paulus vir vrouens om hul self aan hul mans te onderwerp [Ef. 5:22] en vir slawe om aan hul here onderwerping te toon [Ef. 6:5], hy gee nie vir ons slegte of ongeïnspireerde advies nie. Ons kan nie en mag nooit die Skrifte onwaar verklaar nie. Ons moet wel verstaan dat dit ‘n tydelike situasie is en nie die eindelike doel van ‘n toekomstige lewe of ‘n huidige een is nie.
Dit is belangrik dat mans hul vroue moet lief hê [Ef. 5:25] in die selfde manier as wat Christus die Kerk lief het. Dit plaas ‘n groter verantwoordelikheid op die man as op die vrou, want Christus het agape liefde, wat onvoorwaardelik en nooit onderdrukkend is nie. Die’ vlak van liefde vereis dat ‘n man sy vrou en haar behoeftes verstaan, en haar geluk wil bring, en nooit op sy eie regte aandring nie.
Daar is nêrens ‘n Bybelse opdrag vir ‘n man om sy vrou aan hom te onderwerp nie. Onderwerping is iets wat die vrou doen as ‘n resultaat van haar vertroue wat sy teenoor haar man voel. As sy nie hom wil of kan vertrou nie, sal sy nie haarself kan onderwerp vir enige tydperk nie. Vertroue is iets wat die man verdien wanneer sy vrou na sy karakter oplet teenoor haar, en sy verhouding met God waarneem. Vertroue kan nie afgedwing word van sy vrou nie.
Baie mans [soos Petrus in sy vroeë jare] ken nie die regte betekenis van liefde nie en is daarom nie instaat om te verstaan hoekom hul vroue hulle nie ten volle kan vertrou nie. Mans dink baie maal hul primêre plig is om hul families te beskerm, en terwyl dit ‘n goeie ding is, is dit nie die betekenis van liefde nie. Mans dink hulle plig is om kos vir hul gesin te voorsien. Dis is seker goed, maar dit is nie die betekenis van liefde nie. Meeste vroue sal baie eerder kos en skuiling vir dinge soos vriendelikheid, opmerksaamheid, nederigheid, sagmoedigheid, en ander dinge wat regte liefde beskryf, wou verruil. Dit is die dinge wat ‘n vrou gelukkig maak en vervul laat voel. Dit is wat haar anders maak as ‘n slaaf. As alle mans hierdie geheim geken het, en geleer het hoe om dit toe te pas, sou die hele wêreld getransformeer wees.
Min vrouens betree die huwelik met die doel om ‘n slavin te wees. Net die met godsdienste wat hulle hiervan oortuig en vir wie daar daarom geen hoër verwagtinge kan wees nie, kan so te sê gelukkig wees in so ‘n huwelik. Maar wanneer hulle oë geopen word vir die Nuwe Verbond en die toepassing daarvan op huwelike, kan hulle net nie meer gelukkig wees as Hagar nie.
Ons wil nie graag ‘n saadjie van ongelukkigheid saai nie, maar dit is belangrik vir die doel om die Nuwe Verbond- huwelik te verduidelik, om dit te noem en daarom moet ons die risiko neem.
God self het die Hagar verhouding ingestel in die tuin van Eden eers na Eva die verbode vrug geëet het. Eers toe was die man se outoriteit oor haar ingestel. Die heerskappy mandaat was in Gen. 1:28 aan “hulle” gegee en nie aan “hom” nie, want God het hulle geseën en vir hulle gesê, “wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, en onderwerp dit en heers…” Albei was geroep as heersers.
Na Adam en Eva gesondig het in die Tuin, het God vir Eva gesê in Gen. 3:16, “Jou begeerte sal na jou man wees, en hy sal oor jou heers.” Tog het God voor dit al die doel van huwelik gestel en duidelik uiteengesit in Gen. 2:24, “-en hulle sal een vlees word.” Dit is, hulle sal tot volle eenheid van liggaam, siel en gees kom en saam heers in volle eenheid.
Die man se outoriteit oor die vrou was nie die oorspronklike gesins-hiërargie nie. Dit was eers later ingestel; ‘n resultaat van sonde-maar was nie so van die begin af nie.
Soos ons vroeër gesê het, eenheid is die einde en die doel van outoriteit. Wanneer eenheid bereik is, sal niemand vir ‘n ander hoef te vertel wat om te doen nie, want almal sal weet. Niemand sal bevele hoef uit te deel nie; almal sal weet wat om te doen sonder enige gebooie. Dit is die Nuwe Verbond verhouding.
Meeste huwelike is iewers tussen Hagar en Sara. Baie steek daar vas en weet nie hoe om aan te beweeg nie, want hulle ontleed die probleem nie vanuit ‘n Bybelse oogpunt nie. Dit is my hoop, natuurlik, dat ander sal verstaan deur dit wat God ons in ons huwelik gewys het en in die Skrifte gegee het. Ons wil hê dat almal so ‘n goeie huwelik soos ons sin sal hê.
Gen. 2:24 sê,
“En die man het gesê, dit is nou eindelik been van my gebeente, en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Vir hierdie rede sal ‘n man sy moeder en vader verlaat, en aan sy vrou kleef, en hulle sal een vlees wees.”
Hierdie versie word dikwels opgevat as ‘n direkte verwysing na ‘n seksuele verhouding, maar dit is baie meer as dit. Die Hebreeuse woord vir man wat hier gebruik word is ish. Die Hebreeuse woord vir vrou is ishah, betekende ‘wat vanuit ish [man] kom’. Dit is ‘n prentjie van die eenheid tussen die manlike en vroulike geslag en die noodsaaklikheid van eenheid. Maar om ‘een vlees’ te word beteken nie om fisies een mens te word nie. Eenheid is nie om jou eie wese of persoonlikheid of wil te verloor nie. Dit beteken wel dat die verlore rib teruggebring word na die sy van die man. Om ‘een vlees’ te wees beteken om een van gees te wees. Wanneer die man se gees en die vrou se gees vervang word deur die selfde Heilige Gees, dan is hulle regtig een.
Dit beteken dat hulle ooreenstem oor alles, omdat beide die wil van God ken en in perfekte eenheid is. Dit is twee oë wat as een sien, en saam gefokus is met perfekte visie. Jesus het gesê in Matt. 6:22, “As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê.” Albei oë moet saam fokus om goed te sien. Hierin sien ons die verskil tussen Lea en Ragel. Lea was skeel, Ragel nie. Lea se oog toestand profeteer van die huweliksverhouding met Jakob waarin hulle oë nie goed [nie saam gefokus] was nie. Omdat Lea nie geliefd was deur Jakob nie, het sy nie die tipe verhouding van liefde met hom geniet wat Ragel het nie.
Paulus verwys na Genesis 2:24 in 1 Kor. 6:16, 17
Of weet julle nie dat hy wat homself aan ‘n hoer verbind, met haar een liggaam is nie? Want Hy het gesê, “Die twee sal een vlees wees.” Maar wie homself aan die Here verbind, is een Gees met Hom.
Met ander woorde, die huwelik- prinsiep van een vlees is van toepassing ook in ons verhouding met Christus. As ons deel is van die Bruid van Christus, is ons verbind aan Hom in ‘n Nuwe Verbond verhouding. Ons is dan ‘een gees met Hom’, Dit beteken nie ons moet ons individualiteit opgee nie, maar dat ons Sy verlore rib is wat aan Hom terug gegee is. Dit beteken nie ons gee ons individualiteit op om deel van Sy liggaam te wees nie, maar ons word deel van Sy liggaam deur een Gees met Hom te wees. Dit is nie ‘n saak van fisiese verbintenis met Hom nie; dit is ‘n saak van om terug te keer na ons wederregtelike posisie in Christus, want Hy skort ‘n rib tot ons weer met Hom herenig is.
‘n Man se outoriteit in die area van besluit-neming is net relevant in die Ou Verbond huwelik. Selfs dan net wanneer daar tweedrag is. Abram beoefen sy outoriteit oor Hagar en vertel vir haar wat om te doen en sy doen dit soos ‘n goeie slaaf. Maar in die Nuwe Verbond verhouding, waar ‘n man en vrou begin in eenheid kom, waar elkeen die Woord van God kan hoor, begin hulle terug beweeg na God se oorspronklike plan vir die huwelik wat ingestel was voor sonde gekom het. Wanneer mense in Agape liefde begin optree, verdwyn die nodigheid van outoriteit geheel en al wanneer dit volmaak is. Wanneer hulle in eenheid beweeg, en elkeen net die wil van God soek, is daar geen geleentheid vir die man om sy vrou te oorheers [of andersom] om hul outoriteit uit te oefen nie.
Maar sê nou, vir die een of ander rede, die man dalk sou voel dat dit nodig is om sy vrou se verstaan te oorheers [of anders om], sal dit beteken hulle het terug geval in ‘n Ou Verbond- huwelik .Dit sal ‘n terug slag en flop wees. In so ‘n geval sal minstens een van hulle hul self aan die wil [besluit] van die ander een moet onderwerp-selfs sonder om saam te stem. Dit is bewyse van ‘n Hagar verhouding, en niemand hoef gelukkig te wees om lank daar te verkeer nie.
Die apostel Paulus sê vir ons in 1 Kor. 7:4
“Die vrou het nie gesag oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so het die man nie gesag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.”
Meeste Christene is lief daarvoor om die eerste helfte van die vers aan te haal in hul leringe, terwyl hul die laaste gedeelte heeltemal ignoreer. Hulle is gewillig om die man se gesag oor die vrou te bevestig, maar nie anders om nie. Die feit bly staan, ‘n man en vrou besit nie hulle self nie, maar mekaar. Hulle het gelyke regte op hul eggenoot. Dit is die prinsiep wat Paulus vir mans en vrouens verduidelik sodat hulle kan verstaan om nie mekaar van seksuele omgang te weerhou nie [7:3], maar dit is ‘n algemene prinsiep van ‘n Nuwe Verbond verhouding.
Die dubbel getuie stig die waarheid en bepaal ook die tydsberekening waarop dit tot vervulling sal kom. Dit is die beste geïllustreer in Gen. 41:32, waar Josef die Farao se twee drome uitgelê het,
“Die droom het twee keer na u toe gekom omdat die saak vas staan [bevestig deur twee getuies] by God. Hy sal dit binnekort uitvoer”[ tydsberekening.]
Farao het twee drome gehad, die eerste handel oor koeie en die tweede oor koring are. Josef het die openbaring van die dubbel getuienis wet gehad en vir Farao gesê dat die twee drome nie net die waarheid gevestig het nie, maar ook die tydsberekening vir die vervulling daarvan bepaal het. Daar is verskeie kere wat een eggenoot ‘n woord of openbaring van God sal kry, maar die ander een nie vir ‘n tyd lank iets kry nie. Dit beteken dalk dat die openbaring foutief was, of van die persoon se sielsrealm af gekom het, eerder as van die Gees af. In so ‘n geval kan die huweliksmaat ‘n ‘nee’ kry van God of dalk niks hoor nie-geen dubbel getuienis nie.
‘n Tweede moontlikheid is dat God ‘n latere tyd gekies het om die tweede getuienis te gee om die tyd van vervulling uit te wys. Byvoorbeeld, as God vir Abraham gesê het om na Jerusalem te trek, maar niks vir Sara gesê het nie, kan dit dalk wees dat hulle eers in ‘n ander jaar of oor tien jaar moet trek. In so ‘n geval kan God dalk vir Sara op daardie tyd, Sy voorafbepaalde tyd, eers sê om te trek. Wanneer al twee saamstem, is die tyd naby om te trek. Die dubbel getuienis self kan op hierdie wyse stipuleer wanneer om te trek na Jerusalem.
God doen dit baie maal om ‘n verhouding te toets. Dit is algemeen vir ‘n man om die saak te forseer op grond daarvan dat hy ‘weet’ dat hy God reg gehoor het-selfs as sy niks gehoor het nie. Op die’ manier sit hy sy vrou weer in ‘n Hagar posisie, en sal vir haar sê om reg te maak om te trek. So ‘n man moet geduld leer, selfs soos Abraham geduld moes leer. Hy moet ook leer dat ‘n Woord van God nie gevestig is as ‘n Woord op aarde tot dit behoorlik bevestig is deur iemand wat geroep is om dit te bevestig nie. Selfs al sou ‘n engel vanuit die hemel aan Abraham so ‘n openbaring bring, sal dit steeds ‘n dubbel getuie nodig hê.
Dit is God se wettiglike orde.
‘n Nuwe Verbond verhouding bereik breek punt enige tyd wat ‘n eggenoot vir die ander een dikteer oor die wil van God. Dit is nie moontlik om ‘n Nuwe Verbond verhouding te hê teensy albei in staat is om God se stem vir hul self te hoor nie en vry is om ‘n ander antwoord te hoor sonder vrees vir verwerping.
Met ander woorde, ‘n man mag nie sy vrou intimideer om getuienis te lewer op sy openbaring nie. As hy dit doen, intimideer hy die getuie [soos hulle in die hof sal sê]. Sy moet weet in haar hart dat hy net die wil van God wil ken en geen begeerte het om net ‘reg’ te wees nie. As hy ‘n afgod in sy hart het wat hom die behoefte gee om gewaardeer te voel of belangrik te wees, dan moet hy dit aanspreek voor sy huwelik eg Nuwe Verbond kan wees.
Ek onthou ‘n keer wat ‘n profeet my vertel het oor ‘n Woord wat hy van die Here ontvang het. Hy het gevra ek moet bid vir ‘n bevestiging. Ek was gevolglik onder stress en kon nie reg hoor van God nie. Hoekom? Omdat ek geweet het van vorige kere dat die profeet geneig was om ander te straf wat nie sy woord bevestig nie. Natuurlik het hy nie hulle fisies aangerand nie, maar eenvoudig gedreig met God se verwerping of oordeel. Dit was eintlik maar net ‘n self-verdedigings aksie.
Byvoorbeeld, hy mag dalk ‘n Woord ontvang het dat hy na ‘n spesifieke plek moet gaan om ‘n profetiese werk te doen, of miskien dat hy ‘n profetiese verklaring moet gaan maak. Maar wanneer hy vir ‘n dubbel getuie vra, sou hy sê, “Die Here het vir my gesê dat as ek nie gaan nie, tien duisend mense in een of ander ramp sal sterf. So ek wil hê jy moet bid en ‘n bevestiging kry wat my sal toelaat om te gaan.”
In so ‘n geval intimideer hy die getuie, wat druk sit op die tweede getuie om die selfde Woord te ontvang-anders gaan tien duisend mense sterf, en hy [die tweede getuie] sal daarvoor verantwoordelik wees. Die tweede getuie is dus nie regtig vry om God vir homself te hoor nie. Die profeet het al klaar aangeneem die Woord is gevestig, selfs voor die ander een nog ‘n tweede getuienis van God ontvang het. Hy het ‘n gees van vrees opgewek in die situasie sodat almal die Woord sal goedkeur.
Ek het gesien dat dit gewoonlik normale gedrag vir Kerk leiers van alle soorte is-en ek het geleer wat om NIE te doen nie.
Die selfde verkeerde tipe gedrag word dikwels in gesinne beoefen. Dit word gesê dat die primêre rol van ‘n man is; om sy vrou se vrese te verminder-nie om haar te manipuleer daardeur nie. Vrees en skuldgevoelens is die twee hoof dinge wat vleeslike mense gebruik om ander te manipuleer.
Darla skryf:
Ek en my man het in ‘n Nuwe Verbond verhouding ingetree in 1992 [na 21 jaar van die huwelik.] Tot in met daardie tyd, alhoewel ons ‘n baie goeie verhouding gehad het, was dit steeds ‘n bietjie van ‘n mengsel tussen Sara en Hagar. Hy het my altyd by gesin sake betrek, en dit met my bespreek, maar op die ou end sou ek gelukkig wees om die Woord wat hy van God gehoor het, te volg, omdat ek nie geglo het dat ek die selfde vermoë het om God se stem te hoor nie. As hy ‘n getuie nodig gehad het, moes hy buite die gesin soek daarvoor. Soos die tyd verby gegaan het, het hy meer en meer ongemaklik hiermee geraak. Wanneer hy ander vir so ‘n getuie gevra het, het ek uitgelaat begin voel en diep binne my het ek nie regtig met sy besluite saamgestem nie. Ek was nie meer gelukkig met ons huweliksooreenkoms nie.
Ek het geweet dit is die natuurlike orde vir my om sy dubbel getuie te wees. Maar ek het nie gedink ek kon God hoor nie, en daarom het hy ook nie so gedink nie. Eintlik was ons albei verkeerd, ek kon God hoor. Ons het net nie verstaan in watter taal God met my gepraat het nie; in ‘n vroulike, instinktiewe manier.
Om God te soek as gelyke eggenote het ons huwelik getransformeer. Ons is nie net verseker van God se wil vir ons lewe nie, maar ons het ook ‘n eenheid wat nie gebreek kan word nie.
Stephen gaan aan:
In 1992 het ons uiteindelik tot by die punt gekom waar God dit baie duidelik gemaak het dat Hy nog al die tyd met haar gepraat het maar dat ons nie Sy stem herken het nie. Na dat was een van die eerste dinge wat God my geleer het om haar nooit te manipuleer om my presiese getuie te wees nie. Sy was nie self-versekerd nie en het nog nie die vertroue gehad in haar self wat deur haar man se bevestiging en bemoediging kom nie. Ek moes hard daaraan werk om haar te verseker dat haar verstaan en uitkyk nodig was en dat as sy ‘n kontrasterende woord sou hoor, ek nie minder van haar sou dink of dit afmaak as ‘verkeerd’ nie. Dit was nie lank voor sy besef het dat ek geen begeerte gehad het om altyd ‘reg’ te wees nie maar dat ek net die Woord van die Here wou hoor-en dit kon net bevestig word deur haar tweede getuienis wat dit sou beaam.
In die volgende klompie jare het ek gesien hoe sy van Hagar na Sara transformeer. Ek het die blydskap in haar gesien ontwikkel van hierdie nuut gevonde vryheid wat sy nou gehad het om God vir haarself te hoor sonder vrees vir verwerping. Sy was nie langer ‘n slaaf nie, al was sy gelukkig om daardie rol vir die vorige 21 jaar te gespeel het, omdat sy van kleins af geleer was om altyd aan haar man onderworpe te wees. Ek het haar vertroue sien groei soos wat sy ‘n sin van groot waarde ontwikkel het vir my. Ek het haar geestelike volwassenheid sien ontvou, en soos sy gegroei het, was sy instaat om haar roeping as ‘n Nuwe Verbond vrou te vervul.
Wanneer ‘n vrou waardevol voel, ontwikkel sy ‘n sin van eie-waarde. Sy vind betekenis in die lewe wat haar rol van Hagar vêr oortref. My vrou vertel nou baie vir my dat sy die gelukkigste vrou op aarde is. Dit maak my die gelukkigste man, omdat ek voel ek geslaag het in my verantwoordelikheid teenoor haar. Ons dien mekaar, elkeen voorsien in die ander se behoeftes. ‘n Vrou moet weet dat sy uniek is vir haar man, dat sy ‘n spesiale rol vervul wat net deur haar en nie deur enige ander mens op die planeet vervul kan word nie.
‘n Baie belangrike prinsiep van die dubbel getuienis is dat nie sommer enige iemand kwalifiseer daarvoor nie. Daar is sommige algemene sake waar enige iemand kan. Maar in gesin sake veral, is die man en vrou geroep om mekaar se getuies te wees. Normaalweg moet mens nie ander mense betrek by gesin sake nie, veral as dit die getuie van een eggenoot tot niet wil maak. Onthou dat God man en vrou geskei het spesifiek om ‘n dubbel getuie in gesin sake te voorsien. Om so ‘n getuie te wees is ‘n roeping, en saam met dit kom ‘n vlak van outoriteit in daardie area.
God laat nie oneweredige samevoeging met Hom toe nie.
Die Nuwe Afrikaanse Vertaling van 2 Kor. 6:14 sê “Moenie met ongelowiges in die selfde juk trek nie,” hierdie vers is gebaseer op die wet in Deut. 22:10 “Jy mag nie ‘n bees en ‘n donkie saam voor ‘n ploeg inspan nie.”
Hierdie wet het direk oor boerdery gegaan, maar Paulus pas dit toe om te verduidelik dat gelowiges nie in afgodstempels samekoms moet hê nie omdat ons die tempel van God is. Maar die prinsiep geld ook vir huwelike, omdat die huwelik samekoms op ‘n persoonlike vlak tussen ‘n man en vrou is. ‘n Bees is groter en sterker as ‘n donkie. Daardie wet was uitgereik as ‘n beskerming vir die bees, sodat hy nie moet opmaak vir die swakker donkie nie. Maar dit was ook gegee vir die donkie om hom te beskerm daarteen om te groot ‘n las [roeping] te moet dra wat hy nooit sou kon doen nie.
Donkies en beeste verteenwoordig albei diensknegte in die Bybel. Die bees is ‘n beter en waardevoller dienskneg, alhoewel die laer-klas donkie ook goed is. In hulle simboliek was daar wel nog ‘n groot verskil tussen die twee. Die bees is ‘n rein dier, die donkie is onrein. Die bees was gewoonlik nogal gehoorsaam, terwyl die donkie ‘n reputasie van hardnekkigheid en koppigheid gehad het, soos die Bybel dit baie stel. Die bees was dikwels gebruik as ‘n offer-dier, en so het dit Christus voorgestel, wat al die offers vervul het. Die donkie, daarinteen, was nooit gebruik as ‘n offer nie. As die eersgeborene van ‘n donkie gebore was, mag dit nie direk vir God gegee word nie. ‘n Lammetjie moes gegee word in die plek daarvan [Ex. 13:13].
In ons boek, The Wheat and Asses of Pentecost, wys ons hoe koring en donkies die twee primêre simbole van die Pinksterfees in die Bybel [en ook in die tekens van die tye wat ons vandag kan waarneem] is. In die konteks verteenwoordig die bees nie net Christus nie maar ook die’ wat aan die Fees van Tabernakels behoort.
God volg altyd Sy eie wet. In die huwelik van Christus en die Kerk, sal God hom nie oneweredig in die selfde juk met ongelowiges laat trek nie. Dus, Hy sal nie ‘n ongelowe vrou neem nie. Maar meer as dit, sal Christus [die bees] nie met die donkies van die Pinksterfees saam ploeg nie-nie in die finale oorweging nie. Donkies is goed en nuttig, maar hulle is nie beeste nie.
Dit is ook hoekom daar meer as een opstanding gaan wees, soos ons verduidelik het in ander leringe. Nie alle gelowiges vandag is ‘beeste’ nie. Baie is nog ‘donkies’ en hulle het nog tyd nodig om te leer hoe om beeste te wees. So sal die wat aan die eerste opstanding behoort, met Christus getroud wees voor die res van die gelowiges. Hy sal nie oneweredig saamgevoeg word nie, want die wet is ‘n uitdrukking van Sy wil en is daarom ‘n profesie van wat Hy sal doen.
Mens kan dalk protesteer, en sê dat Abraham met Hagar getroud gebly het. Was dit dan nie oneweredige samevoeging nie? Die antwoord is die feit dat AbraHAM nie met Hagar getrou het nie. ABRAM het met Hagar getrou. Die naam verandering wys die ontwikkeling van sy karakter; van donkie na bees. Dus, toe Abram Hagar geneem het as vrou, was dit [profeties gesproke] twee donkies wat saam geploeg het. Abram en Hagar was donkies in opleiding vir die eerste 13 jaar van getroude lewe. Toe Abram 99 jaar oud was, het hy eindelik ‘n bees geword, geestelik. Gen. 17:5 sê dat God hom toe AbraHAM genoem het. Hierdie nuwe verhouding met God, gereflekteer in die naamsverandering, het hom in staat gestel om Isak te verwek, die ware beloofde saad, ‘n tipe gemanifesteerde Seun. Op daardie punt was Hagar en Abraham oneweredig saamgevoeg, en dit was nie lank voor sy en haar seun, Ishmael, verban is nie.
Let wel dat Hagar ongetwyfeld ‘n regte verhouding met Christus gehad het, ons lees in Gen. 16:11, 12
“En toe sê die Engel van die Here ook nog vir haar [Hagar], “Kyk, Jy is swanger, jy sal ‘n seun in die wêreld bring. Jy moet hom Ishmael noem, want die Here het van jou swaarkry gehoor. Jou seun sal ‘n man wees so ontembaar soos ‘n wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees. Hy sal in vyandskap leef met sy broers.”
Hagar kon nooit die beloofde saad voorbring wat gebruik sou word om geregtigheid en die Koninkryk van God na die aarde toe te bring nie. Dit was aan Sara gegee om te doen, wat aan Isak geboorte geskenk het. Dit is nie dat Ishmael ‘n slegte man was nie, want hy het sekerlik ook ‘n verhouding met Christus gehad. Sy Vader sou hom ongetwyfeld die wee van God geleer het. Maar hy was bedoel om ‘n voorbeeld en skaduwee van die Pinkstertyd te wees, wat nooit die Koninkryk van God kan voortbring nie omdat dit die roeping van die Tabernakels Fees is. Ishmael was half Egipties, omdat sy ma ‘n Egiptenaar was. Dit is ook nie dat Egiptenaars sleg is nie, maar Egipte verteenwoordig die wêreld sisteem wat mense in slawerny hou. Die Pinkster Fees was n fees wat suurdeeg brood toegelaat het [Lev. 23:17], selfs soos Ishmael deur Egipte “gesuur” was. In so ‘n toestand kan mense die geloof van Abraham besit, maar bring gewoonlik ook ander mense onder die slawerny van Egipte. Dit is die toestand van die denominasie-sisteem van godsdiens wat neig om mense in slawerny tot hul denominasie te bring in die skyn om aan Jesus Christus onderworpe te wees.
Dus sien ons dat God ook twee vrouens het, nes Abraham. In die Ou Testament was Hagar die Ou Jerusalem, soos Paulus verduidelik in Gal. 4:25. In die Nuwe Testament vind ons dat die Kerk nog nie gereed was om die Fees van Tabernakels te vier nie, en hulle het daarom in die Pinksterfees gebly [‘ n fees met suurdeeg in], en in so ‘n verhouding met God. Die suurdeeg het ‘n geestelike verswakking gebring wat eeue later in die Kerk gemanifesteer het.
Nes Hagar die eerste was om geboorte te gee aan haar seun, so het God ook die Pinkster Fees kans gegee om die Koninkryk van God voort te bring , vir die afgelope 2,000 jaar. Maar geen tydperk , hoe lank ook al moontlik, is genoeg vir die Ou Testamentiese Ishmael om die glorie van God te manifesteer nie. Geskiedenis bewys dat die Kerk vinnig probeer het om die Koninkryk in te bring op ‘n gewelddadige manier. Hulle het ekstremiste tereggestel en die Muslims vervolg. Op hierdie manier het die Kerk afgedaal na die vlak van geweld soos geprofeteer was oor Ishmael in Gen. 16:12, “hy sal teen almal wees,”
Die Jode en Israeliete van die Ou Testament het ook geweld gebruik om die Koninkryk [beloofde land] in te neem. Mens kan stry en beweer dat God hulle beveel het om so te maak, maar dit is net oor hulle vroeër die swaard van die Gees wat Hy by Berg Sinai aan hulle wou oorhandig op die dag van die Pinksterfees, geweier het. [Sien hoofstuk twee van ons boek The Laws of Spiritual Warfare].
Geweld is die gevestigde metode van Ishmael in al sy manifestasies, maar nie van die Isak groepie wat deur die Fees van Tabernakels bekragtig word nie.
God is al vir die afgelope 2,000 jaar met die slavin vrou, Hagar, getroud. Maar al wat sy kon voortbring was nog ‘n Ishmael. Dit is hoekom die Koningryk van God nog nie volledig op aarde deur die Kerk van die Pinkster Era gevestig kon word nie. Maar eindelik vertel die skrifte ons dat Hagar verban moet word [Gal. 4:30] om Sara [Nuwe Jerusalem] en haar seun [die Isak groepie] toe te laat om Christus se teenwoordigheid op aarde te manifesteer.
Daarom sien ons dat God twee vrouens het. Die slavin vrou is die Pinkster Era Kerk van die afgelope 2,000 jaar. Die vrygeborene is die Tabernakels Kerk [die oorwinnaars, die seuns van God] wat in die agtergrond vir Tabernakels gewag het om te kom. Paulus het dit al in sy dag verwag, en het dikwels die Kerk ingeskerp om die kinders van die vrygeborene te word, eerder as van die slavin. Die primêre manifestasie van die slavin in sy tyd was Judaïsme, natuurlik ,en daarom het hy baie briewe, veral aan die Galasiërs, daaroor geskryf, om die Kerk met nadruk te waarsku om nie aan Judaïsme te behoort nie.
Feit is, die neiging het weer in die afgelope eeu kop uit gesteek. Baie Christen leraars het weer op die Ou Jerusalem begin fokus en dit die middelpunt van God se Koninkryk in die toekomstige era gemaak. Baie Christene gaan na Ou Jerusalem vir die Fees van Tabernakels en dink dit is waar die glorie vandaan sal kom. Hulle besef nie die glorie het lank al reeds verdwyn van daardie plek af nie [Jer. 7:1-16; Ez. 11:23]. Die profeet het gesê dat God die Jerusalem sou versaak soos vir Silo eeue vroeër. Silo was waar die Glorie van God eers gerus het voor dit weggetrek het. Dit was die tyd wat Ikabod gebore is, sy naam beteken “Die glorie het weggetrek van Israel af”. [1 Sam. 4:21]. Vir ‘n volledige studie hiervan, sien hoofstuk vier van The Struggle for the Birthright.
Kom en laat ons dan kinders van die vrygeborene wees sodat ons ‘n beter verhouding met God mag geniet.
Israel het voor God gestaan by Berg Sinai en ‘n huweliksbelofte afgelê as ‘n Hagar bruid, deur te sê: “Alles wat die Here gespreek het, so sal ons ook doen.” [Ex. 19:8]. Die feit dat dit ‘n huweliksbelofte was word gewys deur die latere profete, wat aan ons verduidelik dat God met Israel getroud was. Jer. 3:14 lui,
“Keer terug, O afkerige kinders, want ek is met julle getroud... ”
Party aanvaar nie hierdie idea dat God getroud was met Israel nie, en beweer dat die Hebreeuse term vir ‘getroud’; baal is, wat ‘trou’ of ‘heers’ beteken [Strongs #1166]. Hulle neem die standpunt in dat in so ‘n geval moet dit vertaal word:
“Keer terug, O, afkerige kinders, sê die Here, want ek is heer oor julle.”
Eerstens, die konteks van hierdie stuk in vers 8 verklaar aan ons dat God vir Israel ‘n brief van egskeiding gegee het. Mens kan nie ‘n slaaf skei nie. Net ‘n wettiglike vrou kan ‘n skeibrief ontvang [Deut. 24:1-4]. So eintlik is altwee vertalings korrek, want in daardie dae, in ‘n Ou Verbond- huwelik , was dit ‘n huwelik aan ‘n slavin, en dus was ‘n man die “heer” oor sy vrou.
Hosea 2:2, 7 maak ook melding van hierdie huwelik verhouding-weer in die konteks dat God aan Israel ‘n skeibrief gee. Later in die hoofstuk praat die profeet daarvan dat God Israel sal hertrou [2:20.]
Dus kan ons tot die gevolgtrekking kom dat God met Israel getrou het en dat die Ou Verbond ‘n Huwelik Verbond was.
Om die saak van naderby te bekyk, en die natuur van die huwelik Verbond na te speur, vind ons dit gebaseer was op gehoorsaamheid en daarom voorwaardelik. Dit is nie soos die Nuwe Verbond wat onvoorwaardelik is nie. Die feit dat God van Israel kon skei [Jer. 3:8] sonder om Sy eie Wet te oortree, bewys dat die Ou Verbond voorwaardelik was. Dit bewys ook dat egskeiding nie ‘n sonde is nie, soos baie die wanpersepsie geleer is nie. God sondig nie, tog het Hy van Israel geskei. Jer. 3:8 sê,
“Toe Ek die trouelose Israel oor al haar ontrou verstoot het en die skeibrief aan haar gegee het, het ek gesien dat haar ontroue suster Juda nie afgeskrik is nie. Ook sy het gaan owerspel pleeg.”
Wanneer twee mense met mekaar getroud is en hulle beloof het om iets te doen, is dit ‘n voorwaardelike verbond. In Lev. 26:1-13 en Deut. 28:1-14 het God beloof dat as sy gehoorsaam was, Hy haar sou seën. Indien nie, sou Hy haar uit Sy Huis verban. Maar voor Hy Israel uit Sy huis [Kanaän] kon stuur, moes Hy haar ‘n skeibrief gee soos die Wet aangedring het,[ Deut. 24:1].
Hierdie wet maak dit ook duidelik dat egskeiding regtig egskeiding is-nie net ‘n tydelike skeiding soos baie geleer is nie. Deut. 24:2 wys duidelik uit,
“Sy kan dan uit sy huis gaan en met ‘n ander man trou.”
Maar ‘n skeibrief was nodig, want dit was die vrou se bewysstuk dat sy nie meer met haar man getroud was nie. Dit was haar skriftelike bewyse dat sy nou weer mag trou, as sy ‘n ander man sou vind om mee te trou. Die enigste verbod in opsigte van huwelik is gestipuleer in die wet; as sy met iemand ander getrou het, mag haar voormalige man haar nie weer neem en haar sy vrou maak nie, en sy mag nie na hom toe terug gaan nie, [sien The Bible Says: Divorce and Remarriage is NOT Adultery].
In God se plan, het Hy Israel onder die voorwaardes van die Ou Verbond getrou. Hy het haar nie onvoorwaardelik getrou nie, omdat dit Hom sou verbied om van haar te skei as sy owerspel gepleeg het. Dit was in Sy plan om van haar te skei sodat Hy Sy Nuwe Verbond, die ‘beter verbond’ [Heb. 8:6] kon instel. As die Ou Verbond onvoorwaardelik moes gewees het, sou dit nooit tot ‘n einde kon kom nie en sou die Nuwe Verbond dit nooit kon vervang nie.
Dit was deel van die Plan dat die imperfekte die perfekte sou vooruitgaan. Dit was ook deel van die Plan dat die Ou Verbond kans gegee sou word om te slaag. Dit was deel van die plan dat mens eers die kans om deur hul eie werke [gehoorsaamheid] geseën [gered] te word, sou gegee word.
Dit was in die Plan dat Hagar Ishmael eerste sou voortbring. Hy was gebore ‘na die vlees’, omdat hy streng gesproke op natuurlike wyse verwek en gebore is. Dit was in kontras met Isak, wat uit ‘n wonderwerk verwek is toe Sara 90 was. Hy was gebore ‘volgens belofte’ [Gal. 4:23]
Soos Hagar, was die Ou Jerusalem ook kans gegee om die beloofde Koningryk voort te bring, maar deur die Messias te verwerp het hulle misluk. Dit was dan oorgelaat aan Sara [die Nuwe Jerusalem] om die kinders en erfgename van die belofte voort te bring .
Die Ou Verbond in Ex. 19:5 het gesê, “As julle My gehoorsaam en julle aan My verbond hou…” Daarom was dit voorwaardelik en vir daardie rede tydelik.
Die Nuwe Verbond is onvoorwaardelik soos verklaar in Jer. 31:31-34 en herhaal in Heb. 8:8-12. Die Nuwe verbond het geen “as” klousule nie omdat dit ‘n eensydige verbond is wat God bind daaraan om ons tot die volle Kennis van Hom self te bring. Dus kan die Nuwe Verbond slegs tot ‘n einde kom as God sy doel nie bereik nie. Maar God kan nie misluk nie. So ons weet dat die Nuwe Verbond- huwelik tussen Christus en Sy Bruid [Matt. 22:2; Luke 12:36] nie ‘n mislukte een sal wees nie, want dit is gebaseer op “’n beter verbond, wat gebaseer is op uitnemender beloftes”.
Die’ tipe ideale huwelik is wat God ingedagte het en beplan het van die begin af. Jesus het hiervan gepraat toe die Fariseërs hom kom toets het met die vraag in Matt. 19:3, “Is dit geoorloof vir ‘n man of vir enige rede van sy vrou te skei?”
Jesus het geantwoord deur God se bedoeling van die begin af te verklaar in vers 4-6
“Hy het hulle geantwoord: Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? En daarom het Hy gesê, “Vir hierdie rede sal ‘n man sy moeder en vader verlaat en sy vrou aankleef, en die twee sal een vlees wees. Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.”
Jesus het verwys na die oorspronklike bedoeling van God-nie die wet wat die Ou Verbond- huwelik reguleer nie, soos in Deut. 24:1-4 gevind nie. Jesus het ook aanspraak gemaak op onvoorwaardelike, perfekte tipe huwelike soos wat ons in hierdie boek oor gepraat het, waar man en vrou regtig eenheid en ooreenstemming bekom het. In die Nuwe Verbond tipe huwelike, is egskeiding ondenkbaar en irrelevant, omdat die verhouding perfek is.
Die Fariseërs het natuurlik niks hiervan of van die Nuwe Verbond geweet nie. Daarom het hulle Jesus vêrder ondervra in vers 7,
“Hulle vra Hom toe: Waarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou ‘n skeibrief gee, hy van haar mag skei?” Hy antwoord hulle, “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie.”
Oor die hardheid van mense se harte het die kwaliteit van hul huwelik nie die oorspronklike standaard behaal nie. Meeste mans dink aan hul vroue as slawe. Hulle vroue is dus vir hulle Hagar. Sulke gedagtes het voortgeduur deur die geskiedenis tot vandag. Oor die hardheid van hul harte, het God egskeiding toegelaat, sodat mans en vrouens nie ‘n slegte huwelik hoef te verdra nie. Ons kan ook byvoeg, God het self geweet dat Hy ‘n slegte huwelik met Israel vir baie jare sou moes hê-dus was dit tot Sy voordeel om egskeiding toe te laat. Nes ons ook in staat moet wees om ‘n slegte huwelik te kan eindig om ‘n beter een te vind, so mag God dit ook doen om ‘n beter huwelik verbond met ons te kan hê.
In verband met Jesus se volgende stelling in Matt. 19:9: Ons het daardie onderwerp in ons boek The Bible Says: Divorce and Remarriage is NOT Adultery deur gewerk. Dit lyk of die vers sê:
“En ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, en met ‘n ander een trou, pleeg egbreuk.”
Hierdie verkeerde vertaling het baie misverstande veroorsaak, asof Jesus die Wet in Deut. 24:1-4. tot niet gemaak het. Jesus het nooit die wet tot niet gemaak of dit verbreek nie [Matt. 5:17-19], want as Hy die mense so sou leer, sou dit Hom die MINSTE in die Koninkryk maak. Die vraag en antwoord in vers 7-9 moet eintlik so lees:
Hoekom dan, het Moses bepaal dat ‘n skeibrief gegee moet word en dat sy weg gestuur moet word...?
Ek sê vir julle, dat wie ook al sy vrou weg stuur [nie vir prostitusie nie] en ‘n ander een trou, owerspel pleeg, en wie die weggestuurde vrou trou, pleeg owerspel.
Die eerste ding wat ooglopend is, is die twee elemente van die vraag, “die skeibrief’ en die eintlike ‘wegstuur van die vrou’. Die wet spesifiseer dat ‘n man NIE sy vrou mag weg stuur sonder om vir haar ‘n geskrewe skeibrief te gee nie [Deut. 24:1]. As hy haar weg stuur, is dit die formele bevestiging dat sy uit sy huis weg gaan en dat hulle geskei is. Die wet was geskryf om die algemene gebruik wat die mans gehad het om hul vroue slegs weg te stuur sonder enige bewyse, te stop. Sulke vrouens het gewoonlik geen heenkome gehad nie, behalwe prostitusie [as hulle so geluk was] of om dalk met ‘n ander man te trou.
Maar om te trou sonder om eers behoorlik [wettiglik] geskei te wees is owerspel. Dus, Jesus het gesê dat as ‘n man sy vrou bloot wegstuur en met ‘n ander een trou pleeg hulle owerspel, en so ook die een wat die weg gestuurde vrou trou [wat nie wettig geskei is nie].
Vir hierdie rede het God nie van Israel geskei sonder om vir haar ‘n wettige skeibrief te gee nie, soos ons lees in Jer. 3:8 [vroeër aangehaal]. Hy het Israel op ‘n wettiglike wyse geskei so dat Hy haar later op nuwe terme van ‘n beter verbond genaamd die Nuwe Verbond kon hertrou. Nie egskeiding of hertrou is ‘n sonde nie, want as dit was, was God ‘n sondaar. Kom ons beskuldig nie vir God van sonde nie. Maar omdat dit die onderwerp van ons boek oor skei en hertrou is, sal ons nie weer hier daaroor praat nie.
Wat God vir ons op ‘n groot skaal met die twee verbonde gewys het, het Hy geïllustreer in die persone van Hagar en Sara en hul verhouding met Abram [Abraham]. Die skrifte wys ons dat God van plan is om met die hele mensdom soos ‘n man met sy vrou te kommunikeer. Ons sien ook vanuit die Skrif dat God nie gelukkig is met ‘n slavin vrou nie-selfs as Hy dit ingerig het onder Moses. Tog sien ons dat huwelike nie slaag nie as die bruid owerspel pleeg en heeltyd weier om haar sondes te bely nie.
Die Goddelike Plan het eers saamgekom toe God Homself toegewy het daaraan om ‘n werk in ons harte te doen wat ons finaal van Hagar in Sara sou verander. Die Pinkster Era was gegee om ons gehoorsaamheid te leer, selfs soos Paulus beaam het dat hy ‘n dienskneg van Jesus Christus was [Rom. 1:1]. Maar God het nooit beplan om altyd in so ‘n verhouding met ons te staan nie. Wanneer ons gehoorsaamheid geleer het, hoef Hy ons nie meer dienskneg te noem nie, maar vriende, wat in harmonie en eenheid saam woon.
Niemand sal ‘n ‘vriend’ van God genoem word sonder om eers gehoorsaamheid te leer nie want dit is die pad na eenheid van hart en denke. As ons eers in eenheid is, sal ons ‘een vlees’ met Jesus Christus wees. Ons sal net doen wat ons die Vader sien doen. Ons sal net sê wat ons die Vader hoor sê. Ons sal die eksekuteurs van Sy wil op die aarde wees tot Sy glorie die hele wêreld vul.
God het man en vrou saamgevoeg sodat ons Sy huweliksdoel kan verstaan en daardie prinsiepe uitvoer. So kom ons bly nie gelukkig in ‘n Abram-Hagar verhouding nie en beweeg aan na die perfeksie van die Nuwe Verbond soos uitgebeeld deur Abraham en Sara, die vrygeborene.