You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.
Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.
Vier basiese lesse en 'n epiloog oor wat die Bybel leer oor 'n oorwinnaar wees.
Category - Short Book
‘n Oorwinnaar weet hoe om onvoorwaardelik lief te hê. Daar is meer as een tipe liefde- of meer akkuraat, meer as een vlak liefde. Die vlak van liefde wat ons vertoon hang van ons vermoë om lief te hê af. Ons vermoë om lief te hê hang van ons vlak van volwassenheid af. Ons vlak van verstandelike, geestelike en emosionele volwassenheid manifesteer ons vordering vanaf Egipte na die Beloofde Land.
God het kinders. Hierdie kinders word nie gebore as verstandelike of geestelike volwassenes nie. Hulle word gebore as geestelike babas wat moet groot word en leer. Ons sou nie ‘n 2 jarige kind toelaat om ‘n motor op die Los Angeles snelweg te bestuur nie. Ons sou ook nie ‘n 10 jarige president vir die land kies nie. Sulke verantwoordelikheid is vir die wat beide fisies en emosioneel volwasse geword het. Wat van om ‘n geestelike volwassene te word? Sal God ‘n geestelike baba toelaat om Sy Koninkryk te regeer?
As Hy so’ iets toegelaat het, sou ek jammer voel vir die wat regeer word. Enige een wat geskiedenis ken weet wat dat meeste konings en ander heersers in die verlede fisiese volwassenheid bereik het en selfs emosionele volwassenheid-maar baie min was geestelik volwasse. Oor hul onvolwassenheid het die mense dikwels ongeregtigheid en teistering onder beide siviele en godsdienstige leiers gely.
Deur die verdrukking van mense se koninkryke te ervaar, wys God die teenpool in die konsep van die Koninkryk van God, geregeer deur die Messias en Sy volwasse Liggaam van oorwinnaars. Hag. 2:7 sê,
“Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei, en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die Here van die leërskare.”
As daar hoegenaamd iets is wat al die nasies vandag begeer is dit vrede en geregtigheid. Hulle het genoeg gehad van bloedvergieting en ongeregtigheid. Hulle smag na leiers wat regeer in liefde, eerder as vrees-aanjaers. Die probleem is dat hul eie siviele en godsdiens-leiers aan hulle vrede belowe, maar is dan nie in staat om dit te gee nie.
Hulle soek vrede, maar slegs op hul eie terme. Al die tiranne in die wêreld wou vrede hê-maar wou al die nasies oorneem om daardie ‘vrede’ te bekom. Sulke tiranne ken nie die liefde van God nie-hulle is selfsugtig en eiegewin-soekend. Dit maak nie saak of daardie tiranne hulself konings of pouse noem nie. As dit hul begeerte is om gedien te word, eerder as om te dien, ken hulle nie die God van die Bybel nie. Al sulke mense word gediskwalifiseer van heerskappy in God se Koninkryk.
Nog ‘n probleem is dat daar te veel ambisieuse mense en organisasies is wat wil regeer. Elkeen het ‘n stel volgelinge wat vir hul mag vra. Dit bring oorloë, sluipmoorde en aanhoudende konflikte en dit veroorsaak die huidige regeerders om beperkende wette te maak en dit af te dwing op militêre wyse. So die huidige heersers is nie die enigste probleem nie. Die probleem word veroorsaak deur die wêreld regeerders, wat beloftes maak aan hul ondersteuners en as hul suksesvol is, word hulle tiranne.
Die Griekse taal het meer as een woord wat die verskeie tipes liefde beskryf. Daarom was hul taal baie meer beskrywend en spesifiek as ons Engelse taal. Ons gebruik die term ‘liefde’ om te beteken ‘n seksuele verhouding [om liefde te maak], of onvolwasse liefde [jong liefde] of vriendskap, of ouerlike liefde of self-opofferings liefde. Die Griekse taal, daarinteen, het minstens drie woorde wat liefde beskryf.
Eros was die mees onvolwasse tipe liefde, en beskryf ‘n fisiese aantrekking wat ook in wellus kan verander. Die woord eros word glad nie in die Nuwe Testament gebruik nie. Phileo was op ‘n hoër vlak, beskrywend van broederliefde, of die behoorlike liefde tussen broers en suster. Dus beteken ‘Philadelphia’ stad van broeder liefde. Tog weet ons dat soos sibbe saam groot word, is hul ‘liefde’ meestal gebaseer op ‘n 50/50 verhouding. Dit is ‘n regterlike liefde wat eie-regte en ‘regverdigheid’ soek. Dus, phileo liefde is voorwaardelik, en die wat nie verby hierdie obstruksie breek nie is nie volmaak in die liefde nie. Dit neem volwasse liefde genoem agape om onvoorwaardelik lief te hê. Dit is die liefde van God wat Johannes aan ons voorlê as ons doel van geestelike volwassenheid.
Agape is anders as phileo liefde. Soos sibbe groter word, begin hulle die prinsiepe van eiendomsregte leer. Hierdie is myne, en daardie is joune. Moenie jou boetie se speelding sonder toestemming vat nie. Hierdie deel van die kamer is myne, en daardie deel is joune. Kinders veg dikwels vir hul regte, en ouers word die skeidsregter en maak oplossings vir die argument. Die ouer is die wetgewer, en elke keer wat ‘n ouer ‘n onderonsie moet oplos, leer die kind iets oor phileo liefde. Soos tyd aanstap begin hulle leer om die regte van ander te respekteer en ander te behandel soos hulle sou behandel wou word. Dis goed so, maar net ‘n stadium van kinder ontwikkeling. Uiteindelik, om heeltemal volwasse te wees moet hulle onvoorwaardelike liefde leer wat verby mens se eie regte strek. Dit gaan oor die hoër konsep van genade en vergifnis. Dit is nie dat ons eiendomsregte moet haat of die idee verban om ander met regverdigheid en gelykheid te behandel nie. Ons word nie geroep om die toepassing van die wet kort te kom nie, maar om verby dit te kom deur en na die prinsiepe in die evangelies neergelê. Jesus sê in Johannes 13:34-35:
“’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet lief [agape] hê; soos Ek julle ook lief gehad het, moet julle mekaar ook lief hê.”
Die enigste sin waarin hierdie ‘n nuwe gebod is, was omdat die wet van Moses net phileo liefde vereis het, wat gelykheid en regverdigheid vir almal toereken. Die wet het nie gevra dat enige een hul wettiglike regte opgee nie. Die wet het daardie regte gedefinieer en sou altyd enige mens se regte ondersteun van wat wettiglik aan hom behoort.
Maar Jesus het ons deur Sy voorbeeld gewys hoe om dit alles op te gee-selfs hoe om na die kruis te gaan-sodat ons ‘n seëning vir ander mense kan wees. Dit was agape liefde in aksie. Dit is wat Jesus gesê het Sy dissipels sou onderskei van die mensdom.
Die wet van Moses vra van my om my naaste lief te hê soos myself [Lev 19:18]. Maar die wet vra nie van enige een om sy lewe neer te lê vir enige iemand anders nie. Jesus se nuwe gebod vereis van my om ander meer as myself lief te hê, deur wat dit sê in Johannes 15:13,
“Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”
Dus sien ons dat die wet werklik liefde definieer; maar dit is beperk tot phileo liefde. Dit lei ons soos wat ons besig is om in geestelike volwassenheid te groei. Dit lê die fondasies van regverdige behandeling en respek teenoor ons naaste wat so nodig is in meeste van ons lewensverhoudings. Om phileo liefde te leer is ‘n voorvereiste om agape liefde te kan leer, want hoe kan ‘n mens onvoorwaardelik lief hê as hy nie eers geleer het hoe om voorwaardelik lief te hê deur die wet nie? Dit is waarom God eerste die wet gegee het. Dit was sodat Sy mense die basiese geregtigheid kon leer voor hulle aanbeweeg na die hoër prinsiep van genade wat deur Jesus Christus gekom het [Johannes 1:17].
Die drie feeste van Israel kan gesien word as stadiums van geestelike ontwikkeling en help ons ook om elke persoon se vlak van liefde te definieer. Wanneer ons die Paasfees ervaar, deur ons geloof in die bloed van die Lam van God te plaas, word ons kinders van God op die eerste vlak. Ons is geestelike babas.
Dit is ‘n goeie begin, maar op daardie stadium van ontwikkeling is die nuwe Christen dikwels self-gesentreerd, en onkundig. Ons verwag nie veel van ‘n babatjie nie, behalwe om oulik te lyk nie. Om ‘n baba te wees beteken die wêreld draai om homself. Hy weet net wat hý wil hê en het geen verstaan van die behoeftes van sy ma of naaste nie. Wanneer honger, dring hy luidkeels aan op voeding. As hy nat is, wil hy net geruil word. As hy alleen voel, soek hy dadelik aandag. Hy het geen konsep van om homself in sy ma se skoene te sit nie. As sy ma moeg of besig is, gaan dit hom nie aan nie. Hy weet net van sy eie behoeftes en dit is die mees belangrikste ding op aarde op daardie oomblik.
Daar is sommige volwassenes wat hul lewe deurgaan sonder om regtig baie vêrder as hierdie ontwikkelings stadium te vorder. Sulke mense sien ander se eiendom as hul eie en kan steel sonder ‘n tikkie gewete. As hulle in magsposisies aangestel word, kan hulle baie meer effektief steel en soveel makliker ook. Hulle glo werklik dat ander bestaan bloot om hulle te dien. Hulle voel ‘belangrik’ en haat die gewone mens. As hulle dalk godsdienstig is, dan is hulle geestelike babas wat hul ‘belangrike’ posisie regverdig deur ‘n aanspraak te maak op ‘n goddelike reg om ander te beheer.
Paasfees vlak Christene word gekarakteriseer deur eros liefde, wat selfgesentreerd is. Sulke mense is inhalig, nie vrygewig nie. In ‘n gesprek het hulle min of geen belangstelling om na ander te luister nie maar wil die praatwerk doen en hou van hul eie stem. As hulle enigsins oor jou welsyn uitvra, is jy gelukkig om ‘n sin in te kry voor jy weer deur hulle in die rede geval word, met ‘n “dit herinner my nou aan myself…” Sulke Christene is nog nie volmaak in die liefde nie, en God sal nie enige outoriteit of heerskappy in Sy Koninkryk toestaan aan hulle nie, want hulle sou ongeregtigheid bestendig.
Pinkster-vlak Christene word gekarakteriseer deur phileo liefde. Soos ons vroeër genoem het, is dit regterlike liefde. Die Pinksterfees is ‘n fees wat die gewing van die wet herdenk. Dit is ‘n nodige stadium van ontwikkeling, maar nie genoegsaam om in God se Koninkryk te heers nie. Dit het nog nie die liefde van die oorwinnaars nie. Tog is die Pinksterfees waar al die nodige fondasies gelê word vir agape liefde. Die wat die stem van die Gees hoor en gehoorsaamheid leer, leer ook hoe om ware geregtigheid te implementeer, sodat ander mense se regte nie geskend word nie.
Die algemene persoon, natuurlik, is nie geroep na ‘n posisie van outoriteit nie en is daarom beperk in sy vermoë om geregtigheid te vestig oor ander mense se onderonsies. Meeste van ons is beperk tot familie verhoudings om hierdie dinge te leer-veral wanneer ons self kinders het. Om onderonsies tussen ons kinders op te los is die algemeenste manier waardeur ons phileo liefde en die goddelike wet leer.
Die Fees van Tabernakels [Huttefees] beeld die eindelike doel uit, nie net die doel van geskiedenis nie maar ook ons individuele geestelike doel. Dit is eers wanneer ‘n persoon volwasse is dat hy kan verstaan hoe om reg te heers.
‘n Eenvoudige voorbeeld in die familie sou wees as n kind ‘n venster van die bure se huis stukkend breek. Die ouer, natuurlik, word deur die wet verantwoordelik gehou. Maar hoe sou die ouer die kind hanteer? Phileo liefde sou vir die kind sê, “Jy moet werk om die hele koste van die ruit terug te betaal.” Agape liefde sou egter alternatiewe opsies hê. Die ouer sou besluit na watter mate om die kind verantwoordelik te hou. Het die kind dit aspris gedoen of was dit miskien regtig ‘n ongeluk? Is die kind aangesê om nie met ‘n bal naby die venster te speel nie? Is die kind regtig jammer of maak hy verskonings? Hoe oud is die kind? Moes hy van beter geweet het? Hierdie is alles vrae wat die ouer moet in ag neem en moet ook die kind kan vergewe tot ‘n mate of heeltemal.
Dit sit nie die wet eenkant toe nie-want die ouer sou steeds die betaling vir die venster moes gee. Die ouer voldoen aan die vereiste van die wet, nes Jesus die wet tevrede gestel het vir ons sondes. Maar die vraag is: Moet die ouer die kind ook verantwoordelik hou om hom geregtigheid te leer? Indien so, hoe verantwoordelik moet die kind gehou word? Jy sien, God doen dit ook met Sy kinders. 1 Johannes 4: 8 sê dat God liefde is [agape]. Maar dit beteken nie dat God sal weier om ons ook verantwoordelik te hou vir ons dade nie. Liefde en dissipline is nie teenoorgestelde konsepte nie. Dit is omdat God ook ons Vader is, en Hy is verantwoordelik om ons verantwoordelikheid vir ons dade te leer.
As Hy ons nooit verantwoordelik sou hou nie, sou ons nie phileo liefde leer nie en dus ook nooit instaat wees om agape liefde te leer nie. As al wat ons van God gesien het, agape liefde was, sou ons vinnig glo dat ons maar mag sondig sodat genade kan toeneem [Rom 6:1]. Met ander woorde ons sou nie gehoorsaamheid geleer het nie, en ons sou wetteloos word. Aan die ander kant, as God ons nooit genade bewys het nie, sou ons geen voorbeeld hê om agape liefde te leer nie. Daar is dus ‘n balans wat gevind moet word:
Om te weet wanneer om phileo liefde toe te pas en wanneer om agape liefde toe te pas vereis volwasse geestelike redenasie vermoë. Nes God self hierdie balans ken, moet ons dit ook leer, sodat ons dit kan toepas met ons kinders en naaste. Die merk van ‘n oorwinnaar is dat hy/sy besig is om agape liefde te leer.
Daar is verskeie Bybel verse wat handel oor agape liefde wat ons kan aanhaal, maar hierdie is nie bedoel om ‘n lang studie van die onderwerp te wees nie. So ons het gekies om die min-gelese instruksie in Lukas 14:12-14 te gebruik:
“En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: “Wanneer jy ‘n môre of middagete gee; moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie ook miskien weer eendag uitnooi en jy vergelding ontvang nie. Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes en jy sal gelukkig wees omdat hulle niks het om jou te vergeld nie, want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.”
Die instruksie wys in eenvoudige terme wat agape liefde is. Phileo is 50/50 verhoudings-jy help my en ek help jou. Dit dring op gelykheid aan, want dit is die wettiglike reg. Maar agape liefde is gemanifesteer wanneer ‘n persoon iets goed doen sonder om enige iets terug te verwag. Inderwaarheid, perfekte liefde het nie eens die bemoediging van ‘n Hemelse beloning nodig nie. Maar sulke liefde sal beloon word.
Let ook op dat die beloning is om ‘vergeld te word in die opstanding van die regverdiges’. Ons weet dat mense hul beloning in die opstanding sal ontvang. Maar daar word twee opstandings in Openbaring 20 genoem. Die eerste, soos in Les 1 gesien, sluit net die regverdiges in, terwyl die algemene een ‘n duisend jaar later beide regverdiges en onregverdiges insluit [Johannes 5:28-29]. So sien ons in Jesus se leering in Lukas 14 dat die wat die onvoorwaardelike liefde van God manifesteer sal vergoed word in die opstanding van die regverdiges-dit is, die eerste opstanding.