You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.

Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.

Quantity:

Total:

Hoe Om ‘N Oorwinnaar Te Wees

Vier basiese lesse en 'n epiloog oor wat die Bybel leer oor 'n oorwinnaar wees.

Category - Short Book

Les 2

Om Gehoorsaam Te Wees

‘n Oorwinnaar is iemand wat geleer het hoe om God se gehoorsame dienskneg te wees. Mens moet ‘n dienskneg wees voor jy ‘n ware seun kan wees, want selfs seuns moet gehoorsaamheid leer as diensknegte terwyl hulle nog kinders is [Gal 4:1].

Een kenmerk van ‘n onvolwasse Christen is iemand wat die voordele van seunskap verwag sonder om eers volwasse te wees. Hulle dink hulle is seuns net omdat hulle ‘wedergebore’ is in die familie van God. Maar hulle besef nie om deel van God se familie te wees vereis Christelike groei om verantwoordelikheid te leer nie, sodat hulle sal weet hoe om outoriteit verstandig te gebruik met die karakter van Christus.

In antieke tye het Israel drie hoof feeste gevier, elk het ‘n besonderse betekenis vir ons vandag. Die drie was: Pasga [Paasfees], Pinkster en die Huttefees [Tabernakels].

Paasfees het die dag herdenk waarop God Israel uit Egipte verlos het. Dit was die dag wat Moses begin het om die Israeliete na die beloofde land toe te lei. Nadat hulle deur die Rooi see is, het Moses hulle na ‘n plek genaamd Berg Sinai gelei, waar God hulle die tien gebooie gegee het. Daardie dag is later herdenk as die Pinksterfees. ‘n Jaar nadat God aan hulle die wet gegee het, het Israel die Berg Sinai verlaat en begin trek na die land Kanaän, wat God as hul erfenis beloof het. Hulle het op aankoms 12 spioene die land ingestuur.

Hulle het na 40 dae teruggekom en hul verslag gelewer. Die land was baie vrugbaar, het hulle gesê, maar dit was alreeds te dig bevolk, daar was selfs reuse. Die mense se geloof het verdwyn, en hulle het nie geglo God kan hulle help om die land in te neem nie. So God het hulle terug na die woestyn gestuur vir ‘n vêrdere 38 jaar voor hulle toegelaat is om die land binne te gaan onder Josua. Die punt is dat as Israel die land op hul bestemde tyd geërf het, hulle dit sou binnegegaan het op die eerste dag van die Huttefees [Tabernakels]. In plaas daarvan het hulle geweier en het daardie hele generasie almal in die wildernis gesterf sonder om hul erfenis te ontvang. Ewenwel moes hulle steeds daardie dag herdenk deur die Huttefees elke jaar te vier.

Die Betekenis Vir Ons 

Die betekenis vir ons is: Ons self is gered van ons slawerny deur Jesus se dood aan die kruis. Hy het op die Paasfees gesterf om die Kerk na haar goddelike erfenis te bring, die ‘Beloofde Land’. Maar dit was net die begin van die reis. Sewe weke later op die begin van die Pinksterfees, is die Heilige Gees aan die Kerk gegee [Hand.2]. Dit was die ware volvoering van die Pinksterfees, nes Jesus se kruisdood die ware volvoering van die Paasfees was.

Maar die Pinksterfees was nie die laaste fees wat volbring moes word nie. Die derde groot fees was die Huttefees [tabernakels] wat ons ‘beloofde land’ verteenwoordig. Dit wys nie heen daarop dat ‘n persoon ‘hemel’ toe gaan nie. Die Hemel is nie ons erfdeel nie. Ons erfdeel is die verheerlikte liggaam, die tabernakel wat ons sal beklee met onsterflikheid [2 Kor 5:1-4].

Jy sien, ons het daardie onsterflike, verheerlikte liggaam verloor toe Adam lank gelede gesondig het. Daardie liggaam is gemaak uit die stof van die aarde. Dit is ons ‘land erfenis’. God se plan was om Sy glorie op aarde te toon net soos dit in die hemel is. Sy doel sal nie behaal wees voordat Sy glorie die aarde oorkruis soos die waters die see oordek nie. [Heb 2:14]. Sy intensie is nie om hierdie ‘stof’ te vernietig nie maar om dit vol van Sy glorie te maak. Dit is geïllustreer en bewys deur Jesus self toe Hy verheerlik is op die berg [Mat 17:13].

‘n Oorwinnaar is iemand wat die reis al die pad vanaf ‘Egipte’ na die ‘Beloofde Land’ aflê. Om dit te doen, moet hy eers Egipte verlaat. Dit is, hy ervaar Paasfees deur sy geloof in Jesus Christus te plaas, die lam van God [Johannes 1:29]. In die Nuwe Testament word dit ‘regverdigmaking’ genoem [Rom 4:25]. Tweedens ervaar hy die Pinksterfees deur met die Heilige Gees gevul te word. Dit is ‘n aparte ondervinding wat die proses genaamd ‘heiligmaking’ begin. [1 Kor 1:30]. Dit beteken ons is uitverkies vir goddelike diens, en dat ons gehoorsaamheid begin leer deur die leiding van die Heilige Gees.

Soos wat iemand leer om deur die Gees gelei te word, leer hy hoe om die stem van God te hoor en gehoorsaam. As hy kwalifiseer as ‘n getroue dienskneg, is hy geskik vir die finale en derde fees, die Huttefees, waar in hy beklee sal word met die klere van onsterflikheid. Elke gelowige sal die beloning op die ou end kry, maar nie almal sal deel hê aan die eerste opstanding nie. Meeste sal moet wag vir die tweede opstanding beskryf in deel een, om ‘n vergewer te wees.

Die feit is dat die Kerk van die Pinkster Era in die afgelope 2,000 jaar die voorbeeld van die Israeliete in die woestyn gevolg het as ‘die kerk in die wildernis’ [hand. 7:38] onder Moses.

Die Wet En Gehoorsaamheid

Regverdigmaking is slegs deur die geloof. Maar as ‘n persoon eers regverdig is, gered is, wedergebore is-wat ook al mens dit wil noem- dan begin God om die gelowige gehoorsaamheid te leer. Niemand word geregverdig deur die wet nie-dit is, deur gehoorsaamheid aan die wet nie. Maar ‘n gelowige word ook nie heilig gemaak sonder die wet nie. ‘n Ware Pinkster-vierder is een wat nie wetteloos is nie maar wettiglik optree [regverdig, nie wetties nie].

Wanneer ek die term ‘wet’ gebruik verwys ek na enige opdrag van God wat Hy aan ons gee, of dit nou deel is van die geskrewe rekord van die skrifte of deur direkte leiding van die Heilige Gees. Enige iets wat God sê om te doen is ‘n wet, want God vereis gehoorsaamheid aan as Sy bevele.

Israel is ‘gered’ of ‘geregverdig deur die geloof’ toe hulle Egipte verlaat het. Dit is, hulle het ag gegee op die roepstem en geloof gehad dat God hulle uit slawerny en na hul erfenis sou bring soos Hy beloof het. Dit het die wet met omtrent 50 dae vooruitgegaan. Dit was gedoen om ons te wys dat regverdigmaking verskil van die wet en heiligmaking. Rom 3:38 sê,

Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.”        

Toe Paulus eers bevestig het dat regverdigmaking nie deur die wet kom nie, het hy begin om in Rom 6 die prinsiepe neer te l  van heiligmaking. Rom 6:1,2 sê,

“Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, sodat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?”     

Die sonde is die oortreding van die wet,” sê Johannes in 1 Johannes 3:4. Meer letterlik, lees die vers, ‘die sonde is wetteloosheid’. Die Griekse woord is anomia. Dit is afkomstig van die Griekse woord nomos, ‘wet’. Die wet definieer sonde vir ons. Moord is sonde omdat die wet dit so beskryf in Ex 20:13. Owerspel is sonde omdat die wet so sê in Ex 20:14. Diefstal is sonde want die wet verklaar dit in Ex 20:15.

Die Apostel Paulus sê vir ons in Rom 3:20 :

“Deur die wet is die kennis van die sonde.”

Net so sê hy in Rom 7:7:

“Ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie want ek sou die begeerlikheid nie geken het as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.”

Dit is die selfde in vandag se samelewing. Ons regerings het wette wat hulle gebruik om ‘sonde’ te definieer soos hulle dit sien. As daar geen wet teen moord of diefstal was nie, kan selfs die briljantste regter nie enige man van moord of diefstal skuldig bevind nie. Dit is waarom mense wette maak en uitstrek. Dit is die standaard van maat in elke hof om skuld of onskuld te besluit. Dit is ook so met God se Koninkryk. Die standaard maat vir Christelike gedrag is die goddelike wet. Om een van Sy wette te oortree maak mens ‘n sondaar. Ons weet dat elke mens die wet oortree en verbreek het, Rom 3: 19 en 23 sê  

“Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God aanspreeklik kan wees…want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.”

Omdat alle mense gesondig het, is daar geen manier vir enige een om geregverdig te word deur die wet nie, want die wet kan net die skuldige veroordeel. Maar Jesus het gekom en die hele skuld aan sonde van die hele wêreld kom betaal om sodoende ons te regverdig. Die wet gee nie om wie die rekening betaal nie, so lank as dit betaal word. Jesus het die volle eis van die wet bevredig, en daarom het die wet nie meer gronde om ons op aan te kla of te dwing om die rekening vir ons sonde te betaal nie. Deur so te doen, het Jesus tog nie die wet weggesit nie. As Hy die wet weggesit het, sou Hy nie die rekening hoef te betaal het nie. Hy kon eenvoudig geappelleer het daarteen. Maar Hy het nie, want die Apostel Paulus sê in Rom 3:31 :

“Maak ons die wet tot nuut deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet!”

In Amerika en elke ander land is die mense heeltyd besig om hul wette aan te pas of te verander. Ons het voormalige wette teen owerspel en homoseksualiteit gehad. Daardie wette is nou tot niet gemaak. Dit beteken niemand mag in ‘n hof vervolg word as hulle sulke dinge doen nie. Ander wil die wet teen dagga en heroine tot niet hê. As daardie wette weggesit word, dan kan niemand vervolg word wat sulke dinge doen nie. So is dit met God se wet. Party Christene leer die mense dat God Sy wet tot niet gemaak het of weggesit het, en nie net ‘n paar van die wette nie, maar sommer die hele wet!

As dit die geval was, sou alle menslike doen en late reg /wettig wees in God se oë. Daar sou geen sulke ding soos sonde gewees het nie. God sou geen reg gehad het om enige mens te beoordeel of nasies te oordeel nie, want niks sou gedefinieer kon word as ongehoorsaamheid of sonde nie.

Rom 4:15 sê:

Waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie”

Is daar sonde in die wêreld? Net as die wet steeds van toepassing is. Sal God die wêreld by die Groot Wit Troon beoordeel? Net as daar ‘n wet is waardeur Hy kan beoordeel. Dit beteken nie wette kan nie verander nie. Hulle doen. Hulle is morele wette, natuurlik, en moraliteit is onveranderlik, maar daar is sekere vorms van die wet wat wel verander en daar is veranderinge in administrasie en gesag wat ook in kom.

Byvoorbeeld, in die Ou Testament het God vereis dat mense sondoffers na die tempel bring. In die Nuwe Testament het Jesus gekom om die finale Sondoffer van alle tye, wat nooit weer gebring hoef te word nie, te wees. Net so, in die Ou Testament het die priesterlike owerheid slegs bestaan uit die Leviete wat direk afkomstig was van Aäron [Moses se broer]. Maar in die Nuwe Testament het Jesus deur ‘n ander, verskillende orde van priesterskap gekom genaamd die Melgisedek orde [Heb 5:6] wat nie fisiese afkoms vanaf Aäron vereis het nie. In plaas daarvan vereis dit geestelike afkoms van Jesus Christus, die blywende Hoë Priester van daardie orde.

So ja, sekere dinge in die wet is aangepas. Maar moord is steeds sonde, diefstal is steeds sonde, owerspel is steeds sonde. God het nie Sy besluit verander oor morele sake nie, en het dit ook nie skielik wettig gemaak toe Jesus gesterf het aan die kruis nie.

Pinkstertyd en Gehoorsaamheid 

Rom 10:17 sê vir ons,

“…die geloof is dus uit die gehoor.”

In die Hebreeuse taal van die Ou Testament beteken die woord shema beide ‘gehoor’ en ‘gehoorsaamheid’. Ons kan dit enige van die twee maniere vertaal en dit sal steeds korrek wees. Met ander woorde, die Bybelse konsep van om God te hoor kan nie geskei word van gehoorsaamheid aan wat mens gehoor het nie. As ‘n persoon beweer dat hulle God gehoor het, maar nie gehoorsaam is aan Sy stem nie, dan het daardie persoon nie regtig gehoor nie. Dit is wat die Apostel Jakobus bedoel het toe hy in Jak 2:17 en 24 geskryf het,

Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood… Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?”

Dié het baie mense al verwar wat dink dat die Apostel Jakobus die Apostel Paulus weerspreek [Rom 3:28, 4:5]. Dit is nie die geval nie. Albei was korrek. Paulus was reg om regverdigmaking van heiligmaking te onderskei-dit is die Paasfees van Pinksterfees. Maar Jakobus was korrek om werke saam met geloof te stel-dit is, gehoorsaamheid saam met gehoor. Paulus se leering vertel ons dat Paasfees en die Pinksterfees twee verskillende feestye is wat twee verskillende geleenthede herdenk. Israel het uit Egipte gekom voor hulle die wet by Berg Sinai ontvang het. Dus kom regverdigmaking deur die geloof, apart van gehoorsaamheid aan die wet. Jakobus se leering sê vir ons dat Israel gedurende die Paasfees die openbaring ontvang het dat hulle ‘n lam moes slag en die bloed aan die deur poste en bo-drumpel van hul huise moes smeer. Om slegs die opdrag te hoor was nie genoegsaam nie. Hulle moes daarop ag gee en dit uitvoer om hul eersgeborene seuns van die dood te red.

Dus, gehoorsaamheid is die gevolg van geloof en sonder gehoorsaamheid is daar nie regte geloof nie. As jy geregverdig is deur die geloof en glo dat Jesus Christus vir jou sondes gesterf het en weer opgestaan het uit die dood vir jou regverdigmaking, dan het jy jou reis na die Beloofde Land begin. Jy het ‘Egipte’ verlaat, die plek waar jy in slawerny van sonde was. Jy is nou deel van die gemeente [kerk], nes dié wat Egipte op Paasfees verlaat het en deel was van die kerk in die wildernis [Hand 7:38].

Dit beteken jy is nou ‘n burger van die Koninkryk. Die burgers onder Moses was toegelaat om die buite hof van die Tabernakel [Tent van Samekoms] binne te gaan. Daar was drie afdelings van die Tent van Samekoms van Moses: die buitehof, die Heiligste en die Allerheiligste. Ons is die Tempel van God en hierdie drie afdelings van die Tabernakel kom ooreen met die liggaam, siel en gees. Ons kan ook daardie drie afdelings sien as ons plek in die Koninkryk: Burger, Priester en Liggaam van die Hoë Priester [vandag is ons van ‘n Melgisedek Priesterorde, nie ‘n Levitiese Priesterorde nie. ]

As jy eers Egipte verlaat het en ‘n burger van die Koninkryk geword het, is jy in staat om na “Berg Sinai” te gaan om die Pinksterfees te ervaar. Dit word partymaal na verwys as ‘n ‘tweede werk van genade’ in ons lewens. ‘n Ware Pinkster -vierende is iemand wat die Heiligste van die Tabernakel binnegaan. Slegs Priesters kon die Heiligste binnegaan. Dus, ‘n ware Pinkster -vierende is meer as net ‘n blote BURGER van die Koninkryk. Hy is ook ‘n PRIESTER van die Koninkryk. Die Ou Testamentiese tipologie hiervan word uitgebeeld deur die feit dat die gene van die stam van Levi burgers van die Koninkryk was, maar net afstammelinge van Aäron was Priesters.

Die Pinksterfees is die fees van die Wetgewing. Dit vier die dag wat God vir Israel die Tien Gebooie by Berg Sinai [In Exodus 20] gegee het. By daardie geleentheid het God gepraat, en die volk het die stem van God gehoor. Deut. 4:12 sê:

“En die Here het met julle uit die vuur gepraat, julle het ‘n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie-net ‘n stem was daar.”

Israel was te bang op daardie stadium om meer as net die Tien Gebooie te hoor. Hulle het Moses gesmeek om vir God te vra dat Hy op sou hou om direk met hulle te praat [Ex 20:15-21]. Hulle het eerder verkies dat Moses vir hulle sê wat God gesê het- dit is, om God indirek te hoor deur ‘n menslike agent.

Hebreërs 12:19 verwys na daardie dag, dit sê:

“…en basuin geklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie-”

Daardie dag het Israel ‘n aaklige president geskep deur te weier om God direk te hoor vir hulle self. Hul wou ‘n mens hê, ‘n professionele prediker, om God se stem te hoor namens hulle en dan te rapporteer wat hy hoor. Hulle wou ‘n indirekte verhouding met God hê. So God het hulle gegee waarvoor hulle gevra het. In plaas van om Sy wet op hul harte te skryf deur die gehoor aan Sy stem, het Hy hulle die wet gegee op klip-tafels gegraveer. As die mens die stem van God wou hoor, moes hulle die klip-tafels lees wat geen lewe gehad het in hulle self nie. Hulle het nie verstaan geloof kom deur die gehoor nie, [Rom 10:17] en dat ‘sonder geloof, dit onmoontlik is om God te behaag”[Heb. 11:6] nie.

Mens kan sekerlik geloof kry deur klip-tafels te lees [die geskrewe woord, die Bybel]. Maar dit kan net gebeur deur die werk van die Heilige Gees. Ons kan nie die direkte stem van God verby steek en steeds hoop om ons geloof te sien groei nie. Ons moet leer om God te hoor of ons nou die Woord lees, luister na ‘n prediker of deur tekens van die tye waar te neem. Die eksterne dinge in hulle self kan nie geloof in ons vestig nie. Geloof kom wanneer ons God sien en Sy stem hoor deur daardie eksterne dinge. 

God begeer ‘n persoonlike en direkte verhouding met elke een van ons. Dit is wat ons skei van die wat die ‘onbekende God’ dien. God is nie tevrede daarmee om ons te bombardeer met Skrifgedeeltes en ons dan te los om uit te pluis hoe om daardeur te lewe nie. Hy werk in ons deur die Heilige Gees elke oomblik van die dag, en as ons maar net sou luister kan ons altyd gelei word deur daardie stil, innerlike stem. Dit is die Pinkstertyd.

Ongelukkig het Israel ‘n patroon gevestig in Exodus 20 wat die ware bedoeling van die Pinksterfees verwerp het. Hulle het almal die Tien Gebooie gehoor, en ons sien ook vandag dat daardie deel van die Wet algemeen bekend is in die Kerk. Maar die res van die Wet was indirek aan Israel gegee, want Moses was die enigste een wat die res van die Wet daardie dag gehoor het toe Hy berg op is in Exodus 20:21. Dit is jammer dat selfs in die Kerk vandag gaan die res van die Wet voort om geslote te wees vir die mense. Hulle bestudeer dit nie, want dit is nie vir hulle ‘n openbaring nie. Daar is ‘n sluier oor hul oë wat eers deur die Heilige Gees se openbaring weggeneem kan word, wat alleen mag het om die Skrifte lewe te gee.

In Handeling 2 is die sluier gelig van die oë van die 120 dissipels in die bo-vertrek. Hulle het die newe-effekte van hul voorvaders se besluite oorwin. Die 120 het besluit dat hulle WOU hoor wat die res van God se openbaring was. Hulle was nie gelukkig met net dit wat hulle in die verlede gehoor het nie. Hulle was nie tevrede met gedeeltelike visie en gedeeltelike gehoor nie. Hulle wou hê dat Jesus hul half-blindheid moes gesond maak, nes Hy die blinde man in die negende hoofstuk van Johannes gesond gemaak het.

Wonderwerke En Wetteloosheid

Meeste Christene het al Jesus se ‘bergpredikasie’ meer as een keer gelees. Dit is opgeteken in Mat.5-7 . Nader aan die einde daarvan praat Hy van hoe om die verskil tussen ‘n ware en ‘n valse profeet te ken deur hul ‘vrugte’. Dan sê Hy in Mat. 7:21-23 :

Nie elkeen wat vir My sê “Here, Here!” sal in gaan in die Koninkryk van die Hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die Hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê, “Here, Here! Het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uit gedryf en in U Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê, “Gaan weg van my, julle wat die ongeregtigheid werk! Ek het julle nooit geken nie!”

Die Griekse woord vertaal as ongeregtigheid is anomia. Die Ou Afrikaanse vertaling stel dit as ongeregtigheid, wat tegnies gesproke akkuraat is maar nie ten volle die konsep oordra van wat dit beteken om God se Wet te verbreek nie. Die sin is beter vertaal as , “…julle wat wetteloos is.” In hierdie stuk het Jesus nie van ongelowiges gepraat nie maar van gelowiges.

Om die waarheid te sê, Hy het gepraat van gelowiges wat selfs wonderwerke kan doen. Hulle is selfs mense wat die Heilige Gees op ‘n sekere mate het, want ons lees in 1 Kor 12:3:

“…niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.”

Jesus was dan nie regtig so beïndruk deur wonderwerke soos ander mense nie. Wonderwerke is goed en behulpsaam, maar hulle word nooit na verwys as ‘n merk van ‘n oorwinnaar nie. So as jy nog nooit ‘n wonderwerk gedoen het nie, moenie ontmoedig word in jou strewe om ‘n oorwinnaar te word nie. Hierdie is nie ‘n les in wonderwerke doen nie; hierdie is ‘n les oor eenvoudige gehoorsaamheid aan die leiding van die Heilige Gees.

In Num. 20:11 het Moses die rots geslaan, en ‘n wonderwerk het gebeur. Water het uit die rots gestroom vir die Israeliete. Maar God het nie vir Moses gesê om die rots te slaan nie-nie op daardie geleentheid nie. God het in vers 8 vir hom gesê om met die rots te praat. Moses was ongehoorsaam en moes van beter geweet het en so was hy nie toegelaat om in die Beloofde Land in te gaan nie. Dit is ‘n goeie voorbeeld van hoe wonderwerke in ongehoorsaamheid aan God kan plaas vind.

Jesus het die dag sien kom waarin baie sou sê, “Here, Here! Het ons nie in U Naam wonderwerke gedoen nie?” Jesus het nie hulle bewering afgekeer nie. Maar wonderwerke besluit nie oor wie is of wie is nie ‘n oorwinnaar nie. God stel meer belang in gehoorsaamheid as wonderwerke.

Die Onkruid In Die Saailand

In Jesus se gelykenis van die onkruid in die Saailand, gebruik Jesus weereens die term anomia, deur te sê in Mat.13: 41-42:

 “…die Seun van die mens sal Sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy Koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van tande.”

Sal die wettelose mense veroordeel word deur ‘vuur’? Ja, dit is wat dit sê, maar ek glo nie dit is ‘n letterlike vuur wat mense teister nie. Vir ‘n volledige studie van die natuur en durasie van die ‘vuur’, sien ons boek, The Judgements of The Divine Law. Byvoorbeeld in daardie boek bewys ons dat die ‘vuur’ die ‘vurige wet’ is wat God aan Israel gegee het [Deut. 32:2]. Dit verteenwoordig die goddelike oordele van die Wet.

Die Wet het nooit marteling vir enige sonde voorgeskryf nie. Die vuur wat byvoorbeeld toegepas is op ‘n dief was dat hy vergoeding moes betaal [Ex. 22:1-4].

Daar is twee tipes wettelose mense: gelowiges en ongelowiges. Albei sal beoordeel word volgens die goddelike wet. Paulus sê van die gelowiges in 1 Kor 3:11-15 [11-13:]

Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op die fondament [Christus] bou; goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels-elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur VUUR openbaar gemaak word, en die VUUR sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.”

Let dat Paulus hier gepraat het van die wat bou op die fondament wat Christus is. As Christus al klaar as die fondament van die hul lewe gelê is, dan is hul Christene. Wat Christene doen NA hulle Christus ontvang het word uitgebeeld deur goud, silwer en kosbare stene- as hulle dinge doen in gehoorsaamheid en deur die geloof. Maar as hulle met hout, hooi of stoppels gebou het, verteenwoordig dit die werke van die vlees [wettelose dade] wat kan en sal verbrand word deur die VUUR van God. Vers 14-15:

“As iemand se werke bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang, as iemand se werk verbrand word sal hy skade ly, alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.”

So om terug te kom na die gelykenis van die onkruid in die saailand in Mat.13: Jesus sê dat dié wat ‘ongeregtigheid’ doen’ onkruid is-dit is, skyngelowiges wat se vrugte giftig is, nie voedsaam nie. Met eerste oog opslag kan onkruid en koring [wat in die saailand saam groei] die selfde lyk. Dit is eers nader aan oes tyd wat die verskil duidelik word, want die koring word vol graan en buig sy hoof, asof in nederigheid. Die onkruid produseer klein, ligte saadjies wat nie buig nie en wat giftig is. Ons sal hulle waarlik aan hul vrugte ken.

Wettiesheid Is Wetteloosheid

Wanneer ons ook al sê dat Christene wets-onderhoudend moet wees, is daar altyd die wat dink dit beteken hulle moet wetties wees. Die skrifgeleerdes en fariseërs was wetties, en ons stel nie voor dat mense soos hulle moet raak nie. In hulle nougesetheid om die wet te volg, het hulle dit eintlik verbreek. Baie voorbeelde word gegee in Mat.5.

Wettiesheid is waar ‘n mens die wet lees wat sê, “Jy mag nie moord pleeg nie,” maar dink dit is reg om hul naaste te haat [Mat. 5:21,22.]. Wettiesheid is as ‘n mens die wet wat sê, “oog vir ‘n oog”, lees, en dan aandring dit is hul spesiale plig om ten volle wraak te neem op wie hulle ook al te nagekom het [ Mat.5:38-42.] Wettiesheid waar ‘n persoon lees, “Jy moet jou naaste lief hê,” en dan sy eie tradisie byvoeg, ‘en jou vyand kan jy maar haat.’ Wettiesheid is as ‘n mens nouliks definieer wat ‘naaste’ is sodat hulle nie mense hoef lief te hê wat hulle verkies om te haat nie. Dit is hoekom Jesus voor al hierdie voorbeelde gesê het dat ons geregtigheid oorvloediger moet wees as die van die fariseërs en skrifgeleerdes [Mat.5:20].

Met ander woorde ons moet ‘n beter interpretasie en toepassing van die wet hê as wat hulle gehad het. Baie van hul opinies het die wet vernietig. In Mark.7:7-13 sê Jesus vir hulle:

“Maar tevergeefs vereer hulle My, deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle vas aan die oorleweringe van mense, julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorleweringe te onderhou…So maak julle dan die Woord van God kragteloos deur julle oorleweringe wat julle bewaar het; en dergelike dinge van die selfde aard doen julle baie.” 

Dit is baie jammer dat mense die Wet interpreteer en toepas met hul vleeslike verstaan in plaas van om die Heilige Gees toe te laat om dit vir hulle te doen. Dit was die probleem met die skrifgeleerdes en fariseërs in Jesus se dag, soos Jesus gesê het in Mat. 23: 27-28,

“Weë julle, skrifgeleerdes en fariseërs, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinhede is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol van geveinsdheid en ongeregtigheid [anomia].”

Die probleem duur huidig nog voort. Wanneer mense dit doen, word hulle wetties en hulle veroorsaak dat ander die hele wet weggooi. Deur so te maak, is hulle nie meer in staat om deur ELKE woord te lewe uit die mond van God nie [Mat. 4:4]. Dit is die oorwinnaar se werk om te bid om die verskil tussen wetteloosheid en wettiesheid te sien, sodat hulle nie so word nie. ‘n Wettiese persoon kyk vir uitkomste in die wet om  sonde te probeer regverdig. Hy stel nie belang om die wil van God te doen nie, en wil sondig met vrystelling. Die Wet het soms gapinge in openbaringe, want as God oor elke liewe daad uitspraak moes lewer sou die volumes eindeloos wees.

‘n Voorbeeld word gevind in die wet van die Paasfees. Die Wet het gesê dat elke mens die fees moet onderhou. Dit het ook gesê niemand wat onrein was mag die fees gevier het nie. Dit het so gebeur dat ‘n man dood is, en sy seuns het hom begrawe [Num.9]. Deur aan die lyk te raak, was hulle onrein verklaar en mag nie die Paasfees gevier het nie. So het hulle dan na Moses gegaan en gevra wat om in so ‘n geval te doen. Moses het besef dat God nie oor so ‘n saak uitspraak gelewer het nie, so hy het na God gegaan vir vêrdere openbaring daaroor. God het vir hom gesê dat as hulle nie die Paasfees in die eerste maand kon onderhou nie, dan moes hulle dit op die selfde dag in die tweede maand doen. Hierdie uitspraak was ‘n groot openbaring gewees, want dit wys dat daar ‘n tweede kans is om geregverdig te word deur die bloed van die lam. Baie verwerp die idea van ‘tweede kanse’ en dring aan dat mense net in hierdie lewe geregverdig of gered kan word. Maar die wet is die Hart van God oor die saak. As ‘n persoon ‘onrein’ is in hierdie tyd, is daar ‘n tweede geleentheid [nie ‘kans’ nie] vir hom om geregverdig te word, in die era wat kom. Hierdie konsep word meer uitvoerig verduidelik in my langer boek, Creation’s Jubilee, en ‘n korter boekie, If God Could Save Everyone, Would He?

‘n Wettiese mens interpreteer die Bybel volgens die afgode van sy hart-dit is, sy eie begeertes en verstaan, eerder as met die openbaring van die Heilige Gees. Hy soek of vir uitkomste in die wet om sy sonde te regverdig, of hy sit sy eie tradisies by die wet en maak die wet ‘n swaar las vir die mense. Oorwinnaars is hulle wat begeer om die wil van God te ken, eerder as om hul eie begeertes/sienswyse te vestig. Hulle wil regtig gehoorsaam wees, eerder as om hul wense aan God voor te skryf.

Die Leiding Van Die Heilige Gees

Dit was nog altyd die begeerte van God om ons deur die direkte aksie van die Heilige Gees te lei. Dit was geïllustreer deur Moses deur die vuur- in die nag en die wolk kolom in die dag waardeur Israel in die wildernis gelei is. Maar mense is vleeslik gesind en blyk om te sukkel om God se stem te hoor. Party het rebellie in hul harte wat weier om te hoor en ander het baie harts afgode wat hulle verhoed om reg te hoor . Om daardie rede het God die Wet op eksterne klip-tafels gegee [of dit nou klip of papier is maak nie ‘n verskil nie].

God verkies om die wette op ons harte te skryf deur die gesproke woord, want dit sorg dat dit ingeneem word en deel raak van ons hele wese. Maar min is in staat om daardie Woord te hoor, en daarom het ons ‘n geskrewe rekord van die Woord ontvang. Mense bestudeer dit of met ‘n vleeslike gesindheid of met ‘n geestelike gesindheid, elk met verskillende resultate.

Die Heilige Gees is nie gegee as ‘n beter alternatief vir die wet nie of as ‘n vervanger van die wet nie. Die Heilige Gees is gegee sodat ons die wil van God kan ken elke keer wat Hy praat. Die dinge wat in die verlede geskryf is, was meestal verborge en kon eers openbaar word deur die direkte werking van die Heilige Gees. Met ander woorde, die Heilige Gees is die een wat lig werp op die wet, die een wat verstaan bring. Dit is wat Jesus persoonlik gedoen het toe Hy met Sy dissipels gewandel het. Maar toe Hy hulle liggaamlik verlaat het, het die Heilige Gees ‘n plaasvervanger van Hom geword op daardie manier.

Johannes 14: 25-26 sê:  

“Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly, maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”

Dus; die Heilige Gees is nie ‘n plaasvervanger van die wet nie, maar ‘n Jesus plaasvervanger. Deur dit te verstaan, sal ons nie in die wip van wettiesheid of wetteloosheid gevang word nie. Daarinteen, ons sal deur die Heilige Gees gelei word, wat nooit vir ons sal sê om die Wet van God te oortree nie. Die Gees mag ons dalk lei om mense se tradisies te verbreek-hulle verstaan van die wet-maar nie die Wet soos God dit veronderstel het om verstaan te word van die begin af nie.

Dit word gesê dat Jesus gedurig die wet verbreek het. Die fariseërs het dit geglo, en daaroor het hulle Hom gekruisig op ‘n aanklag van lastering deur te beweer dat Hy die Messias is. Hulle kon geen ander klag teen Hom vind nie. Pontius Pilates het die lam van God sonder vlek gevind, en gesê, “Ek vind geen skuld in Hom nie,” [Johannes 19:4]. Die Pasga lamme was vereis om sonder vlek of rimpel of gebrek te wees [Ex 12:5]. Jesus het die wet vervul. So hoe kan enige een sê dat Hy die wet ooit oortree het! As Hy skuldig was aan sonde, sou Hy nie gekwalifiseer het as die lam van God om ons sondes weg te neem nie. Sonde is wetteloosheid [1 Johannes 3:4].

Die Betekenis Van Gehoorsaamheid  

Meeste Christene verstaan dat God van hulle vra om gehoorsaam te wees. Party maak gehoorsaamheid deur hul verkeerde verstaan ‘n vereiste vir redding [regverdigmaking] en sit mense onder slawerny om goed te wees en goed te doen om meriete te verdien wat redding bring. Daardie siening word onderhou deur hulle wat nie die verskil tussen Paasfees en Pinkstertyd ken nie.

Paasfees bring regverdigmaking deur geloof, sonder werke [Rom 3:28]. Die Pinksterfees, daarinteen, bring ons na gehoorsaamheid en kan nie geskei word van ons werke nie. In Pinkstertyd word ons gelei deur die Gees om te doen wat God ons ook al na toe lei en wys. Dit is die betekenis van gehoorsaamheid. Dit affekteer alles wat ons doen direk. As ‘n persoon beweer om Gees vervuld te wees, maar weier om gehoorsaam te wees, is hy nie ‘n ware Pinkster-vierende nie.

2 Kor. 10:5 sê ons mag geestelike oorlogvoering vir hierdie doel doen,:

“Terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus”.

Die Apostel Petrus bevestig dit in 1 Pet. 1:14-15:

“Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewens inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in jul onwetendheid bestaan het nie, maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word.”

Ons hoef nie lank op hierdie feit te bly dwaal nie, want meeste verstaan dat gehoorsaamheid ‘n deugde van die gees is. Soos ek dit sien, is die belangriker saak dat mense gehoorsaamheid nie meer met die wet assosieer nie. Dit is nie dat die eerste vyf boeke van die Bybel van Moses die hele wet verteenwoordig nie. Dit doen nie. Die Wet is die volledige geskrewe Woord, saam met elke gesproke Woord wat God nog ooit vir ‘n mens op ‘n individuele basis gesê het. Wat God ook al vir ‘n mens sê om te doen is ‘n wet, eenvoudig omdat dit gehoorsaamheid benodig. Die enigste vereiste hiervan is dat mens altyd moet bid om die wil van God in elke geval te ken. As ons probeer gehoorsaam deur ons eie vleeslike verstaan, gaan ons misluk ongeag ons ‘goeie bedoelings’.