You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.

Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.

Quantity:

Total:

Die Wegraping aan die lig van Die Loofhuttefees

Die opstanding is die vervulling van die Fees van Trompette en die ‘wegraping’ van die heiliges is die vervulling van die Loofhuttefees. Aangesien die meeste leermeesters van die wegrapingsteorie nie die Bybel se feesdae in berekenig bring nie, is hierdie ‘n baie waardevolle en unieke studie. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.

Category - Short Book

Hoofstuk 7

Die Loofhuttefees - Fees van Tabernakels

Die Loofhuttefees (Succoth) moes vir 7 dae gevier word en is afgesluit met ‘n finale seremonie op die oggend van die 8ste dag. Die basiese wet met betrekking tot hierdie fees is te vinde in Levitikus 23:33-44. Vers 39 sonder die 1ste en 8ste dae uit as Sabbatte.

Gedurende hierdie fees-week moes die Israeliete takke van bome afsny, ‘hutte’ daarmee bou en daarin woon vir 7 dae. Vers 40 spesifiseer ook dat hulle voor God moes ‘vrolik’ wees.

Die bepaalde rede hiervoor in Moses se dae word in Levitikus 23:43 gegee,

43 so that your generations may know that I had the sons of Israel live in booths when I brought them out from the land of Egypt.

43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het.

Dit is noemenswaardig dat Israel Egipte verlaat het vanaf ‘n plek genaamd Sukkot (Eksodus 13:20). So sou hulle gedurende hul reis na die Beloofde Land, in hutte woon van die begin tot die einde daarvan.

Dit het meer as een betekenis. Eerstens, met betrekking tot die res van die feeste: Wanneer ons gelowiges word deur geloof in die bloed van die Lam (dit is wanneer ons Egipte verlaat met ons Paasfees ondervinding), behoort ons die Loofhutteondervinding as ons doel te stel.

Hierdie reis eindig immers nie op Paasfees, soos baie dink nie. Baie Christene word ‘gered’ en sit dan en wag om weggeraap te word na die Beloofde Land vanaf die grens van Egipte. Nee, die reis het dan pas begin en daar is meer van God om te ondervind.

Ander vanuit ‘n Pinkster-oortuiging, spoor mens weer aan om na die ‘tweede stap van genade’, naamlik doop met die Heilige Gees, te beweeg. Met ander woorde, hulle beroep Israel om na Sinaï te beweeg - die plek waar die eerste Pinkster plaasgevind het, toe God op die berg neergedaal het in vuur en rook om die Tien Gebooie in die volk se taal aan hulle te gee. Dit is goed as mense insien dat die doel van Pinkster is om die wet in jou hart geskryf te kry wanneer jy Sy stem hoor.

Sinaï is egter nie die eindbestemming of doel van die reis nie. Dit behels bloot bemagtiging deur ywer van die Gees om Israel toe te rus, sodat hulle die Beloofde Land in die toekoms binne kan gaan. Israel het egter daarin gefaal om gedurende die Loofhuttefees die Beloofde Land binne te gaan (Numeri 13 en 14) toe dit ‘... die tyd van die eerste druiwe.’ was (Numeri 13:20). Dit het die Jubileum in September aangedui, maar Israel se gebrek aan geloof het daardie Jubileum verander in ‘n dag van Versoening - vas en geween.

Die probleem het gekom toe hulle by Sinaï geweier het om Sy stem direk te hoor (Eksodus 20:18-21). Dus (sonder om Sy stem te hoor en deur die Gees gelei te word), was die volk nie toegerus met geloof om die Beloofde Land binne te gaan nie. Hieruit verstaan ons dat mens deur die Gees gelei moet word en Sy stem direk moet hoor om ‘n oorwinnaar te word wat kwalifiseer vir die eerste opstanding. ‘Tale’ is een van die gawes van die Gees, maar dit is nie wat mens kwalifiseer nie - praat kwalifiseer mens nie. Om te luister doen wel.

Let daarop dat die Hebreeuse woord shema beteken om te luister, maar ook om gehoorsaam te wees. As mens nie gehoorsaamheid leer nie, luister mens nie werklik nie - verwys na my boek Hearing God’s Voice.

As Israel hul geloof belei het op die dag toe die 12 spioene hul terugvoer gelewer het, sou hulle die Beloofde Land vyf dae later binne kon gaan, op die 1ste dag van die Loofhuttefees. Soos elke Israeliet verby die Verbondsark deur die Jordaan gestap het, sou hulle een vir een hul onsterflike liggaam ontvang het en sou hulle die Kanaäniete binne ‘n week met die swaard van die Gees oorwin het. Watter Kanaäniet sou met ‘n onsterflike leërmag in verheerlikte liggame geargumenteer het? Hulle sou graag onderdanig wou wees aan Josua - tipe en skadu van Yashua - Jesus.

Ongelukkig het dinge nie so gebeur nie en Israel moes vir nog 38 jaar in die wildernis swerf (Deuteronomium 2:14), voordat hulle die Beloofde Land uiteindelik binne kon gaan, in die tyd net voor Paasfees (Josua 4:19). Hulle was nie toegelaat om die Beloofde Land in die tyd van die Loofhuttefees te betree nie, omdat die vervulling daarvan toe moes wag vir ‘n tyd baie vêr in die toekoms.

Israel moes in ‘tente’ woon terwyl hulle vir altesaam 40 jaar in die wildernis geswerf het, sodat hulle altyd die Beloofde Land (Loofhuttefees) ingedagte sou hou as hul eindbestemming. Deur in tydelike vestings soos tente te woon, is hulle ook daaraan herhinner dat die wildernis nie hul erfporsie was nie. So ook was geen spesifieke plek of oasis hul erfdeel nie, want indien iemand ‘n huis daar sou bou, kon hulle dalk weier om verder te trek wanneer die wolkkolom aanbeweeg het.

Hierdie probleem manifesteer vandag in Kerke deur sektariese ‘huise’ wat daarop aanspraak maak om die ‘ware kerk’ te wees. Hulle het ‘huise’ in die wildernis gebou en die visie of eindbestemming (Loofhuttefees) uit die oog verloor. Hulle dink die gemeente (mense) hul Kerk (huis) sal vandaar weggeraap word na die Beloofde Land. Dit het die plaasvervanger geword daarvoor om die wolkkolom te volg en deur die Gees gelei te word. Sodra mense vir hulle ‘n ‘huis’ gebou het en daarin tuisgegaan het, is dit vir hulle baie moeilik om die keuse te maak wanneer die ‘wolk’ aanbeweeg na ‘n nuwe plek van openbaring.

Die hekke en diefwering van ‘n huis kan uitstekende beskerming bied teen wolwe, wind en reën, maar dieselfde diefwering kan ook maklik ‘n gevangenis word. Hierin lê die gevaar - tensy mens weet hoe om God te gehoorsaam eerder as medemense.

Terug by die Loofhuttefees self - dit is die fees van onsterflikheid. Paulus maak dit duidelik in sy kommentaar daaroor in 2 Korintiërs 5:1-4, wanneer hy sê dat die skuilings van lewende takke in werklikheid profeteer daarvan om bekleë te wees met onsterflikheid. Ons hoef nie meer in skuilings te gaan kamp nie - dit was net instrumente vir sinnebeelde waarmee van beter dinge geleer is. 2 Korintiërs 5:1:

1 For we know that if the earthly tent which our house is torn down, we have a building from God, a house not made with hands, eternal in the heavens.

1 Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

Met ander woorde, ons weet dat wanneer ons sterflike liggaam ‘tentwoning’ afgebreek word (sterf), daar vir ons ‘n ander woning wag wat nie met hande gemaak is nie

2 Korintiërs 5:2-4:

2 For indeed in this [mortal] house we groan, longing to be clothed with our dwelling from heaven. 3 inasmuch as we, having put it on, shall not be found naked, 4 For indeed, while we are in this [mortal] tent, we groan, being burdened, because we do not want to be unclothed [die], but to be clothed, in in order that what is mortal may be swallowed up by life.  

2 Want om hierdie rede [sterflikheid] sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word, 3 as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie. 4 Want ons wat nog in die tent [sterflik] is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee [sterf] nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.  

Paulus verwys na die liggaam as ‘n woning, tent en klere. Ons het twee daarvan, die een sterflik en die ander onsterflik. Die een waarin ons vandag leef is sterflik; ons onsterflike liggaam word bewaar in die hemel, soos die priesterlike klere in die sykamer van die tempel bewaar is.

Die Loofhuttefees is die bepaalde tyd wanneer die mens daardie onsterflike liggaam sal ontvang. Dit word nie oorhandig wanneer ‘n mens sterf nie. Wanneer die mens se gees na God terugkeer, ontvang dit nie ‘n onsterflike liggaam nie, want dit is gees en benodig nie ‘n liggaam nie. Die gees het geen nut vir onsterflikheid nie, want in die Bybel staan daar nêrens dat dit ooit sterf nie. Ons het wel ‘n onsterflike LIGGAAM nodig. Die Beloofde Land is nie die hemel nie, maar ‘n verheerlikte liggaam soos Jesus s’n na Sy opstanding.

Die 1ste dag van die Loofhuttefees is die punt waar met die sterflike liggaam weggedoen word soos met die priesterlike kleredrag, om mens se gees met ‘n nuwe tipe geestelike liggaam te bekleë. Dit het hierdie liggaam ten doel om in die gees te mag bedien aan die res van die mense op aarde wat dit vir die volgende duisend jaar gaan nodig hê.

Tog duur hierdie fees 7 dae met ‘n Sabbat op die 8ste dag. Waarom? Omdat ons ‘aan die dood raak’, terwyl ons in hierdie sterflike liggaam is. Dit verg 7 dae van reiniging (Numeri 19:11) nadat onsterflikheid ontvang is. Dus sal ons 7 dae van reiniging deurgaan, voordat ons wettig aan God voorgehou of voorgestel kan word op die oggend van die 8ste dag van die Loofhuttefees.

Die wet is profeties, omdat dit die Goddelike plan onthul, selfs die tydsberekening van hierdie gebeure, sodat ons in ons harte gereed kan maak.