You successfully added to your cart! You can either continue shopping, or checkout now if you'd like.

Note: If you'd like to continue shopping, you can always access your cart from the icon at the upper-right of every page.

Quantity:

Total:

Vrye wil teenoor Eienaarskap

Baie verskil oor die vraag of die mens 'n vrye wil het of nie. Hierdie boekie van 26 bladsye wys uit die Skrif dat vrye wil nie die fundamentele kwessie is nie, maar eerder die feit dat die Skepper alle dinge BESIT en verantwoordelik is vir alles wat Hy besit. Daar is baie interessante regsimplikasies hierin.

Category - Short Book

Hoofstuk 2

Eienaarskap En Verantwoordelikheid

Ek wil hierdie hele klem op die saak van vrye wil  verskuif na wat ek glo is die regte probleem. Die debat oor vrye wil  is ‘n bysaak. Die regte probleem is nie vrye wil  nie maar eerder eienaarskap. Dit gaan nie oor die reg van ‘n mens om vrye wil uit te oefen nie; dit gaan oor God se reg as Skepper om Sy vrye wil uit te oefen. Ons sal deur Skrif en die wet werk om dit te verduidelik. Gen. 1:1

In die Begin het God die hemel en die aarde gemaak.

Dit is altyd ‘n goeie plek om te begin-in die begin. Glo ons regtig almal dat God die Skepper was/is? Of glo party dat die duiwel die aarde gemaak het? Die antieke Grieke het geglo dat die duiwel verantwoordelik was vir die skepping van materie [fisiese dinge] omdat hulle geglo het dat materie boos was van nature. Hulle kon nie sien hoe ‘n goeie God bose materie kon skep nie. Hulle basiese prinsiep was verkeerd. Fisiese materie was gemaak en daar is verklaar dat dit ‘goed’ is by elke fase van die skepping daarvan [Gen. 1:10, 12, 18, 21, 25, 31]

Dus, die mees belangrikste en basiese prinsiep om die waarheid te verstaan is dat God die Skepper daarvan is, en dat Hy dit as goed verklaar het.

As Christene glo ons dat die God van die Bybel die Een is wat dit gemaak het. Hy is ‘n goeie God, nie ‘n slegte God nie, en dat hierdie God van die Ou Testament nie anders is as die God van die Nuwe Testament nie.

God het alle dinge gemaak, insluitende die mens. In Hoofstuk 2, vers 7, lees ons die volgende:

En die HERE God [Yahweh Elohim] het die mens geformeer uit die stof van die aarde, en in sy neusgate die asem van die lewe geblaas; en die mens het ‘n lewende siel geword.

Merk hier op-die mens is geformeer uit die stof van die aarde. Hierdie aarde, of grond waarvan mens gemaak is, was iets wat God gemaak het in  Genesis 1:1. So, die duiwel het dit nie geskep nie; God het die aarde geskape en toe die man geformeer en gemaak uit hierdie stof wat Hy gemaak het [Gen. 2:7]. Dit is hoekom die spreekwoord sê, ‘om terug te keer na die stof van die aarde’. Wanneer ons dood gaan, word ons liggame weereens stof. Hulle keer terug na die elemente van die grond waaruit ons liggame oorspronklik gemaak is. Blaai na  Levitikus 25:23-24

Geen grond mag permanent verkoop word nie, want die land behoort aan My. Julle is slegs vreemdelinge en bywoners by My. Vêrder moet die reg om grond terug te koop, oral en altyd geld. 

Dit is God se wette oor grond. Die grond moet altyd vrygekoop/teruggekoop word. Dit is God se wet. Op watter basis het God grond wette? Onthou toe Israel die land Canaan ingegaan het, het Josua die land tussen al die burgers van Israel verdeel-eerste tussen die stamme en toe aan elke familie. Hul het almal ‘n erfdeel [stuk grond] gehad. Alhoewel hulle die land beërf het, was hulle nie absolute soewereiniteit daaroor gegee nie. Hulle was huurders op God se grond. Daar was voorwaardes wat hulle aan onderworpe was. Mens het outoriteit gehad oor die land, maar God het soewereiniteit behou.  

Vandag noem ons dit, “hoogste eiendomsreg”. Die regering verklaar dat hulle die hoogste eiendomsreg het, sodat as jy ‘n snelweg oor jou grond wil bou, dit jou grond kan kom opeis. Basies kom koop hulle dit. Jy is onderworpe aan hulle, en jy het nie ‘n groot keuse in die saak nie. Uiteindelik neem die regering hoogste eiendomsreg op jou grond.

Op die selfde manier hou God die hoogste eiendomsreg oor jou grond. Ons is almal gemaak van die stof van die grond-materie wat God gemaak het. Jou lyf is jou erfdeel van die land/grond. Maar omdat jy nie jouself geskep het nie, besit jy nie jouself nie. God besit jou deur middel van die reg van skepping. Sy Soewereiniteit is dan gebaseer op Sy regte van eienaarskap oor die Skepping. Alhoewel mens ‘n mate van outoriteit gegee is oor sy erfdeel, besit hy dit nie eintlik nie. God besit dit.

So, toe God vir Israel die land Canaan gegee het as hul erfdeel, was hulle nie soewereiniteit gegee as skeppers nie. Hulle was slegs matige outoriteit gegee oor hul eie grond. Die Griekse Nuwe Testament gebruik twee verskillende woorde om soewereine krag en outoriteit te beskryf. Dunamis is krag [Hand.1:16]. Exousia is outoriteit/gesag. [Mat. 8:9] Hierdie konsepte is relatief. ‘n Man wat onder gesag is, kyk op na ‘n hoër ‘krag/mag’. Maar daardie selfde man kan dalk mense onder hom hê wat na hom opsien as die hoëre mag. Dus, ‘n man kan dalk ‘mag’ hê oor ander mense, maar moet op die selfde tyd binne die ‘gesag/outoriteit’ gegee van ‘n hoër mag verkeer.

Ons praat dikwels van ‘n koning as ‘n ‘soewerein’ of dat hy almag oor die burgers van die nasie het wat hy regeer. Maar op die selfde tyd is daardie koning onderworpe aan die Koning van Konings. Dus het die aardse koning outoriteit/gesag onder God om die wil van God uit te voer. Konings is nie veronderstel om op te tree volgens hulle eie ‘vrye wil’ nie. As hulle volgens hulle eie wil regeer, sal God hulle verantwoordelik hou.

Dit is die groot bedrieëry van konings dat God hulle volmag gegee het, selfs om die wil van God en Sy wet te oorheers deur hul eie vrye wil.

God het soewereiniteit behou; mens is outoriteit gegee wat ondergeskik is aan Sy soewereiniteit. Almal behoort daardie onderskeid te verstaan en ken. Outoriteit is altyd beperk deur die wil van die een wat soewerein is.

 Nie ‘n Vraag Van Vrye wil  Nie Maar Van Eienaarskap

God het die mens gemaak uit die stof van die aarde. As God al die grond deur die reg van skepping besit, en ons uit die stof van daardie grond gemaak is, dan besit God mos vir jou en vir my. Die vraag is nie of jy vrye wil het of nie; die vraag is of God ‘n vrye wil het. Wie besit jou? Kan enige een ontken dat God die stof van die aarde besit waaruit die mens gemaak is? Ontken enige een dat God alle dinge gemaak het? As God alle dinge geskape het, dan besit Hy al daardie dinge, en dit is waar die crux van die hele saak lê.

Ons kan die hele dag oor en weer stry oor die konsep of mens vrye wil het of nie. Daardie debat maak seker goeie denkoefeninge maar die hele probleem is eintlik nie die punt nie. Die punt is, wie besit alle dinge?

Hoekom sê ons so?

Bestudeer Exodus 21. Wanneer jy die verantwoordelikheid-wette begin naslaan, raak eienaarskap baie, baie belangrik. Hou in gedagte dat die rede hoekom mense oor vrye wil  redeneer is eintlik om die verantwoordelikheid vir boosheid en sonde op die aarde aan iemand of iets toe te eien. Die grootste doel om in vrye wil  te glo, is om mens verantwoordelik te maak vir boosheid en om God te ontneem van alle verantwoordelikheid. Skynbaar is dit wat mens se vrye wil  doen.

Die grootste probleem met die idea van vrye wil  is dat die oorheersende effek van die biljoene vrye wille op aarde, gekombineer met die vrye wil van die duiwel en sy engele, die vermoë van God om die boosheid wat op die aarde kreool te laat verdwyn, erg beperk. Dan word God gewoonlik ‘n hulpelose reus in die lug wat se hande vasgebind is deur die mens se vrye wil . Hy staan daar op die kantlyne en pleit hulpeloos, terwyl die duiwel die wil van alle mense oorheers deur hulle slegte dinge te laat doen.

Dus, wanneer mens probeer om God van die verantwoordelikheid daarvan te ontneem, deur vrye wil  aan die mens te gee, doen hulle dit tot die vernietiging van Sy soewereiniteit. Ek glo daar is ‘n beter, meer akkurate oplossing vir hierdie dilemma wat in die Bybelse wette van verantwoordelikheid onthul word.

God Se Wette Van Verantwoordelikheid

God se wette van verantwoordelikheid is gebaseer op eienaarskap, nie vrye wil  nie. Om dit te bewys, kyk ons na van God se wette oor verantwoordelikheid en eienaarskap. Exodus 21:33-34

“Wanneer ‘n man ‘n put ooplaat of wanneer hy ‘n put grawe en dit nie behoorlik toemaak nie, en ‘n bees of ‘n donkie val daarin, moet die eienaar van die put vir die verlies vergoed, hy moet die eienaar van die dier uitbetaal en die dooie dier kan hy vat.”

Die verantwoordelikheid hier berus op eienaarskap. As ‘n man ‘n put grawe en nie die nodige voorsorgmaatreëls tref om dit toe te maak nie, en die bees kom daar aan en val in deur sy eie ‘vrye wil’ of deur sy eie onnoselheid, wie is, volgens God se wet, verantwoordelik daarvoor? Dit is die eienaar/skepper van die put wat verantwoordelik is, en hy moet die dooie bees vir homself koop. Die eienaar moet vergoed daarvoor asof dit ‘n lewende bees is, en die dooie een word syne.  

In die Tuin van Eden, het God in effek ‘n ‘put’ gegrawe deur die boom van die kennis van goed en kwaad te plant. Die duiwel het nie die boom geplant nie. God het dit gedoen en God het die boom besit. Die boom het die geleentheid gebied waardeur Adam en Eva in sonde kon ‘val’. Dit was ‘n ‘put’ sovêr as dit die wet betref het.  

Vêrder, God het nie hierdie put toegemaak nie. Dit is, God het nie ‘n heining om die boom gesit om dit onmoontlik vir die mens te maak om daarvan te eet nie. Hy het hulle gewaarsku in Gen. 2:17, maar dit was soos om ‘n bordjie lang ‘n put te plant wat lees, “Toegang Verbode.” Maar omdat Adam en Eva dalk te naïf en onervare was, was hulle ongehoorsaam en het in daardie groot eindelose put in ‘geval’, by die afgrond af.

 God het nie die put toegemaak om Adam se val te keer nie. Die mens het geval omdat God nie die regte voorsorgmaatreëls getref het nie- wat nodig was sodat mens nie sou sondig nie, Omdat Adam outoriteit [heerskappy] op die aarde gegee is in Gen. 1:26, was hy ongetwyfeld aanspreeklik tot die mate van sy gesag. Maar dit ontneem God glad nie van Sy verantwoordelikheid nie- en deur Sy eie wet, wat ‘n refleksie van Sy regverdige karakter is.

Kon God die mens gekeer het om te sondig? Natuurlik kon Hy. Hy het nie nodig gehad om die boom in die eerste plek te plant nie, of as Hy het, het Hy nie nodig gehad om die heining weg te laat nie. Selfs dan hoef Hy nie ‘n versoeker te geskep het of hom in die tuin toegelaat het nie. Het die versoeker in gekom sonder dat God geweet het? Het God die sekuriteitsalarms afgeskakel en op een of ander manier het die duiwel toe die tuin binne gedring sonder dat God daarvan geweet het? Het God gesê, “oopsie!?” Is God regtig so onkundig?

Die feit is dat God die einde vanaf die begin geweet het. Hy was nie onkant betrap nie. Hy was nie verras nie. Hy het ‘n put gegrawe, dit oop gelos omdat Hy ‘n plan gehad het, en die plan vereis het dat die mens in die gat val en so het hy toe ook. Deur God se eie wette van aanspreeklikheid, is Hy dan verantwoordelik. Wat het God daaromtrent gedoen? Hy het Sy enigste Seun gestuur wat op die kruis verhoog is om alle mense na homself te trek. Hy het vir die sonde van die hele wêreld betaal omdat die hele wêreld aan die dood onderworpe is deur die val van Adam. Hy het die dooie bees gekoop. Die dooie bees is nou Syne.  

Besef jy wat dit beteken? Hy het almal gekoop wat geval het, en hulle is nou Syne. Het enige iemand die val vrygespring? Op die huidige tyd lyk dit dalk nie asof die hele mensdom Syne is nie, maar die feit is, God het hulle gemaak, en daarom, deur Sy eie wette van aanspreeklikheid, het Hy die hele wêreld gekoop. Deur dit te doen, het Hy die wet heeltemal vervul. Dit is hoekom Paulus skryf in Rom. 5:18, 19

Soos een oortreding [Adam se sonde] gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van [Christus se] gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal. Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van een mens vrygespreek word.

Verantwoordelikheid Vir Adam Se Sonde

Adam was die outoriteit [onder God] gegee oor die hele skepping. Dus, toe hy gesondig het, het hy ‘n skuld ontvang wat hy nie kon betaal nie, en sy familie en eiendom is ‘verkoop’ as betaling vir die skuld [Matt. 18:25]. Nie net Adam nie, maar sy kinders en die hele grondgebied wag met reikhalsende verlange vir die manifestasie van die seuns van God [Rom. 8:23]. Hulle wag om vrygekoop te word van die slawerny waarin Adam se skuld hulle geplaas het.

Die goeie nuus is dat ‘n naby verwante losser op die aarde gebore is, wat die middele gehad het om die groot skuld te betaal. Hy het nie die natuur van engele op Homself geneem nie, maar die van menslike vlees [Heb. 2:14-16], om sodoende ‘n naby verwante losser te kan wees met die lossingsreg. ‘n Naby verwante losser mag nie sy wettige reg geweier word om te los nie, so lank as wat hy bereid is om die volle prys van die lossing te betaal. So het Jesus in menslike vlees gekom en die volle prys vir die sonde betaal vir almal wat verlore was deur Adam se sonde.

Paulus kon dis met sekerheid sê, “dat dit gely het tot vryspraak en lewe vir ALMAL.” Dit is ook hoekom Paulus gesê het in  1 Cor. 15:22, 23,

“Net soos Adam deur hul verbondenheid aan Adam sterwe, so sal almal in Christus lewend gemaak word. Maar elk in sy eie orde...”

Dit is die Goeie Nuus van die Nuwe Testament. Sy bloed was genoeg en van soveel waarde dat dit die prys vir die sonde van die hele wêreld kon betaal. 1 Johannes 2:2

Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir ons sondes nie, maar ook vir die van die hele wêreld.

Dit is hoe ernstig God Sy verantwoordelikheid vir Adam se val opgeneem het. Hy het die put geopen terwyl Hy ten volle bewus was dat Adam gaan val, en dat dit die hele wêreld sou affekteer deur die wet van hoofskap. Sy plan was om daardie selfde wet van hoofskap deur Jesus Christus, die Laaste Adam te gebruik. [1 Cor. 15:45]. Christus se regverdige werk op die kruis het alle mense tot die selfde mate affekteer as Adam se sonde se effek op die mensdom.

Omdat Christus outoriteit gegee is oor die hele aarde sowel as die hemele, was Hy in die posisie om die redder van alle mense te wees [1 Tim. 4:10 ]. Al sal Hy altyd die wil van ‘n mens respekteer en nooit Homself op hulle afdwing nie, sal Hy Sy vrye wil en Sy wettiglike reg van lossing uit oefen om die hele mensdom in die einde van tyd te red.

Johannes het ‘n visie gesien van die einde van die saak in Openbaring 4-5, waar die vier lewende wesens, wat al die nasies verteenwoordig, glorie aan God gee. Die vier en twintig ouderlinge het hulle krone voor hom neergelê, deur te sê in 4:11

“Here, Ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur U wil het alles ontstaan en is dit geskep.”

Met ander woorde, die vier en twintig ouderlinge het geweet dat hulle outoriteit ondergeskik was aan die soewereiniteit van God en Sy wil. Hoekom? Omdat Hy die Skepper is, en hulle het hulle hele bestaan an Sy wil te danke, nie aan hulle eie wil of krag nie. Hulle het nie hul self gemaak nie. Hulle het tot stand gekom deur die wil van God.

Johannes vermeld die implikasies hiervan in Open. 5:13, 14

“Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê, “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam behoort die lof en eer, die heerlikheid en krag, tot in alle ewigheid. Die vier lewende wesens het gesê, “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.”

In The Expositor’s Bible, Vol. 6, p. 854, gepubliseer deur Eerdman’s Publishing Co., verduidelik Prediker William Milligan, D.D dit as volg:

“Wat ‘n sublieme konsep het ons hier! Die heelal, van  die vêrste ster tot die dinge naaste aan ons, en onder ons voete, is een -een in gevoel, een in emosie, in uitdrukking; een hart en stem. Niks word van boosheid gesê nie. Dit word ook nie aan gedink nie. Dit is in die hande van God, wat Sy soewereine doel sal laat uitwerk in Sy goeie tyd en op Sy manier. Ons moet maar net luister na die universele harmonie, dan sien ons dat dit ons beweeg om prys en lof te bring gesamentlik.” [v.14]/

“Die vry gekoopte skepping word weer uitgelig vir ‘n spesiale benaming. In Hoofstuk 8, 10 begin hulle die lied; nou keer ons terug na hulle sodat hulle dit kan eindig. Die hele skepping, die mens in kluis, roep Amen. Die verheerlikte Kerk se hart is te vol om te praat. Sy kan net neer val en aanbid.”

Die enigste manier om God van Sy soewereine verantwoordelikheid te ontneem in die saak van Adam se sonde, die enigste manier om Sy Naam skoon te vee, is vir God om die effekte van Adam se sonde heeltemal uit te wis. Paulus maak dit duidelik dat Hy dit sal doen-en dat Hy al klaar daardie proses begin het deur die kruis van Christus. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor die visioen wat Johannes gesien het ‘n volle realiteit op die aarde word. Hy het die sukses van die kruis gesien, want die kruis was die pad na die eindbestemming. Sonder die lossings prys sou die lossing van die hele skepping nooit plaas gevind het nie. Die krag van die kruis is ten volle in Johannes se visie bevestig, waar die hele skepping en alle mense kom tot volle eenheid en harmonie met God se vrye en soewereine wil.

Beoordeling Volgens Die Mens Se Outoriteit

Ware vrye wil benodig nie net soewereiniteit, wat almag is, nie maar ook alwetendheid. Jesus sê vir ons in Lukas 12:47, 48 dat aanspreeklikheid gedeeltelik beoordeel word volgens kennis:

Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar nie gereed gemaak het of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ‘n swaar straf kry. Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ‘n ligte straf kry…

Die res van vers 48 vestig die feit dat aanspreeklikheid ook gedeeltelik beoordeel word deur jou mate van outoriteit:

…Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word

Omdat God almagtig en alwetend is, benodig Hy die meeste van Hom self. Is Hy instaat om daardie vereiste te vervul? Ons glo dat Hy goed in staat is. Die mens se wil kan nie God se plan stop nie.

Ons kan nie die mens se wil van outoriteit skei nie. Die mens het outoriteit, daarom het hy ‘n wil waardeur hy sy outoriteit mag uitoefen. Die mens word ook beoordeel volgens die besluite van sy wil. Die aanspreeklikheid aan die wil van God beteken dat God druk op die mens se wil uitoefen om hom sodoende te kry om sy wil te vervang met die goddelike wil. Die vraag is, wie se wil is die sterkste? Wie se wil sal seëvier op die ou end? Sal God sy sin kry, of gaan die mens sy eie sin kry?

Ek glo dat God se plan tot op die letter vervul gaan word. Wat Johannes gesien het sal aktuele feite word aan die einde van tyd en geskiedenis. Ek aanvaar dit deur die geloof en deur Sy Woord, want huidig lyk dit asof die mens se wil kragtiger as God sin is. Die wêreld kan regtig baie boos wees op verskillende plekke en tye. Maar God sal alle dinge beoordeel, omdat, as Skepper, die verantwoordelikheid uiteindelik op Sy skouers rus om al die verkeerde dinge reg te stel en goed uit kwaad te bring. As dit die mens se verantwoordelikheid was, sou die meeste van die skepping verlore gaan. Maar ons kan dankbaar wees dat mens nie totale vrye wil  het om God se skepping heeltemal te vernietig of die uitkomste onseker te maak nie.

Mens sal beoordeel word volgens sy mate van outoriteit, maar omdat outoriteit altyd ondergeskik is aan God se soewereiniteit, sal Jesus werk om die hele mensdom te red tot die werk heeltemal afgehandel is in die eeue wat voorlê. Een van die primêre doele van opstanding is om mense te beoordeel en aanspreeklik te hou aan Sy ‘vurige wet’ [Deut. 33:2], dat hulle kan ‘regverdigheid leer’ [Jesaja 26:9]. Met ander woorde, die doel van goddelike beoordeling in die ‘poel van vuur’ is om hulle te korrigeer, nie te vernietig nie. Dit is om hulle die karakter van God te leer, wat soos ‘n ‘verterende vuur’ is [Deut. 4:24; Heb. 12:29]. Dit verteer ‘die vlees’.

So hier is die teenstellende opinies:

1.      God kan nie verantwoordelik gehou word op enige manier vir Adam se sonde of die gevolglike boosheid op aarde nie. Daarom, moet mens ‘n vrye wil hê om sodoende die mens heeltemal aanspreeklik te maak vir al die sonde in die wêreld. God gee dan vir die mens ‘n geleentheid om gered te word maar kan niks doen om sy vrye wil te verander om so ‘n besluit te maak nie. As hy nie Christus aanvaar nie, dan is hy heeltemal verantwoordelik vir sy sondes en moet hy geoordeel word-party sê deur vernietiging, ander sê deur verewige marteling.  

2.      God is verantwoordelik deur Sy vlak van soewereiniteit omdat Hy toegelaat het dat Adam sondig omdat Hy dit kon verhoed het. Soos Sy geregtigheid voorskryf, hou Hy mens net aanspreeklik volgens die mate van hulle outoriteit. Net so, het Hy van die begin af beplan om daardie aanspreeklikheid vir sonde van die hele wêreld op Homself te neem [in die persoon Jesus Christus]. Sy doel, soos van die begin af beplan, was om mens toe te laat om te val, en dan die mensdom te red deur Christus-maar elkeen in sy eie orde. Die term ‘verewig’ in die Bybel is aionian, wat beteken ‘verbonde aan ‘n eon of a era, ‘n tydperk’. Beoordeling duur slegs vir ‘n tydperk, nie ‘verewig en altyd’  nie, en dit word gestaaf deur Young’s Literal Translation of the Bible, by Dr. Robert Young, die outeur van Young’s Concordance.

Vir ‘n meer in diep te studie van hierdie onderwerp, sien my boek Creation’s Jubilee of The Judgments of the Divine Law, ‘n korter boek.

Meer Oor God Se Wette Oor Verantwoordelikheid

Kom ons kyk vêrder na die wet oor die bees in die put. Dit is duidelik dat onder normale omstandighede, ‘n bees in ‘n put kon val bloot omdat hy dit nie gesien het nie of omdat hy te naby daaraan gekom het en toe gegly het. Mens kan seker sê die bees het deur sy eie vrye wil of deur sy eie onnoselheid daarin geval. Mens kan sekerlik nie die eienaar blameer in so ‘n geval nie. Maar die wet stipuleer duidelik dat die een wat die put gegrawe het [die ‘eienaar’ daarvan’] verantwoordelik is.

Maar sê nou maar ek het die buurman se bees in die put in gestamp. Sou dit enige wettiglike verskil maak? Wel, dit sê niks daaroor nie, omdat daardie punt wettiglik gesproke, irrelevant is. As ‘n man ‘n bees aspris in ‘n put sou instamp, sou hy die eienaar vyf beeste skuld  Ex. 22:1. Maar as die bees per ongeluk in val, sou die eienaar van die put verantwoordelik wees vir die terugbetaling van net een bees.

Die eienaar van die put is verantwoordelik net omdat hy die put besit. Die probleem is nie of die bees [dit is, Adam] weens sy eie vrye wil in geval het nie. Die wet adresseer nie die verantwoordelikheid van die bees om weg te bly van die put af nie. Die wet vra slegs: Wie besit die put? Wie was verantwoordelik daarvoor om die put toe te maak om te verhoed dat die bees in val?

Kom ons kyk na nog ‘n wet van aanspreeklikheid wat volgens die karakter van God is, Deut. 22:8

Wanneer jy ‘n nuwe huis bou, moet jy ‘n reling rondom die dak aanbring, sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie.

In daardie dae het die mense huise met plat dakke gebou, omdat hulle van gemeentelike samekoms gehou het in die koel aandlug bo op die huis. Daarom het God vereis dat hulle ‘n reling om die dak bou, so dat mense nie per ongeluk af sou val nie. As daar geen reling was nie en iemand val dan af, wie is verantwoordelik?

As ‘n man sy naaste van die dak af stamp, is hy natuurlik verantwoordelik vir die moord. Maar ons vraag is nie of hy per ongeluk geval het of iemand hom aspris gestamp het nie. Daar is al twee kante toe verantwoordelikheid, die enigste verskil is die mate van aanspreeklikheid. Ons vraag is of die man sy naaste se dood kon verhoed het as hy ‘n reling om die dak van die huis gebou het. Die feit is dat as jy ‘n huis besit, is jy verantwoordelik om die nodige veiligheidsmaatreëls in plek te hê. As jy dit nie doen nie, sal “dit was ‘n ongeluk” nie die verantwoordelikheid voor jou deur weg vee nie.

God se huis is die hemele en die aarde. Sy woning is nou in die hemele, maar Hy is besig om die aarde Sy tuiste te maak, en dit is hoekom Hy gekom het en weer gaan kom-dit is om Sy tuiste hier te maak. Die probleem is dat toe Hy die huis gebou het, het die mens van die ‘dak’ af geval. Wie is verantwoordelik? Ons stem saam dat God nie vir Adam van die ‘dak’ AFGESTAMP het nie. Mens kan nie God van moord beskuldig nie. Maar ons kan ook nie sommer net die duiwel beskuldig dat hy die mens versoek het nie. Ons kan nie sommer beweer dat die mens agterlosig was en deur sy eie vrye wil geval het nie. Om te sê dat die mens al die skuld moet dra is nie die wettiglike antwoord nie. Eienaarskap van die huis maak God verantwoordelik volgens Sy eie wette van verantwoordelikheid.

Daar is nog ‘n wet van verantwoordelikheid wat ons sal help om die saak beter te verstaan. Ex. 22:5.

Wanneer ‘n man sy vee laat wei en hulle nie oppas waar hulle wei nie, en hulle loop wei in die land of wingerd van ‘n ander, moet hy met die opbrengs van sy beste land of wingerd daarvoor vergoed.

Wat gebeur as ‘n bees deur sy eie vrye wil ‘n heining omkeer, in ‘n ander veld in ploeter, en die buurman se gras vreet? Wie is verantwoordelik om te betaal vir die gras? Die eienaar van die bees, natuurlik. Die wet is duidelik. Die eienaar kan dalk die bees slaan of in die kamp toesluit, maar dit maak nie ‘n verskil in die feit dat die eienaar moet betaal vir die buurman se gras nie.

Veronderstel die eienaar van die bees maak die hek in die heining oop, stamp die bees in die bure se veld in, druk die bees se neus in die gras en sê vir die bees, “Eet hierdie gras, of ek slaan jou dood.” Die bees is basies geforseer om die gras te eet en het geen vrye wil in die saak nie. Wie is verantwoordelik? Die eienaar van die bees. Die enigste verskil in die straf is dat die oortreding aspris was, en die eienaar minstens dubbeld sal moet vergoed vir die diefstal van die gras. Ex. 22:4.

As die bees die oortreding deur sy eie ‘vrye wil’ begaan het, het die eienaar verminderde aanspreeklikheid. Maar hy is steeds verantwoordelik in ieder geval. Om aan te dring dat die volle blaam op die bees gesit moet word los nie die probleem van eienaarskap op nie. Of die bees daar in gekom het deur sy eie wilskrag en of die bees teen sy wil daarin gestamp is, maak nie die eienaar vry van verantwoordelikheid nie. Eienaarskap bring verantwoordelikheid.

Die teoloë dring aan daarop dat mens ‘n vrye wil moet hê en dit mag dalk die probleem van God se verantwoordelikheid verminder, maar dit kan dit nooit elimineer nie. Dit laat ons dink aan die teorie van evolusie. Die evolusie teoloë dring daarop aan dat lewe tot ontstaan gekom het deur klomp materie deeltjies wat op die selfde tyd in die see bymekaar gekom het. Tog kan hulle nooit die vraag beantwoord van hoe materie dan in die eerste plek ontstaan het nie.

Net so het die antieke Grieke probeer om God se verantwoordelikheid van die skepping van ‘bose’ fisiese dinge te verminder deur ‘n mindere bose god te formuleer wat bose materie geskep het. Hulle het hom die Demiurge genoem [soort van ‘n ‘duiwel’ figuur]. Maar dit los ook nie die probleem op nie, want toe kon hulle nie uitpluis waarom ‘n goeie God die bose Demiurge sou skep nie! Deur die Demiurge die skepper van ‘bose’ materie te maak, het hulle net daarin geslaag om God se verantwoordelikheid te verminder en gehoop niemand sou agterkom dat God steeds verantwoordelik was vir die skepping van die Demiurge nie.

Eienaarskap is die enigste relevante, wettiglike saak. Kan jy dit insien? Dit is hoekom die vraag van vrye wil  nie die primêre kwessie is nie, want om vrye wil  aan die mens of die duiwel toe te skryf ontneem God nie totaal en al van die verantwoordelikheid nie, volgens Sy eie wet. Kyk na  Exodus 22:6

Wanneer ‘n man onkruid aan die brand steek, en die vuur vang die rye gerwe of die ongesnyde graan of die land van ‘n ander, moet die man wat met die brand begin het, ten volle daarvoor vergoed.

Wat as ek ‘n vuur aansteek en dit aspris doen om ‘n ander man se veld en koringare te verbrand? Wat sou die straf wees? Vanselfsprekend sal ek dubbel vergoeding moet gee vir die veld, omdat ek sy graan gesteel en dit verbrand het.  Maar wat as ek dit per ongeluk aan die brand gesteek het? Ontneem dit my van verantwoordelikheid? Glad nie. As ek ‘n vuur aansteek, besit ek die vuur. Dit kom alles weer neer op die vraag van eienaarskap. Die wette oor verantwoordelikheid wys dat die mens se intensie [vrye wil] te doen het met die presiese mate van verantwoordelikheid, nie die feit van die verantwoordelikheid self nie.

Dit is hoekom ek sê vrye wil  is ‘n bysaak vir die filosowe om te debatteer. Van ‘n wettiglike standpunt wat handel oor verantwoordelikheid: om mens se ‘vrye wil ’ te verklaar doen nie wat hulle sê dit veronderstel is om te doen nie. Die idee van vrye wil  was ontwikkel bloot om God te ontneem van enige verantwoordelikheid vir die mens en sy aksies. Dit is nie voldoende vir die saak nie. Die mees relevante saak is: Het God die mens gemaak? Besit God die mens? Kon Hy die mens op so ‘n manier gemaak het wat hom sou keer om in sonde in te val? Die antwoord is ‘ja’ op al die vrae. Dit maak God verantwoordelik deur Sy eie konsep van verantwoordelikheid, soos Hy verklaar in Sy eie wet.

So vrye wil  is nie die sentrale kwessie nie, eienaarskap is. Deur die hele wet en ook die Nuwe Testament, maak God aanspraak op die eienaarskap van alles wat Hy gemaak het. Op daardie basis neem God die verantwoordelikheid vir alles wat Hy besit. Hy het die wette oor verantwoordelikheid gemaak, so dat ons die openbaring sou hê wat nodig is om te verstaan dat Hy Homself wettiglik verplig het om die hele wêreld te koop. Dit is hoekom Hy vir die sondes van die hele wêreld betaal het en nie net vir die sondes van twee persent van die mensdom nie. Die Bybel sê nie op een plek dat Hy net vir die sondes van ‘n paar betaal het nie. Hy het betaal vir die sonde van die hele wêreld, en toe Hy dit gedoen het, het Hy Homself geregverdig as Skepper en Eienaar van die Heelal.

Alles Werk Ten Goede Mee

God het hierdie hele situasie geskep, en vir wat-ook-al rede, was dit Sy wil om kruike van eer en kruike van oneer te maak. Ons verstaan dit dalk nie, en as ons nie verstaan nie, dan sê Paulus in Rom 9:20 moet ons nie God se wil bevraagteken nie. Sal die klei vir die  pottebakker vra; hoekom het jy my so gemaak? Dit is genoeg van ‘n verduideliking vir die wat nie die in-diepte dinge kan verstaan nie. Maar eindelik, soos ons die karakter van God leer ken, behoort ons te begin verstaan hoekom Hy die mens gemaak het soos Hy het-en hoekom boosheid en sonde toegelaat is om die aarde in te dring. 

Ons weet dat alle dinge ten goede meewerk-en dat die lyding van die teenwoordige eeu nie werd is om vergelyk te word met die glorie wat gaan kom nie [Rom. 8:18]. Dit weet ons. Ek het nie ‘n verduideliking vir elke stukkie boosheid op aarde nie. Ek verstaan dit nie alles nie, maar ek weet een ding. My geloof is in God. Ek weet dat Hy die skepper is. Ek weet dat Hy soewerein is. Ek weet dat  Hy alles ten goede sal laat meewerk. Dit is dalk nie veel van ‘n oplossing in vandag se tyd waar mense deur probleme en verskriklike dinge in hulle lewe moet worstel nie. Maar ek weet dat op die laaste dag gaan ons terug kyk op alles wat gebeur het en sal dan kan sê dat God geregverdig is in alles wat Hy gedoen het. Dit weet ek-en dit is ‘n geloofsaak.

Ek het geloot dat God weet wat Hy doen, en ek het geloof dat God ‘n goeie God is. Elke boosheid en ongeregtigheid wat in die wêreld is, sal Hy regstel. Hy sal dit weer goed maak. Hy sal dit verander in iets goed. Hoe Hy dit gaan doen, weet ek nie, maar dit is waar my geloof is. Ek glo in ‘n soewereine God wat weet wat Hy doen. Hy het nie enige beheer oor die skepping opgegee nie, al het Hy mens outoriteit gegee. Ons het outoriteit oor ons grond, maar nie soewereiniteit nie. Ons outoriteit is beperk. Soos ons vroeër deur die wette oor grond gewys het, is daar altyd ‘n vrykoping van die land toegestaan. Maar selfs as die lossing nie op die tyd van die lossing plaas vind nie, sal almal in die Jubel Jaar vrygemaak word. Lev. 25:54. Dit is die wet wat God bepaal het, en geen man kan dit afkeer nie.